2. Bakens Op die Pad Terug

ďEn in diť dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit AssiriŽ en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sinear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ᾿n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde. Ö En daar sal ᾿n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek hetĒ (Jes. 11:11-12, 16).

ďRig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou! Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter?Ē (Jer. 31:21-22).

Daar is verskeie belangrike bakens op die pad van Israel se eindtydse herstel uit die lande waarheen hulle verstrooi geraak het. Op hierdie pad lei die Here hulle met ᾿n sterk hand en skenk elke keer die oorwinning wanneer die volk se vyande wil voorkom dat die Opperherder van Israel hulle teruglei na die land wat Hy deur ᾿n eed aan hulle vaders beloof het.

Theodor Herzl Ė die wegbereider

Die eerste tree op die verstrooide Israeliete se pad terug na hulle land is meer as ᾿n eeu gelede deur die optrede van Theodor Herzl gegee. Tťťn die bestaande denkklimaat in, en te midde van geweldige kritiek deur sy volksgenote, het hy die saak van Israel se herstel na hulle land bevorder.

Theodor Herzl (geb. 2 Mei 1860) het in sy kort lewe van 44 jaar ᾿n deurslaggewende rol gespeel om die Joodse bewussyn vir die saak van hulle nasionale herstel na die land van Israel op te wek. Ten einde hierdie idealisme by die Joodse leiers te laat posvat, het hy op 29 Augustus 1897 die eerste Sioniste-kongres in Basel, Switserland, gehou. In Oktober 1897 is ᾿n verdere kongres in Londen gehou. Op albei hierdie kongresse het ᾿n Messiaanse Jood en intieme vriend van Herzl, dr. William Heckler, oor die Messiaanse verwagting van Israel gepraat. Hy het toe reeds ᾿n boek geskryf met die titel: The return of the Jews to Palestine in accordance with prophecy.

Hierna het Herzl ᾿n fonds gestig waarin baie geld gestort is, en hy het met verskeie regeringsleiers oor die moontlike vestiging van ᾿n Joodse staat in Palestina gepraat. Hy het ook ᾿n onderhoud met die Turkse sultan gevoer aangesien Palestina in diť stadium onder Turkse beheer was. Hoewel hy nie genoeg geld kon kry om die hele Palestina te koop nie, is groot somme geld aan Turkye gebied om okkupasieregte vir Jode in sekere dele van die land te verkry. Tydens ᾿n besoek aan Palestina kon Herzl net drie dae lank bly, omdat die Arabiere hom wou vermoor toe hulle gehoor het dat hy ᾿n Joodse staat in daardie gebied wou stig.

Theodor Herzl is in 1904 oorlede, en in die dae voor sy heengaan het hy self versