4. Die Gelowige Oorblyfsel

Israel was sedert sy vroegste bestaan midde-in die arena waar die groot stryd tussen die ryk van God en die ryk van Satan woed. Die Here het vir Homself ᾿n volk uit die heidendom geroep en hulle afgesonder om tot die eer van sy Naam heilig te leef. Hulle moes weerstand bied teen ᾿n wêreld wat in die mag van die Bose lê, daarom is hulle ook “Israel” genoem, wat “Stryders vir God” beteken.

Dit is te begrype dat die duiwel, as die groot teëstander van God, alles in sy vermoë sou doen om Israel deur fisiese konfrontasies vanuit die geledere van die vyandige heidennasies te vernietig. Ook sou hy, soos met Eva in die Tuin van Eden, subtiele verleidingstegnieke gebruik om die volk van God afvallig te maak. Die groot mate van sukses wat hy hiermee behaal het, het na ᾿n geestelike polarisasie in Israel gelei. Deur die eeue heen het baie lede van hierdie volk geestelik afvallig geraak, die rug op die Here gedraai en hulle tot ᾿n mensgemaakte vormgodsdiens en selfs afgodediens gewend.

Ten spyte van hierdie afvalligheid het daar altyd ᾿n gelowige kern in Israel oorgebly wat waardig was om die beloftes van God te beërf. Selfs in die donkerste uur van die volk se bestaan, toe Elia gedink het dat hy die enigste een was wat nog aan God getrou gebly het, het die Here vir hom gesê dat daar nog seweduisend was wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie (1 Kon. 19:18). Hierdie gelowige oorblyfsel was altyd ver in die minderheid, maar hulle is die ware Israel van God uit wie die Messias na die vlees gebore is (Rom. 9:4-5).

Verwerp en veroordeel jy Israel as gevolg van die sondes en oortredinge van die meerderheid, of bid jy steeds vir die voortsetting, bewaring en herstel van die volk ter wille van die gelowige minderheid? Paulus het gesê: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word” (Rom. 9:27). Dit is inderdaad in elke volk op aarde die geval, dat diegene op die breë weg ver in die meerderheid is. Perspektief moet dus ten alle tye behou word, sodat daar nooit veralgemenings gemaak en as gevolg daarvan verdoemende oordele oor ᾿n hele volk uitgespreek word nie.

Die moedige optrede van die gelowige minderheid in Israel loop soos ᾿n goue draad deur die volk se vier duisend jaar lange geskiedenis. Abraham het gelowig weggetrek toe die Here hom geroep het, en die belofte ontvang dat uit sy nageslag ᾿n Verlosser gebore sou word wat ᾿n seën vir die hele wêreld sou wees (Gal. 3:8-9, 13-14). In Abraham se voetspore het Isak en Jakob as stamvaders in die volgende twee geslagte ook daartoe bygedra om die grondslag van hierdie besondere volk te lê.

In die wydverspreide afvalligheid wat daarna ingetree het, het die Here manne soos Josef, Moses, Kaleb, Josua, Dawid en die profete geroep, wat dikwels te midde van lewensgevaar die gety van goddeloosheid getrotseer en die weg terug na die Here aangewys het. Omdat hulle geweet het wat in hierdie groot stryd op die spel is, het hulle nie vir teëstand gevrees nie en was meer as bereid om die prys vir hulle optrede te betaal.

Josef is in ᾿n put gegooi en as ᾿n slaaf aan die Midianiete verkoop. Moses moes alleen na die woestyn toe vlug omdat sy volksgenote hom verwerp het nadat hy ᾿n Egiptenaar doodgeslaan het. Kaleb en Josua het ᾿n minderheidsverslag ingedien toe die ander tien verspieders die volk ontmoedig het om die gevreesde Kanaäniete uit hulle erfdeel te verdryf. As gevolg van hulle vreesloosheid, volle vertroue op die Here en hulle aandrang om die vyande van God die stryd aan te sê, wou die volk hulle stenig. Dawid het ook die bitter beker van verwerping deur sy volksgenote gedrink en baie dae en nagte as ᾿n voortvlugtende in spelonke deurgebring. Baie van die profete is vervolg, in gevangenisse opgesluit en selfs doodgemaak! Die Here Jesus is self meedoënloos vervolg, vals beskuldig, vir die prys van ᾿n slaaf verkoop en deur die volksleiers oorgelewer om saam met rowers gekruisig te word.

Die Here het die kragtige getuienis van geloofshelde soos hierdie ryklik beloon en hulle gebruik om duisende van hul volksgenote weer uit hulle afvallige toestand na Hom terug te lei. Josef kon as vors in Egipte tydens ᾿n groot hongersnood in Egipte tot die redding van al sy broers en hul gesinne kom. Moses is deur die Here gebruik om die hele volk uit hulle slawerny na vryheid te lei en hulle met groot gesag in die weë van die Here te onderrig. Josua het die twaalf stamme die Beloofde Land binnegelei en groot oorwinnings oor die heidennasies behaal vir wie hy as verspieder nie verskrik geraak het nie. Dawid het een van Israel se mees roemryke vegtende konings geword en uit sy geslag is die beloofde Messias gebore. Die profete het die volk op die koms van die Messias-Koning voorberei, en selfs in tye van groot afvalligheid daartoe bygedra dat ᾿n gelowige oorblyfsel in Israel vir die Here versamel en bewaar word.

Jesus, die Messias, het deur sy lyding en sterwe God se genadewerk onder die oorblyfsel moontlik gemaak omdat die Messiaanse profesieë en die offerdiens van die Ou Testament alles in Hom vervul is. As gevolg van sy offer aan die kruis was geen tempeldiens en bemiddelingswerk deur priesters en profete daarna meer nodig nie. Die voorhangsel in die tempel is geskeur en die weg vir elkeen geopen om self in die naam van die Messias tot die genadetroon toe te tree en vergifnis van sondes te verkry.

Op Pinksterdag het die kerk van die Nuwe Testament deur die bekering van drieduisend Jode tot stand gekom. Die stryd en die vervolging sou egter voortduur, en ná die uitstorting van die Heilige Gees het die opdrag van wêreldevangelisasie ᾿n aanvang geneem. Die arena van die stryd tussen die Godsryk en die Satansryk is hierdeur na al die nasies uitgebrei omdat die ware gelowiges moet skyn soos ligte te midde van ᾿n krom en verdraaide geslag. Benewens die vervolging van die kerk van Christus sou Israel steeds ᾿n belangrike teiken vir aanvalle deur Satan bly omdat hulle die draers van talle verbondsbeloftes is wat nog in die toekoms vervul moet word (Lev. 26:44-45; Jer. 31:31-34; Eseg. 36:24-29; Hand. 15:16; Rom. 11:25-32).

Soos in Handelinge beskryf, was vervolging reg van die begin van die kerkgeskiedenis af ook die deel van die Messiaanse Jode, en dit sou deur die eeue heen voortduur. Sedert die 19de eeu was daar ᾿n groot oplewing in die aantal Jode wat vir Jesus as Messias aangeneem het, maar steeds het die teenkanting deur hulle ortodokse volksgenote voortgeduur.

As gevolg van die intensiewe kosteberekening en hoë prys wat ᾿n ortodokse Jood moet betaal om ᾿n Christen te word, is die verskynsel van ᾿n onwedergebore naamchristendom onder hulle feitlik onbekend. Wanneer hulle besluit om hulle harte vir die Here Jesus te gee, is dit gewoonlik met opregtheid en groot toewyding dat dié stap geneem word. Dit is in skrille teenstelling met die nie-Joodse nasies waarin daar ᾿n geweldige groot naamchristendom is – mense wat net aan kerke behoort, maar geen getuienis van wedergeboorte het nie.

Daar moet ᾿n duidelike onderskeid tussen geredde en ongeredde Israeliete getref word. Die meerderheid lede van hierdie volk is net in hulle vlees besny en nie in hulle harte nie en is dus nie in die ware, geestelike sin van die woord, Israeliete (Stryders vir God) nie. Dit is met hierdie onderskeid in gedagte dat Paulus sê: “…want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie” (Rom. 9:6). Net diegene wie se harte nuut gemaak is, is waarlik Israeliete, of Jode: “…maar hy is ᾿n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie” (Rom. 2:29).

Dit is die rede waarom die Messiaanse Jode hulleself dikwels “completed Jews” noem. Hulle is geestelik lewend gemaak en behoort derhalwe aan “die Israel van God” (Gal. 6:16). Hierdie mense is die gelowige oorblyfsel in Israel. Ons moet nie vervangingsteologie beoefen deur die begrip “Israel” of “geestelike Israel” op die kerk onder die nie-Joodse nasies toe te pas nie, want hierdie begrippe het slegs op geredde Israeliete betrekking.

n Vervulde Jood (completed Jew) is n Jood wat die hoop van Israel, naamlik die Messias, ontmoet en sy lewe aan Hom oorgegee het – hy is dus n Messiaanse Jood. In sy getuienis, A completed Jew, sê Jeff Miller: “I accepted  Jesus into my life and He completed me” (www.precious-testimonies.com/BornAgain).

In n artikel oor Messiaanse Jode sê Wikipedia [2011(d)]: “Messiaanse Judaïsme glo dat Jesus nie slegs n gewone mens was nie, maar die Joodse Messias en God die Seun (een van die persone in die Drie-eenheid), en dat redding slegs verkry kan word deur Jesus as jou Saligmaker aan te neem. Enige Joodse wette en gebruike wat daarna nog gevolg word, is kultureel van aard en dra nie tot n persoon verlossing by nie.”

Ortodokse Jode beskou n “vervulde Jood” uit die Messiaanse beweging egter as n “verlore Jood” omdat hy n Messias bely wat nie deur hulle erken word nie, en ook omdat hy nie meer sy saligheid in wetsonderhouding vind nie. Die gevolg is dat die moderne Joodse dissipels van die Messias net soveel stryd en teenkanting van die ortodokse Jode af kry as wat die geval met die eerste eeu se dissipels was.

Koördinerende liggame en sendingorganisasies

Die Messiaanse beweging is steeds statisties gering teenoor die groot meerderheid ortodokse en ongelowige (“nie-praktiserende”) Jode, maar maak nogtans goeie vordering en brei vinnig uit. Daar is verskeie groot, internasionale sendingorganisasies, asook koördinerende liggame vir Messiaanse gemeentes, waarvan die bekendstes hieronder genoem word. Hulle stel hulleself só bekend, en op sommige van hulle se webblaaie kan meer inligting oor getuienisse van Messiaanse Jode verkry word:

Caspari Center for Biblical and Jewish Studies (www.caspari.com). “Caspari Center is a network of people: Jews and Gentiles throughout the world working together to raise awareness of Jewish believers in Jesus and support the growth of Israel’s congregations. Our passion is to support emerging leaders who will transform Israel by developing and leading mature, confident and visionary Messianic communities. ... For a number of years we have been praying for new premises for our center in Jerusalem. We have now moved in to our new premises at 55 HaNevi’im (Prophets) St. in Jerusalem. ... The book Jewish Believers in Jesus: The Early Centuries, is the first in a series edited by Caspari Center associate scholars Oskar Skarsaune and Reidar Hvalvik, and examines the formative first five centuries of Christian history as experienced by individuals who were ethnically Jewish, but who professed faith in Jesus Christ as the Messiah. Available now at our online store.”

Union of Messianic Jewish Congregations (www.umjc.net). “(1) We believe the Bible is the inspired, the only infallible, authoritative Word of G-d. (2) We believe that there is one G-d, eternally existent in three persons, Father, Son and Holy Spirit. (3) We believe in the deity of the L-RD Yeshua, the Messiah, in His virgin birth, in His sinless life, in His miracles, in His vicarious and atoning death through His shed blood, in His bodily resurrection, in His ascension to the right hand of the Father, and in His personal return in power and glory. (4) We believe that for the salvation of lost and sinful man, regeneration by the Holy Spirit is absolutely essential. (5) We believe in the present ministry of the Holy Spirit by whose indwelling the believer is enabled to live a godly life. (6) We believe in the resurrection of both the saved and the lost; they that are saved unto the resurrection of life, and they that are lost unto the resurrection of damnation. (7) We believe in the spiritual unity of all believers in the L-RD Yeshua, the Messiah. (8) We believe in the process of discipline and conflict resolution taught in Matthew 18:15ff, as applicable to all congregants and leaders. (9) As Jewish followers of Yeshua, we are called to maintain our Jewish biblical heritage and remain a part of our people Israel and the universal body of believers. This is part of our identity and a witness to the faithfulness of G-d.”

British Messianic Jewish Alliance (www.bmja.net). “It is with great concern that we witness the rapid growth of worldwide anti-Semitism, all too often these days in the guise of anti-Zionism. We wish to express our concern that anti-Jewish sentiment is so frequently manifested in British society. We call upon the church to oppose it. As Jews who are part of the church we are distressed to hear anti-Jewish attitudes expressed in the church and in the name of Christianity. We call upon our fellow believers from many nations to acknowledge that Jesus was a Jew, and to disavow all racism aimed at Jewish people both inside and outside the State of Israel. We call upon the church to publicly affirm God’s ongoing relationship with the Jewish people, and his determination to continue to work with them since he has not cast them away. Even more unthinkable [and insulting] would be the idea that a Covenant God should ditch his first choice in favour of another. When we hear people in the churches suggesting that God’s promises to us are null and void we are concerned, not just for what that says about us, but also for what it says about God, as if He were fickle. Our very existence on into the 21st century speaks for itself. We are part of a large, diverse and vibrant Messianic Jewish movement that professes Yeshua [the name ‘Jesus’ in its Hebrew form] is Messiah, Saviour and Lord.”

The Messianic Times (www.messianictimes.com). “The Messianic Times has become the leading international Messianic Jewish newspaper since its inception in 1990. Started as a quarterly publication, it is now published six times per year by Times of The Messiah Ministries. It includes news from the worldwide Messianic community, Israeli current events and analysis, opinion pieces, book and music and film reviews, informative articles and a directory of Messianic Jewish congregations. The Messianic Times seeks to provide accurate, authoritative and current information to unite the international Messianic Jewish community, teach Christians the Jewish roots of their faith, and proclaim that Yeshua is the Jewish Messiah.”

The Messianic Prophecy Bible Project (www.messianicbible.com). “Zev Isaacs, the son of a Holocaust survivor, raised in Montreal’s Jewish community, began his search for God while completing his degree in International Relations at York University in 1987. During his search, he was challenged by his mother’s new faith in Jesus (Yeshua), and by his Jewish friend’s conversion to Orthodox Judaism. Confused, Isaacs began to meet and discuss the objections to the Messianic prophecies with Jews for Judaism and Aish HaTorah. On Saturday mornings he would meet with a Messianic Rabbi to learn about Yeshua and the validity of the Messianic interpretation. After more than one year of studying the Messianic prophecies and struggling through the objections, he finally realized that Yeshua was the promised Jewish Messiah. Isaacs was determined to one day publish a Bible that would expose the truth of the Messianic prophecies. Isaacs founded The Messianic Times newspaper in 1989 and resigned in 2002 to devote himself fully to the work of the Bible Project.”

Jews for Jesus (jewsforjesus.org).Jewish people tend to dismiss evangelistic methods and materials that are couched in Christian presuppositions and lingo, because they reinforce the assumption that Jesus is for ‘them’ not ‘us’. In order to get beyond that assumption, we have to be innovative. We place full-page gospel proclamations as paid ads in leading newspapers and magazines such as Newsweek, Parade and The New York Times. We also broadcast evangelistic messages on billboards, in commuter trains, in bus transit shelters and on secular radio stations. Others have begun using some of these avenues to an extent, but Jews for Jesus has been on the cutting edge of making the messiahship of Jesus an unavoidable issue to Jewish people via the secular media. We also conduct special witnessing campaigns during the summer months in New York City, Toronto, Paris, London, Moscow and various other cities throughout the former Soviet Union.

“It is difficult, even as a Jewish mission, to keep the focus on sharing Christ with the unsaved. Jewish evangelism is difficult. Jewish people have a long-standing tradition of unbelief, and often view with contempt those who seek to share the gospel. The discomfort of being vulnerable and the pain of rejection that necessarily accompany effective missionary work can take their toll if not handled properly. If we don’t keep that vulnerability, that pain, in perspective, the natural desire to avoid them can slowly erode any commitment to direct evangelism.

“A second difficulty in maintaining the focus on evangelism is the fact that there are so many distractions. Whether it be leading tours to the Holy Land, conducting prophecy conferences or attempting to win support for the state of Israel, there are many worthy endeavours that simply do not add up to Jewish evangelism. No Jewish mission can afford to take on these endeavours at the price of neglecting to speak directly to the unsaved. That is why you will find us Jews for Jesus out on the streets and on college campuses handing out our gospel tracts. That is why you will find us calling on the telephone and meeting in person with unsaved Jewish people. It is all part of our Jews for Jesus commitment to remain visible, vulnerable and available as we maintain direct Jewish evangelism as our priority.”

Trumpet of Salvation. (www.trumpetofsalvation.com). “With the new birth of Jacob Damkani also came a calling to proclaim Yeshua to the lost sheep of the house of Israel, no matter what the cost. Distributing tracts he printed himself, he evangelized in the streets of Israel despite the resistance of his family and the hostilities of many orthodox Jews. In 1984 Trumpet of Salvation to Israel was founded. Since then Jacob has dedicated his life full time to this calling. The autobiography of Jacob Damkani Lama Davka Ani? (Why Me?) has helped many Israelis come to faith in Yeshua and also many Christians to understand the origin of their faith. Available in Hebrew, Russian, Dutch, English, Finnish, French, German, Hungarian, Italian, Korean, Portuguese, Spanish and Swedish.”

Hieronder volg enkele getuienisse van Messiaanse Jode wat kragtig deur die Here gebruik is as herders onder die groot meerderheid verlore skape van Israel, sodat daar ook onder dié volk ᾿n oorblyfsel vir sy Naam behoue kon bly. Vir meer besonderhede oor die getuienisse van Messiaaanse Jode, kyk Malan (1993), Gartenhaus (1998), asook die webtuistes wat hierbo genoem is:

Leopold Cohn

Rabbi Leopold Cohn is in die 19de eeu in Berezna in Oos-Hongarye gebore. Ná sy 13-jarige bevestiging (Bar Mitzvah) het hy besluit om homself as ᾿n rabbi te bekwaam en ᾿n geestelike leidsman onder sy eie mense te word. Gedurende sy studentejare het die brandende probleem van sy volk se internasionale verstrooiing (diaspora) en die lang wag op die Messias aan hom geknaag. Tydens sy bediening het hy baie tyd aan gebed en navorsing hieroor gewy. ᾿n Deel van sy oggendgebed was ᾿n herhaling van Artikel 12 van die Joodse geloofsbelydenis: “Ek glo met ᾿n volkome geloof in die koms van die Messias, en alhoewel Hy vertoef, sal ek daagliks sy koms verwag.”

Die gereelde uitspreek van hierdie woorde het die begeerte van sy hart na die vervulling van God se beloftes en die spoedige herstel van die verstrooide Israel só in sy binneste laat opvlam dat hy nie langer met die formele gebede tevrede was nie. Snags het hy op die kaal vloer gaan sit om die verwoesting van die tempel te betreur en God te smeek om die koms van die Messias te verhaas. Vrae soos: “Waarom vertoef die Messias?” en “Wanneer sal Hy dan kom?” het dikwels die jong rabbi se gedagtes geteister. Op ᾿n dag het hy die volgende aanhaling in die Talmoed gekry (᾿n Joodse kommentaar met godsdienstige oorlewerings, etiese beskouings en leefreëls): “Die wêreld sal sesduisend jaar lank bestaan. Daar sal tweeduisend jaar van wanorde wees, tweeduisend jaar onder die Wet en tweeduisend jaar van die Messias se tyd.”

Met opgewonde belangstelling het hy hom tot die geskrifte van Rashi gewend, wat ᾿n vooraanstaande Joodse verklaarder was, maar dit het nie veel gehelp nie: “Ná die tweeduisend jaar sal die Messias kom en die goddelose koninkryke vernietig.” Dit het die oplossing van sy probleem nog moeiliker gemaak, want volgens die Talmoed se berekening moes die Messias lankal reeds gekom het. In plaas daarvan het die internasionale verstrooiing van Israel aangebreek, wat een van die bitterste feite in hulle geskiedenis is om van rekenskap te gee. Hoe moes dit verklaar word?

“Kan dit moontlik wees,” het Leopold Cohn homself afgevra, “dat die bestemde tyd vir die koms van die Messias sonder die vervulling van die belofte verbygegaan het?” Erg verward het hy besluit om die oorspronklike profesieë oor Israel se toekoms in die Ou Testament te raadpleeg. In Daniël 9 het daar vir hom lig begin opgaan, en hy het ᾿n skatkamer van verborge waarhede ontdek. Uit Daniël 9:24 het hy afgelei dat die profesie oor die 70 jaarweke ᾿n tydperk van 490 jaar voorstel. Gewoond aan die ingewikkelde en dikwels abstrakte redenasies van die Talmoed, is die rabbi deur die duidelike stellings in die Woord van God bekoor. Hy het spoedig die betroubaarheid van die Talmoed in twyfel getrek omdat dit in verskeie belangrike opsigte van die Skrif verskil. Sy gebed tot die Here was: “Open my oë dat ek die wonders in u Wet kan sien.”

Die Nuwe Testament was tot in daardie stadium vir Cohn nog ᾿n geslote boek en hy het nie daarin na antwoorde gesoek nie. Hy het in dié tyd die hulp van ᾿n ouer rabbi in ᾿n naburige dorp oor sy twyfel in verband met die Talmoed gesoek. Hierdie rabbi het hom egter uitgeskel en ᾿n stortvloed beledigings en lasterlike uitlatings oor hom uitgespreek. In woede het hy bygevoeg: “Het jy dan onderneem om die ondeurgrondelike bloot te lê? Jy is nog skaars uit die dop en jy het al klaar die vermetelheid om beswaar teen die leer van die Talmoed te maak! Is die leer van ons meesters nie meer vir jou goed genoeg nie? Jy praat presies soos die Amerikaanse afvalliges wat glo dat ons Messias reeds gekom het. Wees gewaarsku dat as jy met hierdie lasterlike gedagtes aanhou, jy met skande daarvan sal afkom en van jou pos onthef sal word. Miskien sal jy dan ook by daardie afvalliges in Amerika gaan aansluit.”

Teleurgesteld en verpletterd het die rabbi afskeid geneem, maar die gedagte het by hom vasgesteek: Amerika – die land van vryheid. Daar kon hy sy navorsing voortsit!

In Maart 1892 het rabbi Cohn in Amerika aangekom en spoedig met Messiaanse Jode kontak gemaak. Hy het ᾿n Hebreeuse Nuwe Testament gekry, en by die lees van die eerste sin daarvan het hy diep in sy hart geweet dat die einde van sy soektog aangebreek het: “Die geslagsregister van Jesus Christus (Jeshua Ha Mashiach), die seun van Dawid, die seun van Abraham.” Vir die eerste keer het hy die beeld van die lydende Messias in Jesaja 53 verstaan. Hoewel dit aanvanklik baie sielswroegings vir hom meegebring het, het hy besef dat Jeshua, die Messias, die Een in wie Israel verheerlik sal word, dieselfde as die Jesus is wat deur die Christene aanbid word.

Hy het sy lewe aan die Here Jesus gewy en belowe dat hy Hom sou dien, ongeag wat dit sou kos. Die koste was inderdaad hoog. Die ortodokse Jode het hom as ᾿n verraaier bestempel en selfs planne beraam om hom dood te maak. Vriende het hom gehelp om na Skotland te vlug waar hy sy teologiese studies oor die Bybel voortgesit het. In 1893 was hy weer terug in New York en het evangelisasiewerk onder sy eie mense gedoen. Dit was moeilike dae – die koskas was dikwels leeg en hy het ook sy vrou se juwele verkoop om die huur van die eenvoudige saaltjie te betaal. Van sy grootste beproewings het egter gekom van valse broeders wat voorgegee het om eensgesind met hom te wees. Een middag moes hy ᾿n Nuwe Testament aflewer by ᾿n huis waar ᾿n kopie deur ᾿n onbekende persoon aangevra is. Toe hy daar aankom, het ᾿n sterk man hom aangeval, met die vuis geslaan, op hom getrap, daarna sy ore gegryp en sy kop herhaaldelik teen die vloer gestamp met die woorde: “Hierdie ore wat van Sinai gehoor het dat ons geen vreemde gode mag hê nie, en nou na die Christene se afgode luister, moet afgeruk word!”

Cohn het met ᾿n bebloede gesig huis toe gegaan, maar dit was die bloed van een wat vir die waarheid gely het. Jesus het self gesê dat ᾿n leerling nie hoër as sy meester is nie, en as die mense Hom geslaan en vervolg het, sal hulle dit met ons ook doen (Joh. 15:20). Deur sy toegewyde diens het eerw. Cohn ᾿n aansienlike Joodse Messiaanse gemeente opgebou. Daar was groot waardering en erkenning vir sy werk om ᾿n oorblyfsel in Israel te help versamel, en in 1930 het die Wheaton-kollege in Illinois in eredoktorsgraad in die teologie aan hom toegeken.

Leopold Cohen was ᾿n onverskrokke soldaat van die kruis en een van die groot gawes van Jesus Christus aan sy kerk op aarde.

Albert Nathan

Albert Nathan was ᾿n seun van ortodokse Jode. In die gemeenskap waarin hy opgegroei het, is met die Christelike geloof gespot en Jode wat Christene geword het, is verag. Toe Nathan 19 jaar oud was, het hy op ᾿n sakereis na Amerika vertrek. Hy was van plan om in die ses maande soveel as moontlik wêreldse plesier te geniet. Op een van sy wandeltogte deur die strate van New York het hy pragtige sang in ᾿n saal gehoor. Hy het gedink dat dit ᾿n konsert was en ingegaan en naby die koor gaan sit. Wat was sy ontsteltenis nie groot toe hy gehoor het dat die sang tot die eer van Jesus Christus was nie! Hy wou dadelik weer uitgaan, maar dit was nie so maklik nie. ᾿n Paar dames en mans by die deur het vir hom gevra: “Sing ons dan só lelik dat jy nou al wil loop? Jy is baie welkom om te bly.” Hy wou naby die deur sit, maar is tot voor die koor geneem en ook ᾿n Bybel en ᾿n liedereboek gegee. Hy het soos ᾿n gevangene daar gesit.

In die tyd van gebed wat aangebreek het, was Nathan baie beïndruk om te hoor hoe kinderlik intiem die mense met hulle barmhartige hemelse Vader praat. Soos weerlig het die gedagte hom getref: God is my barmhartige Vader en Hy soek my om my van my sondes en ydelheid te verlos. Ná die byeenkoms het die solosanger hom na sy kamer genooi en gevra: “Wel, broer, wandel jy in die lig van die Saligmaker?” “Hoe kan ek,” was Nathan se antwoord, “ek is nie ᾿n Christen nie, ek is Joods.” “O, hoe bly is ek om dit te hoor,” het die jongman gesê, “Jesus het in die eerste plek na die Jode en vir die Jode gekom.” Hulle het saam gebid en Nathan het die Here Jesus as sy Verlosser en Leidsman aangeneem.

Hierdie besluit het met groot stryd gepaard gegaan. Hy het besef dat hy nie net van die wêreld geskei sou wees nie, maar ook van sy vader en moeder, en dat hy deur hulle sowel as sy ander familie en vriende verwerp en vervloek sou word. In antwoord op ᾿n brief waarin hy sy ouers van sy besluit in verband met die Messias vertel het, het sy moeder wat hom innig liefgehad het, geskryf: “Ek sou jou liewer dood wou gesien het as om hierdie brief te ontvang.” Gedurende die maande-lange stryd wat gevolg het, het Nathan deur gebed en Bybelstudie vasgehou aan die liefde en ontferming van Hom wat in sy plek die wêreld se haat en veragting én ook die kruis gedra het.

Albert Nathan het sy Verlosser deur die doop bely en ná ᾿n studie van vier jaar voltydse evangelisasiewerk gaan doen. Gedurende die 19 jaar waarin hy in Amerika, Marokko en Spanje die goeie nuus van die Messias verkondig het, het hy vele Jode, Arabiere en Spanjaarde na die Here gelei. Sy opofferende lewe en opregte liefde vir die Here Jesus het almal se harte gewen met wie hy in aanraking gekom het. Met Albert se vroeë heengaan op 43-jarige ouderdom het baie van die Marokkaanse Jode wat die lig van die Messias deur sy bediening gesien het, saam oor hom getreur.

In een van Albert se laaste preke was sy teks: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Gal. 2:20).

Hermann Liebstein

Hermann Liebstein is in Rusland gebore. Ná sy studies het hy ᾿n tyd lank in Boekarest en Konstantinopel (Istanboel) vertoef voordat hy Engeland toe gegaan het. Sy ouers was ortodokse Jode, maar hy was ᾿n vrydenker wat homself nie veel aan godsdiens gesteur het nie.

In Engeland het hy onder die bearbeiding van die Joodse Sending die Nuwe Testament begin lees. Hy het dit met Ou Testamentiese profesieë vergelyk en toe ontdek dat Jesus die Messias is. Sy finale beslissing het by die lees van Jesaja 53 gekom. Sou hy nie aan Hom, sy Messias, op wie God ook sy sonde geplaas het, en wat ook ter wille van sy oortredinge deurboor en ter wille van sy ongeregtighede verbrysel is, sy hele hart en lewe wy uit dankbaarheid vir so ᾿n groot offer wat ook vir hom die hemel oopgesluit het nie? Hy het wel bekommerd gevoel by die gedagte aan die leed wat hy sy ou vader en dierbare moeder sou aandoen, maar het sy Messias dan nie gesê nie: “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie”? Satan en die Heilige Gees het om sy siel gestry, maar die groot Oorwinnaar het die oorwinning behaal.

Hermann Liebstein het homself volkome aan die Here Jesus oorgegee en hom ook laat doop. By dié geleentheid het hy gesê: “Christenvriende, ek besef dat ᾿n baie belangrike en plegtige oomblik van my lewe aangebreek het. Ek sal nou voor die aangesig van die Almagtige God en voor hierdie groot gemeente my geloof in die Here Jesus in die openbaar bely. Ek weet dat hierdie belydenis my ongelowige vriende kwaad sal maak, en dat ek ook my dierbare moeder se hart met smarte sal deurboor. Ek weet ook dat die weg na heerlikheid deur droefheid en stryd gaan. Tóg neem ek met vreugde die kruis op wat onse Here gedra het vir elkeen wat in Hom glo. Ook ag ek dit as ᾿n eer om waardig te wees om vir sy Naam te ly.”

Liebstein was ᾿n besonder ywerige Christen, en was altyd bereid om sy hulp aan te bied. As prokureur het hy ook gratis advies oor regsake aan die broeders gegee. Baie jare lank was hy ᾿n aktiewe lid van die Britse Sending onder die Jode en het dikwels sonder vergoeding belangrike dienste aan die sending bewys. Oral het die mense van hom gehou, en ná sy vertrek was almal nog diep onder die indruk van sy edel karakter. Wat hy gedoen het, het altyd van die grootste deeglikheid getuig. Sy gepubliseerde “Verklarende aantekeninge by die Openbaring van Johannes” is ᾿n bewys daarvan dat hy ᾿n Geesvervulde geleerde en ᾿n praktiese Bybelverklaarder was. Hy was ook ᾿n goeie spreker en het dikwels op uitnodiging boodskappe gebring.

Hermann Liebstein se vertrek na die Vaderhuis het die kerk armer gemaak, maar die Here is getrou om telkens weer kragtige helde op te wek om sy Woord te volbring.

Chaim Gurland

“Ek het in twee verskillende wêrelde geleef, eers as ᾿n ortodokse Jood en toe as ᾿n Christen – eers in ᾿n beperkte wêreld van vrees en bygeloof onder die vloek van die wet; toe, deur die genade van God, het ek uit die duisternis tot die lig deurgedring – uit die dood tot die lewe. Sedert dié tyd was ek bevoorreg om ᾿n boodskapper van die evangelie te wees. Ek het die goeie nuus van God se genade deur die versoening van Jesus, die gekruisigde, aan Jode én nie-Jode verkondig, want ek staan in ᾿n verpligting teenoor beide van hulle.”

Hierdie woorde is deur Chaim Gurland geskryf, die seun van ᾿n ywerige rabbi in Litaue. Op die ouderdom van vyf jaar het hy al intensiewe onderrig in die Woord van God ontvang. Hy het die verhaal van Elia so liefgehad dat hy op ᾿n dag van die huis af weggeloop het om soos Elia in die hemel opgeneem te word. Dit het dae lank geneem voordat die halfverhongerde seun opgespoor is.

Chaim se ouers wou hê dat hy ᾿n rabbi moes word, wat hy ook gedoen het. Die drie jaar lange studie aan ᾿n rabbynse seminarie het hom egter totaal aan die goddelike oorsprong van die Talmoed laat twyfel. Hy het geen vrymoedigheid gehad om hierdie leerstelling te verkondig nie, en oor sy bevestiging as rabbi het hy daarna geskryf: “Dit was die vreeslikste en ongelukkigste dag in my hele lewe.” In die sinagoge het hy die Talmoed openlik veroordeel en die hoorders tot ᾿n debat daaroor uitgedaag. Niemand wou die uitdaging aanvaar nie, en die hoofrabbi het geëis dat hy sy negatiewe stellings oor die Talmoed moes terugtrek. Hy het geweier om dit te doen en moes toe uiteindelik twee jaar later as rabbi bedank.

As ᾿n private onderwyser het Chaim ᾿n karige bestaan gemaak, en op ᾿n dag het ᾿n smous aan hom ᾿n Hebreeuse Nuwe Testament gegee. Hy het die eerste keer oor Jesus se bergpredikasie gelees, asook die briewe van Paulus en ander gedeeltes. Dit het egter nuwe twyfel gebring en groot droefheid het oor hom toegesak. Kort hierna het hy van pastoor Faltin gehoor wat kontak met Jode in Kishinef gehad het. Die pastoor het aangebied om aan hom tekenlesse en onderrig in Duits te gee, indien Chaim bereid sou wees om saam met hom deur die Hebreeuse Bybel te lees sodat hy sy kennis van Hebreeus kon verbeter. Chaim het ingewillig.

Met die leerprogram het hulle op ᾿n dag by Jesaja 53 uitgekom, wat een van die wonderlikste gedeeltes oor die lydende Messias in die Bybel is. Die Jode lees nooit hierdie hoofstuk nie, omdat hulle weet dat die Christene dit as ᾿n duidelike beskrywing van die Messias se lyding, sterwe en opstanding beskou. Chaim het die pastoor versoek om dit nie te lees nie, waarop hy geantwoord het: “Ek sal bid dat God u die moed sal gee om gewillig te wees en met sy waarheid en reddende genade bekend te raak.”

Die eertydse rabbi het hieroor nagedink en ingewillig om Jesaja 53 te lees. Eers het die pastoor egter van die Messias se lyding en sterwe in die Nuwe Testament gelees. Daarna het hulle toe die profetiese hoofstuk gelees wat 700 jaar voor Christus se geboorte geskryf is. Chaim Gurland het erken dat dit ᾿n volmaakte weergawe van Jesus se lyding is, asook wat op Golgota vir verlore sondaars bewerkstellig is. Ná verdere breedvoerige gesprekke het Chaim en sy vrou die Here Jesus as Messias aangeneem.

Die Joodse gemeenskap was geskok en verontwaardig toe hulle hoor dat rabbi Gurland in pastoor Faltin se kerk gedoop sou word om daarmee openlik sy geloof in Jesus te bely. Sommige van hulle was so verwoed oor sy voorneme dat hulle aan hom geskryf het dat sy doop skandelik en rampspoedig vir die Jode sou wees. Hulle het gesê dat ᾿n aantal Jode ᾿n eed geneem het om hom, indien hy sou waag om daarmee voort te gaan, ná die doop in die kerk te vermoor. Pastoor Faltin het hom gevra of hy nie liewer stil in die pastorie gedoop wou word nie. Sy antwoord hierop was: “Nee, Jesus Christus is ᾿n lewende en magtige Redder. Hy kan my beskerm. Indien Hy dit nie doen nie, is ek ook gewillig om vir Hom te ly en te sterwe.”

Op Gurland se doopdag was daar ᾿n groot beroering onder die Jode. Die kerk was stampvol Christene én Jode. Voor die doopplegtigheid het Chaim sy getuienis gegee oor hoe hy die hemelse lig deur die lees van Jesaja 53 ontvang het, en dat hy glo dat Jesus Christus die beloofde Messias en Redder is. Die diens het rustig verloop, en Jesus wat eens die stormsee laat bedaar het, het by hierdie geleentheid ook bruisende gemoedere gekalmeer. Ná die diens het ᾿n bejaarde dame aan Chaim Gurland gesê: “Ek het 18 jaar lank gebid en gepleit dat God u siel sal red.”

Hierna het ᾿n nuwe opleidingsfase begin. Rudolf, soos hy ná sy doopdag genoem is, het teologie in Berlyn gestudeer en is later as ᾿n Protestantse leraar bevestig. Die teks vir sy intreepreek was Romeine 1:16: “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ᾿n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.” Hy het medeleraar in Kishinef saam met pastoor Faltin geword. Dit het hom nie sy broers uit die huis van Israel laat vergeet nie, want hy was dikwels in gesprek met hulle en het baie van hulle na die Here gelei. Sy werk in Duitsland en Rusland het wye bekendheid verwerf.

᾿n Paar jaar later is Gurland na die Sending onder die Jode beroep. In sy nuwe hoedanigheid het hy Bybelklasse vir Jode gehou en sy bediening verder deur korrespondensie uitgebrei. Die Heilige Gees het hom kragtig gebruik om baie Jode na Jesus Christus te lei. Hy het aan sy gemeentes, asook aan sinodes, van sy werk vertel ten einde in die harte van predikante ᾿n belangstelling vir Israel op te wek. Hy het by geleentheid geskryf: “Die werk onder die Jode moet nie net aan ᾿n paar persone oorgelaat word nie; dit is ᾿n afdeling van die kerk se werk waarby ons almal betrokke moet wees.”

Daar was baie teleurstellings in die werk, baie toetse en ook hewige stryd, maar die gewese rabbi het daarin geslaag om die liefde vir die Jode en die werk onder hulle in baie Christene se harte te laat ontwaak. Hy het in twee wêrelde geleef. Keer op keer het hy Christenharte vir die bearbeiding van God se uitverkore volk aan die brand gesteek, en dan weer sy Joodse broers na die Messias genooi, deur wie Jode én nie-Jode gered kan word.

Op byna 74-jarige ouderdom is Chaim Gurland na sy ewige tuiste, maar nie voordat hy Psalm 122:1-4 vir sy begrafnisplegtigheid gekies het nie: “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan! Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! Jerusalem wat gebou is soos ᾿n stad wat goed saamgevoeg is, waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here – ᾿n voorskrif vir Israel! – om die Naam van die Here te loof.”

Paul en Rolande Ghennassia

Paul Ghennassia vertel self die verhaal van hy en sy vrou:

“Ons het die Messias gevind!” Wat ᾿n uitroep van blydskap was dit nie toe Andréas hierdie wonderlike nuus aan sy broer, Simon Petrus, meegedeel het nie (Joh. 1:41-42). Dit is met geen minder vreugde nie dat my vrou en ek aan u wil sê: Ons het die Messias gevind, die Een van wie Moses gespreek het (Deut. 18:15-20). Ons is albei Jode uit godsdienstige families, en het onder diegene getel wat Jesus gehaat en verag het omdat ons van ons kinderjare af geleer is om Hom as ᾿n afvallige en ᾿n bedrieër te beskou. In ons dwalende lewens was ons sy vyande, en Jesaja se verklaring het ons ware toestand beskryf, hoewel ons geloof in God bely het: “Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai. Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank. Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie” (Jes. 1:4-6).

In sy liefde het die Here ons opgesoek en die geseënde oomblik van sy openbaring aan ons siele het vinnig nader gekom. My vrou het ernstige ekseem opgedoen wat haar hele liggaam in een groot wond omskep het. ᾿n Gewas het ook aan haar een voet ontwikkel en só erg geword dat sy later nie sonder krukke kon loop nie. Iemand het ons na ᾿n Christelike byeenkoms genooi waar daar vir die siekes gebid is. Ek was baie skaam om daar gesien te word, maar ons was absoluut desperaat om hulp te kry.

Ek was verbaas om te hoor hoe die prediker met oortuiging verkondig wat ek nog altyd met my hele hart verwerp het, naamlik dat Jesus die Messias is wie se koms deur die Skrifte voorspel is – die Lam van God deur wie se bloed almal gered kan word. Daarna is hande op die siekes gelê en vir hulle gebid. Die Here het my vrou aangeraak en genees. Ná ᾿n paar weke was haar kragte volkome herstel en kon sy ook sonder krukke loop.

Ons het die Nuwe Testament begin lees en was baie dankbaar oor wat Jesus vir ons gedoen het. Die swaarmoedigheid wat deur die siekte veroorsaak is, het verdwyn en vir ᾿n nuwe blydskap plek gemaak. My vrou het tot die eer van die Here gesing en ons het albei ondervind hoedat ons lewens vernuwe word. Tóg was ek as gevolg van al die vooroordele uit my jeugjare nog nie heeltemal van Jesus se godheid oortuig nie. Was Hy werklik die Messias van Israel? Was dit moontlik dat Hy kon kom en dat die mense Hom nie herken en aanvaar het nie? Ek het ᾿n Ou Testament gekoop en ondersoek begin instel. Ek het die Here gevra om my duidelikheid oor hierdie saak te gee, en myself bereid verklaar om my te onderwerp aan wat Hy my ook al uit sy Woord sou wys.

Ek het nie lank gesoek nie, want dit was asof die Here my na die regte plekke toe gelei het. Die gedeeltes wat oor die Messias handel, het duidelik tot my gespreek en Hom geopenbaar as die Seun van God (Ps. 2), met sy goddelike eienskappe as sterke God en Vredevors (Jes. 9:5-6), in sy wonderbaarlike geboorte as mens in Betlehem (Miga 5:1,3; Jes. 7:14), daarna in sy versoeningswerk aan die kruis om mense te red (Ps. 22; Jes. 53) en ook as die Een wat in die midde van Israel sal verskyn sodat hulle kan opsien na Hom vir wie hulle deurboor het (Sag. 12:10).

Dit was wonderlik om te ontdek hoedat al hierdie profesieë op Jesus betrekking het, en slegs op Hom betrekking kan hê. Elke vers wat in die rabbynse weergawe van die Ou Testament ᾿n “obskure gedeelte” genoem word, het vir my glashelder geword. Dit was só verbasend dat dit my geskud het toe al die lig in my siel inskyn. Jesus was dus werklik die Messias en sy mense het Hom nie herken nie. Wat my betref, noudat ek in my binneste daarvan oortuig was, moes ek hierdie groot waarheid verkondig. Die Here Jesus is sonder die geringste twyfel die Verlosser wat sou kom, en ek het nou ook verstaan waarom Hy op Golgota moes sterf – dit was om my deur sy bloed los te koop.

Sonder enige verdere uitstel het ek en my vrou ons geloof in die Messiasskap van Jesus bely. Kort daarna is ons op ᾿n kragtige wyse deur die Heilige Gees vervul en toegerus om die Here te dien. Sedert hierdie ontmoeting met die Here Jesus in 1953, en die toerusting met krag uit die hoogte, het die genade van God en sy blydskap steeds in ons lewens toegeneem. Ons was met Hom versoen deur Jesus ons Messias, daarom begeer ons ook meer en meer om aan ons volksgenote uit die Jodendom bekend te maak wie die Een is wat die hoop van Israel is. Dit is die enigste Naam waardeur ons gered kan word.

P.D. Weiss

P.D. Weiss gee self sy getuienis van hoe hy deur geloof in die Here Jesus ᾿n Messiaanse Jood geword het en van al die lyding wat dit vir hom, soos ook vir Paulus, die apostels en ander Messiaanse Jode, meegebring het (Hand. 4:29, 5:40-41, 7:59-60, 9:16, 14:22; Fil. 1:28-29):

Ek is in Pole gebore waar my vader ᾿n gerespekteerde rabbi was. Ek het ᾿n Talmoed-skool bygewoon waar my opinie omtrent baie dinge verander het. Ek het geen innerlike rus en vrede meer gehad nie. Ek was aanvanklik baie geïnteresseerd in die Talmoed en ook in ander klassieke Joodse geskrifte, totdat ek myself in ᾿n studie van die Ou Testamentiese profesieë begin verdiep het. Ek het weer eens die Hagada (Joodse tradisies) bestudeer en dit toe baie ernstig begin betwyfel. Miskien het die skrywers van die Talmoed ᾿n baie groot fout begaan om die terdoodveroordeling van die grootste man in Israel se volksgeskiedenis goed te praat. Miskien het hulle ᾿n rede gehad om die mees vergesogte stories oor Hom te versin...

Hoe meer ek die Hagada bestudeer het, hoe duideliker het my insig in hierdie saak geword. Uiteindelik het die verhewe maar vreesaanjaende gedagte by my posgevat dat Jesus van Nasaret inderdaad die beloofde Messias is. Ek het al die verduidelikings van die Talmoed met die Ou Testamentiese profesieë vergelyk en ontdek dat alles wat die heilige profete voorspel het, van begin tot end volmaak in die lewe van Jesus vervul is.

My sielerus was daarmee heen, en tog het ek nie die moed gehad om die geheime van my hart met enigeen te deel nie. Ek het geweet dat dit soos ᾿n stem sou wees wat roep in die woestyn. Op ᾿n dag kon ek myself nie langer bedwing nie, en het ergerlik gereageer toe daar Joodse mense gekom het wat slegte stories oor Jesus vertel. My moeder het die hewige ontsteltenis op my gesig gesien en aangehou totdat ek al my gevoelens aan haar geopenbaar het. Sy het in toorn en ontsteltenis uitgeroep: “Weet jy regtig wat jy daar sê? Die Satan het van jou besit geneem en trek jou nou van die Here af weg. Wat sal op die oordeelsdag van jou word?”

Toe sy sien dat sy met haar harde woorde nêrens met my sal kom nie, het sy by my gepleit om van al hierdie idees ontslae te raak terwyl daar nog tyd was. My antwoord was dat ek haar tot op daardie dag nog nooit teëgegaan het nie en nog altyd probeer het om haar gelukkig te maak. Die wyse waarop ek nou vir haar ᾿n bekommernis veroorsaak, moet ᾿n bewys wees van my sterk oortuiging van die waarheid. ᾿n Baie ongemaklike situasie is hierdeur geskep. My ouers was só ontsteld dat hulle soms in die nag oor my lê en praat het. Hulle het my fyn dopgehou en wanneer hulle gesien het dat ek ᾿n ander boek as die Talmoed lees, het hulle dit gevat en verbrand. Verskeie onaangename gesprekke met my vader het gevolg, en ek is vir alle probleme verantwoordelik gehou wat in die huis voorgekom het.

Uiteindelik het ek van die huis af gevlug na ᾿n oom toe van my in Lodz. Hy het my vriendelik ontvang, maar nadat hy ᾿n brief van my pa af gekry het, het sy houding verander en moes ek weer die pad vat. Vriende het hulle oor my ontferm en ek het ᾿n lewe gemaak deur onderwys te gee. In dié tyd het ek my studies voortgesit, die eksamen geslaag en ᾿n rabbi geword.

᾿n Vriend het my na ᾿n Baptistekerk genooi waar ᾿n sendeling sou praat. Hy het die groot gehoor in Gees en waarheid toegespreek. Toe ek daarna sy woorde bevestig het, was daar ᾿n oproer onder die Jode. Hulle wou my doodmaak en ek moes vir hulle wegkruip.

Hierna het ek rabbi geword in ᾿n klein Poolse dorpie. Op die sabbat voor die Pasga moes ek in die sinagoge praat, en het ᾿n Nuwe Testament asook ᾿n Hebreeuse boekie van dieselfde grootte in my sak gehad. Ek het per ongeluk die Nuwe Testament uitgehaal en dit laat val. ᾿n Persoon naby my het dit opgetel en net toe hy dit aan my wou oorhandig, het hy gesien dat dit ᾿n Nuwe Testament was. Hy het geskreeu asof ᾿n slang hom gepik het en aan die gemeente gesê dat ek, hulle rabbi, ᾿n Nuwe Testament het. Hy het gesê dat nie alleen ek nie, maar ook hulle, vir my sonde gestraf sou word. As gevolg hiervan het ek my bedanking as rabbi aangekondig. Watter lyding het ek nie in hierdie tyd deurgemaak nie! My moeder het van bekommernis gesterf en my vader het besluit om my nooit weer te sien nie.

Ek is hierna as ᾿n onderwyser in godsdiens en Hebreeus in ᾿n Joodse skool in Warskou aangestel, en die plaaslike gemeente het my salaris betaal. Dié pos het ek nege jaar lank beklee. Op ᾿n dag was die inspekteur van sommige van my kollegas in my klaskamer besig om die droewige lot van die Russiese Jode te bespreek. Voorstelle is gemaak oor hoe om hulle te help. Ek het die mening uitgespreek dat hulle planne nie sou werk nie, en openlik gesê dat ons Jode se posisie nie sou verbeter voordat ons die geweldige fout bely wat ons voorouers gemaak het nie, en Jesus Christus as ons Messias erken wat sy bloed op Golgota gestort het om ons van ons sondes te red. Die gesprek wat hierna gevolg het, is nie deur toorn gekenmerk nie omdat my kollegas vrydenkers en die inspekteur ᾿n ateïs was. Die inspekteur het my egter vir ᾿n lang tyd al gehaat en nou die geleentheid aangegryp om my by die raad van die Joodse gemeente aan te kla.

Toe ek die Sondagaanddiens by die Warskouse Sending bywoon, het twee jong Joodse manne die saal binnegekom. Daarna het hulle aan die Joodse gemeente gaan vertel dat ek ᾿n gedoopte Jood was en saam met die ander Christene gekniel het om te aanbid. Die raad het my sonder enige verdere vergoeding ontslaan en my ook nie die geleentheid gebied om myself te verdedig nie. ᾿n Lang tyd daarna het hulle wel vergoeding aan my gebied. Toe ek voor die raad verskyn het om my geld te ontvang, het ek hulle gevra waarom ek ontslaan is sonder dat ᾿n ondersoek ingestel is. Een van die raadslede het geantwoord: “As ons jou gevra het om te kom, sou jy nie die waarheid gepraat het nie. Ons glo jou in elk geval nie verder oor hierdie saak nie omdat twee getuies, ooreenkomstig die Joodse wet, oor die waarheid van hulle bewerings voor die rabbi gesweer het. Jy het dus jou reg verbeur om geglo te word.”

Ek het hierop geantwoord: “Menere, julle maak ᾿n fout, ek is altyd bereid om die waarheid te praat.” Hulle reaksie was vinnig en op die punt af: “Het jy saam met die Christene gekniel om te bid, en is jy ᾿n tyd gelede gedoop?” Ek het kalm geantwoord: “Ek is nog nie gedoop nie, maar ek hoop dat dit gou sal gebeur.” Dit was genoeg vir die raad, en ek is nie toegelaat om ᾿n verdere woord te sê nie. Hulle het my bespot en met growwe taal beledig. Te midde van dit alles het ek kalm en selfbeheersd gebly.

In die kort stilte wat hierop gevolg het, het een van die manne opgespring, na my toe gedraai en geskreeu: “Jou moeilikheidmaker, hoe durf jy daardie godsdienstige opinies van jou so kalm en uitdagend in ons teenwoordigheid uitspreek? Ons weet dat jy as ᾿n voormalige rabbi die Jodendom in woord en geskrif sal belaster, jou bose verraaier!” Een van die manne het na my gehardloop, sy hand gelig om my te slaan, en geskreeu: “Ja, dit sal beter wees om hom dood te maak!” My antwoord was: “Ek is in julle mag en julle is vry om my dood te maak. Ek haat julle nie; inteendeel, ek het julle almal lief. Ek betreur dit egter dat julle so hardnekkig is en nie wil erken dat baie slegte dinge al oor ons gekom het omdat ons die Verlosser belaster en gekruisig het nie.”

Emosies het weer hoog opgevlam en ek is verbied om verder te praat. Een van hulle het my ná ᾿n rukkie gevra: “Indien die raad jou in jou amp herstel en ᾿n goeie salaris aan jou betaal op voorwaarde dat jy beloof om nie weer met die sendelinge kontak te maak nie, sal jy gewillig wees om dit te doen?” Hierop het ek geantwoord: “Ek sal nooit my siel vir geld verkoop nie.” Só het my openbare verbintenis met my volksgenote geëindig, asook my bron van inkomste.

P.D. Weiss het homself finaal tot die Here Jesus bekeer, laat doop en kragtig vir die Messias getuig. Hy het die Christelike geloof bestudeer en gereeld dienste by die Warskouse Sending bygewoon. Sy mede-Jode het hom verdryf en ook baie druk op die Sending toegepas. Weiss het later ᾿n waardevolle medewerker van die Sending geword en op sy sendingreise met baie Jode oor die Messias gepraat. Sy toepaslike aanhalings uit die Talmoed het hulle in verwondering gelaat, en ortodokse Jode het dit dikwels betreur dat ᾿n man van sy aansien ᾿n “afvallige” geword het. Baie van die plaaslike Jode het die begrafnis van hierdie getroue en moedige getuie van die Messias bygewoon om daardeur hulle respek aan hom te betoon.

Mitchell Seidman

Die volgende is Mitchell Seidman se kort en kragtige getuienis:

My opleiding en ondervinding as ᾿n lugvaartkundige ingenieur het my geleer om na feite te soek, dit te analiseer en dan antwoorde te vind. Soms maak ons selfs in die ingenieurswetenskappe basiese aannames wat nie bewys kan word nie. Waarom word dit dan aanvaar? Omdat dit werk wanneer dit getoets word, terwyl ander aannames nie werk nie.

Ek het self die Here se beloftes in die Bybel ondersoek en getoets om vas te stel of hulle werk. Die Ou Testament beloof dat enigeen wat die Here soek, Hom sal vind as hy met sy hele hart na Hom soek. Ek het hierdie belofte getoets en gevind dat die Here Homself deur sy Seun, die Messias, aan my openbaar het. God is ᾿n lewende werklikheid in my lewe. Soos Hy beloof het, het ek vrede en blydskap deur die liefde van Jesus, die Messias, gevind. Hoe kan ᾿n Jood in Christus glo? Ek het Hom aangeneem omdat wat die Bybel beloof, volkome in ooreenstemming met die feite van die geskiedenis is. My persoonlike ondervinding het ook die beloftes wat oor die Messias gemaak is, bevestig.

Richard Wurmbrand

Een van die mees prominente Messiaanse Jode van die 20ste eeu was Richard Wurmbrand, die stigter en direkteur van Christelike Sending Internasionaal. Nadat hy as gevolg van sy geloof in Jesus Christus 14 jaar in Roemeense tronke deurgebring het, is hy deur sy land se regering as ᾿n ongewenste persoon aan Christene in die Weste verkoop. Wurmbrand het uit Amerika ᾿n ondergrondse sending na die destydse kommunistiese wêreld georganiseer en oral in die Weste takke daarvan gestig. Sy sending-aktiwiteite is mettertyd ook na die Arabiese wêreld, Asië, Afrika en Latyns-Amerika uitgebrei, asook na die afgeleë eilande van die Stille Oseaan. Hoewel hy die heil van die hele mensdom op die hart gedra het, was die evangelisering van sy mede-Jode altyd vir hom ᾿n doel wat hy met groot toewyding en ywer nagestreef het.

Richard Wurmbrand het in sy boek, Christ on the Jewish Road (1993), die belangrikheid van die Joodse volk verduidelik – nie net in ᾿n historiese verband nie, maar ook wat die hede en toekoms betref. Hy wys daarop dat omdat hulle so ᾿n buitengewoon begaafde volk is, alles wat regtig goed én regtig sleg is, Joods in oorsprong is. Daar moet dus terdeë met die rol van Jode in die wêreldgeskiedenis rekening gehou word. Selfs in die breedste moontlike sin van ons bestaan, leef ons in strukture wat deur Jode geskep is. In die Christenwêreld is ons die gaste van ᾿n Jood, Jesus Christus. In die kapitalistiese en Marxistiese wêrelde is die grondlêers ook Jode, en selfs uit ᾿n tegnologiese oogpunt is ons in die moderne kerneeu die gaste van ᾿n Jood, Einstein. Hoewel die Joodse volk hoogs gepolariseerd is, en die geestelik behoudende element ver in die minderheid is, gaan die rol van hierdie oorblyfsel in Israel in die nabye toekoms nog van deurslaggewende belang vir miljoene mense wees.

Laat ons egter vir Wurmbrand (1993) self oor die rol van Israel aan die woord stel, soos wat hy dit in die inleiding van sy boek, verduidelik:

“U het ons uit die nasies uitverkies,” sê die Jode elke dag in hulle sinagoges. “Die saligheid is uit die Jode,” sê Jesus in Johannes 4:22. “Die vuil Jode is die oorsaak van al ons probleme,” sê die Jodehaters. Sommige mense vind in die Christendom hulle grootste vreugde; andere haat die Christendom en wil dit deur geweld vernietig. Dit is ᾿n Jood, Jesus, wat die oorsaak van hulle blydskap of woede is. Jesus Christus is ᾿n man uit die Joodse volk, maar Hy is ook ᾿n wonderbaarlike God. Paulus sê oor hierdie volk en hulle God: “Hulle is Israeliete uit wie die aanneming tot kinders behoort … aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees – Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid!” (Rom. 9:4-5).

Ek het nie ᾿n gewone sendingtaak gehad nie. Ek het onder dié mense gewerk wat in die heilige boek van die Christene die “uitverkore volk” genoem word, ᾿n volk waaruit ᾿n God gekom het, maar wat nogtans onkundig omtrent hierdie God is; ᾿n volk wat óf geseën óf vervloek word deur miljoene mense as die oorsprong van hulle blydskap of ellende – ᾿n volk wie se lotgevalle meer as enige ander volk die lot van die hele wêreld bepaal het, en in die toekoms ook nog sal bepaal (vgl. Rom. 11:11-12).

Die Joodse volk het aan die wêreld die Bybel gegee, bestaande uit die Ou en Nuwe Testamente – ᾿n Boek geskryf deur Jode, maar wat terselfdertyd ook die Woord van God is, die enigste Boek wat in staat is om die geestelike behoeftes van alle mense in ᾿n sondige wêreld te vervul. Dit sal eers in ᾿n volle mate die geestelike honger van die wêreld versadig wanneer dit weer in die hande is van hulle wat dit geskryf het, en wanneer hulle versamel het rondom Hom wat die hoofonderwerp van die Boek is, Jesus, die Messias van die Jode en Verlosser van die nasies.

Die oorgrote meerderheid van alle mense leef in sonde en is vervreem van die ware geloof. Moord, uitbuiting, onderdrukking, ontug, sabotasie, losbandigheid en laster is wydverspreid. Die mensdom stuur op spoedige selfvernietiging af as hulle hul nie bekeer en ontwaak uit die geestelike doodslaap waarin hulle vasgevang is nie. Die Bybel sê vir ons dat die bekering van Israel lewe uit die dode sal wees (Rom. 11:15).

Jesus en die Jode is onafskeibaar aan mekaar verbonde. “Waar is die Koning van die Jode wat gebore is?” het die wyse manne gevra (Matt. 2:2). “Dit is Jesus, die Koning van die Jode,” was die inskripsie aan die kruis (Matt. 27:37). Ou Testamentiese profesieë verkondig dieselfde boodskap. Moses het aan die Jode gesê: “’n Profeet uit jou midde, uit jou broers … sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister” (Deut. 18:15). Jesaja, wat die geboorte van Jesus meer as 700 jaar voor die tyd geprofeteer het, het gesê: “Want ᾿n Kind is vir ons gebore, ᾿n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer” (Jes. 9:5). Die “ons” aan wie hierdie Seun gegee is, verwys na die Joodse volk.

Toe Jeremia na die nuwe verbond verwys het wat Jesus deur die stort van sy bloed aan die kruis sou sluit, het hy gesê: “Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ᾿n nuwe verbond sal sluit” (Jer. 31:31). Jesus het self gesê: “Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel” (Matt. 15:24). Hy het ook verklaar dat Hy die Verlosser van die hele wêreld is, maar in hierdie gedeelte het Hy sy besondere verhouding teenoor die Joodse volk uitgedruk.

My sendingtaak is om Israel van hulle verhouding met die onverganklike Woord van God bewus te maak – ᾿n verhouding wat nooit verbreek kan word nie, selfs al word dit ook hoe erg weerstaan (einde van aanhalings uit Wurmbrand se boek).

Jacob Damkani

Die volgende getuienis van ᾿n moderne Messiaanse Jood bevat uittreksels uit Jakob Damkani se webblad www.trumpetofsalvation.com en sy outobiografie, Why Me? (1997):

My naam is Jakob Damkani, en ek is in 1952 naby die See van Galilea gebore in ᾿n godsdienstige Joodse familie van die stam van Juda. Deur die genade van God is ek in 1977 weergebore en eers daarna het ek my werklike, godgegewe identiteit verstaan en ervaar wat dit beteken om ᾿n ware Jood te wees. Sedert die wonderlike dag van my wedergeboorte het ek alles uit my verlede as verwerplik beskou. Deur die genade van die Here, en met sy hulp, wil ek niks weet nie behalwe Hom wat gekruisig is, vir wie God uit die dood opgewek het.

Trumpet of Salvation to Israel is in 1984 as ᾿n evangelisasiebeweging gestig met die doel om Jeshua teen enige koste te verkondig aan die verlore skape van die huis van Israel. Deur God se genade en krag wat in ons werk, is ons nie skaam vir die evangelie nie, en vrees ons ook geen weerstand teen die evangelie nie, “want dit is ᾿n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek” (Rom. 1:16).

Ons regering weet nie hoe om te definieer wie almal Jode genoem moet word nie. Ons wat uit die Gees van God gebore is, weet egter vir seker dat buiten Jeshua niemand regtig weet waaroor ware, Bybelse Judaïsme gaan nie.

My roem is in die God van my vaders van wie alle seëninge kom. Alle heerlikheid, eer, lof en bewondering behoort net aan Hom, en Hy het in my die bereidwilligheid gewerk om my lewe af te lê. Net vir Hom alleen sal ek myself verloën, my kruis opneem, Hom navolg, en die vrees in die hart van die kerk in Israel verbreek. Ek het nie te veel aan die gevare gedink wat aan evangelisasie in Israel verbonde is nie. Ek weet dat God my geroep het om Hom te volg en die opgestane Here Jesus aan sy verbondsvolk te verkondig. Ek het net geweet dat ek dit moes doen, en was seker dat Hy my krag sou gee vir my diens aan Hom.

Nadat ek na Israel teruggekeer het (ek was agt jaar lank in Amerika) het ek in my ouerhuis in Holon gewoon saam met my jonger suster, Carmella. My ander broers en susters was toe reeds getroud en het in hulle eie huise gewoon. My geliefde moeder was 69 jaar oud en het nog steeds as skoonmaker in verskeie huis gewerk. Een nag is sy skielik dood terwyl sy gewerk het.

My geliefde pa wat vir meer as 50 jaar lank met my ma getroud was en saam met haar agt kinders onder uiters moeilike omstandighede grootgemaak het, het skielik sy vrou verloor vir wie hy baie lief was. Van daardie oomblik af was hy nie meer homself nie. In sy gebrokenheid is hy skielik deur een of ander demoniese mag oorgeneem wat teen my te velde getrek het. Hy het begin om my te vloek en vir my ma se dood te beskuldig. Hy het ook die Here gelaster en gedreig om my Nuwe Testamente en ander boeke, asook evangeliese literatuur wat ek versprei het, te verbrand.

Na ᾿n paar lang weke waarin ek hierdie hewige aanvalle verduur het, het ek besluit om te trek. Ek het my pa se huis verlaat omdat ek nie langer sy godslastering en aanhoudende dreigemente om my boeke te verbrand, kon vat nie. Ek het baie goed geweet dat dit nie my pa was wat gevloek en die Here se naam belaster het nie, maar Satan self wat my werk in Israel probeer beëindig het. Al die aanvalle, geweld, aanrandings en bloedvergieting wat ek in die strate van Israel verduur het, het my nie gekeer om die evangelie met andere te deel nie, en ek het met my hoë roeping voortgegaan, maar nou het die duiwel desperaat probeer om my te stop deur my ma se dood te gebruik, asook my pa se intense verbittering teenoor my. Ek het nie teen vlees en bloed geveg nie, en al my gebede en vas het nie die toestand verander nie.

Ek het hierna in verskillende huise geslaap. Sekere broeders in die Here het my graag gehuisves; Ilan Zamir het my in hierdie tyd so geseën, asook my suster Frieda en andere. Ek het aangehou om vir my liewe pa te bid en het hom dikwels in Holon besoek. Ek het besef dat hy baie probleme ervaar. My liefde vir hom, en ook my bekommernis oor hom, het toegeneem maar ek het nie geweet hoe om hom te help nie.

In hierdie tyd het die Here op ᾿n wonderbaarlike manier aan my die geld voorsien om ᾿n huis te koop. Dit is in Jaffa geleë, slegs drie minute se stap van waar Petrus sy gesig gehad het (Hand. 10). Hierdie visioen het daartoe gelei dat Petrus vir die eerste keer die evangelie aan nie-Jode gaan verkondig het – aan ᾿n man met die naam van Cornelius. Dit was 2000 jaar gelede toe die apostels in verwondering was oor die bekering van heidene. Hoe is dit dat die situasie intussen omgekeer is, want nou is dit die kerk wat in verwondering is wanneer ᾿n Jood vir Jeshua aanneem?

Van Jaffa af het die evangelie na die heidenwêreld uitgegaan en nou, na 2000 jaar, wil die Here van Jaffa af die evangelie na sy eie Joodse volk terugbring. Hierdie huis het ᾿n basis geword vir die ontwerp en voorbereiding van traktaatjies, boeke en video-kassette in Hebreeus, waarin Jeshua in sy Joodse verband voorgestel word deur van die Ou Testament af na die Nuwe te beweeg. Ons verskaf al ons gedrukte materiaal gratis aan die hele liggaam van Christus in Israel.

Deur die genade van God het Trumpet of Salvation daarin geslaag om 200 000 kopieë van die boek Lama Davka Ani? (Why Me?) te druk en te versprei. Soos wat ons begroting dit toelaat, plaas ons artikels in Israel se nasionale koerante waarin Jeshua in sy Joodse verband vanuit die Ou Testament verkondig word. Die reaksie is oorweldigend; mense bel en skryf om Nuwe Testamente en ander materiaal aan te vra.

Trumpet of Salvation to Israel is soos ᾿n spoorwegstasie; ᾿n groot aantal mense uit verskillende rigtings kom besoek ons om oor die Here te praat, en ook oor wat dit vir Jode beteken om in Jeshua te glo. Hier by Trumpet of Salvation maak ons seker dat voordat mense ᾿n oorgawe maak, hulle besef wat die kosteberekening vir ᾿n ware geloof is. Baie Israeli’s kom tot die geloof, en wat ᾿n voorreg is dit om hulle as dissipels te onderrig totdat hulle die druk deur hulle families en die breër samelewing kan weerstaan. Daarna plaas ons hulle uit in die liggaam van ons Here ooreenkomstig hulle plekke van herkoms.

Aan God al die eer! Aan Hom alleen behoort die heerlikheid! In elke gemeente in Israel is daar Israeli’s wat tot geloof gekom het as gevolg van die werk van Trumpet of Salvation to Israel. Glo jy dat as jy wedergebore is jy ook ᾿n roeping het? Dit is ons plig, geliefdes, om te reageer op die liefde van God wat ons van die kruis van sy Seun af roep. As jy net sal begin om Hom te volg en jou lewe te lei volgens die eise van Jeshua en sy koninkryk, sal jy die mees opwindende en kleurvolle lewe lei waarin geen trane, smarte of pyn jou daarvan sal weerhou om die Koning na te volg nie, want Hy het waarlik jou siel lief.

Dink aan hierdie wonderlike waarheid: die Here het aan sy dissipels die opdrag gegee om die evangelie tot aan die eindes van die aarde uit te dra. Noudat die evangelie die vier hoeke van die aarde bereik het, bring God sy verbondsvolk soos droë bene na die Beloofde Land toe terug. Die Joodse volk is nog steeds dood in hulle sondes en God is besig om hulle, soos in die tyd van die rigters, in ᾿n hoek te dryf. Hierdie keer doen Hy dit egter nie deur middel van die Ammoniete, Edomiete of Moabiete nie, maar deur hulle Moslem bure. In werklikheid is die hele wêreld teen Israel, hulle voel verstote, moedeloos en is besig om hoop te verloor. Israeli’s kom aan die einde van hulleself, en dit mag wees dat God nie nou vir Gideon, Debóra of Simson as segspersone gebruik nie, maar lede van nie-Joodse nasies wat die opdrag het om Israel jaloers te maak.

Dit lyk of Israel as ᾿n volk altyd by ᾿n kruispad te staan kom. Solank as wat hulle aanhou om hulle rug op Jeshua te keer, sal hulle aanhou om in die verkeerde rigting te draai. God het nie meer vir Moses, Samuel, Jeremia, Paulus, Petrus of Johannes om sy werk op aarde te doen nie, maar Hy het vir jou, wat deur sy Gees gebore is, wie of waar jy ook al mag wees.

Vir meer as 20 jaar het die Here Trumpet of Salvation to Israel gebruik om Joodse en nie-Joodse gelowiges op te lei, te bemoedig, uit te daag en te mobiliseer om die Joodse evangelie op ᾿n Joodse manier aan Jode te verkondig. Deur God se genade maak ons dissipels van baie Israeli’s wat tot  die geloof gekom het, leer hulle die basiese beginsels van hulle nuutgevonde geloof en bevestig hulle in die waarheid van God. Ons help hulle om te verstaan dat hulle lewe nou oor God en sy koninkryk moet gaan. Ons bemoedig hulle en help hulle om teenkanting deur hulle families, en ook deur die godsdienstig ortodokse Jode, te kan weerstaan. Ons help hulle om ᾿n Messiaanse gemeente te vind waarby hulle maklik kan inskakel, en lewer so ᾿n bydrae om die Messiaanse Joodse gemeenskap in Israel op te bou.

(Vir nuusbriewe en meer inligting oor Trumpet of Salvation to Israel, tree met hulle in verbinding by: trumpsal@netvision.net.il).

᾿n Val en ᾿n opstanding

Uit die getuienisse en ondervindings van Joodse geloofshelde is dit duidelik dat dit geen maklike taak is om as ᾿n herder vir Israel op te tree nie. Hoewel Jesus tot die heerlikheid van sy volk Israel gekom het, was Hy nogtans “bestemd tot ᾿n val en ᾿n opstanding van baie in Israel en tot ᾿n teken wat weerspreek sal word” (Luk. 2:32, 34). Die onderwerp van sy Messiasskap is steeds ᾿n hoogs omstrede en ook ᾿n emosiebelaaide onderwerp wat teen die vooroordele en invloed van 2000 jaar se rabbynse tradisies moet meeding.

Geen menslike argumente en oorlewerings is egter teen die oortuigingskrag van die Heilige Gees bestand nie. Hiervan getuig die groot skare Joodse verlostes wat die afgelope 2000 jaar uit alle uithoeke van die wêreld na die Messias en Opperherder van Israel gelei is. Hulle is onomstootlike bewyse van die voortgaande bemoeienis van God met sy volk van ouds. Selfs al is hulle in die verstrooiing weens hulle sondes, trek die Here hulle nog steeds met koorde van liefde en is self die waarborg vir al die onvervulde beloftes wat aan hulle voorvaders gemaak is: “Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ᾿n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die Here hulle God” (Lev. 26:44).

Die Here sal op ᾿n kragtige wyse in die donker dae van die verdrukking ᾿n oorblyfsel van dié volk versamel wat nie die knie voor die moderne Baäl, die Antichris, gebuig het nie (Op. 7:2-8). Te midde van die hewigste denkbare stryd en vervolging sal die Here hulle staande hou en as sy spesiale getuies op aarde gebruik. Israel is ook die enigste volk ten opsigte waarvan die Here hulle voortgesette bestaan waarborg: “Want Ek sal ᾿n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie” (Jer. 46:28).

Met die naderende verdrukking, wat ook ᾿n tyd van benoudheid vir Jakob sal wees, gaan Israel sy belangrikste tydperk van loutering, tugtiging en suiwering tegemoet. Die Here sal Homself in hierdie donker dae met krag en heerlikheid in die midde van die gelowige oorblyfsel in Israel betuig. Baie van hulle sal in die tyd van nood en benoudheid die aangesig van die Here soek. Ná die verdrukking sal ᾿n gelouterde en geredde Israel wat rondom hulle Messias vergader het, die talle beloftes van die Messiasryk op aarde beërf. Dan sal Jerusalem as die hoofstad van die wêreld hoog verhewe wees (Jes. 2:2-3).

Sal Israel as gevolg van jóú optrede nader aan hulle geestelike bestemming en ᾿n ontmoeting met die Messias getrek word? Die Here vra jou om dit te doen, en jy is dit in elk geval ook aan hulle verskuldig (Rom. 11:11). Ons moet onsself uitstrek na dié dag wanneer die lig van die Here weer ten volle oor sy volk Israel sal skyn, en ook deur hulle na die res van die wêreld.

Beloftes van herstel

In Jeremia 31 word die volgende beloftes van herstel aan ᾿n gelowige oorblyfsel van Israel gemaak:

“In dié tyd, spreek die Here, sal Ek vir al die geslagte van Israel ᾿n God wees, en hulle sal vir My ᾿n volk wees. … Ja, Ek het jou liefgehad met ᾿n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! … Want so sê die Here: Juig oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o Here, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel! Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; … Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ᾿n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ᾿n Vader en Efraim is my eersgeborene. Hoor die woord van die Here, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ᾿n herder sy kudde. Want die Here het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy. … Is Efraim vir My ᾿n dierbare seun of ᾿n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die Here. Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou! … Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ᾿n nuwe verbond sal sluit; … Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ᾿n God wees, en hulle sal vir My ᾿n volk wees. … En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.”

Die geloofwaardigheid van hierdie letterlike uitsprake en beloftes is bo alle twyfel verhewe:

·       Soos wat die volk in die tyd van Dawid en Salomo tot roemryke hoogtes opgebou is, sal die Here hulle weer bevestig en opbou na die posisie van hoof van die nasies.

·       Net soos wat die volk letterlik na alle uithoeke van die aarde verstrooi is, sal hulle weer in die eindtyd uit die Noordland en die agterhoeke van die aarde in die land Israel versamel word. Hy wat Israel verstrooi het, sal die dieselfde volk weer versamel en bewaak. Ons het hier nie slegs met sekulêre geskiedenis te doen nie, maar met die ingryping van God in die bestaan van ᾿n volk. Israel kry ook nie in die proses ᾿n ander identiteit (bv. die “kerk”) nie. Dieselfde volk wat uit hulle land verstrooi is, wat in die tyd van Jeremia as die koninkryke van Israel en Juda bekend was, word in die eindtyd weer in hulle land versamel.

·       Israel se fisiese herstel in die Beloofde Land sal uiteindelik ook na ᾿n geestelike herstel en ᾿n blywende hartsverandering onder ᾿n oorblyfsel van die volk lei – almal van hulle sal die Here van harte dien, en daar sal geen afvalliges onder hulle wees nie.

·       Die Here se liefde teenoor Israel het nooit verander nie. Hy sal ᾿n nuwe verbond met die herstelde oorblyfsel van die volk sluit, wat nooit sal verander of verval nie.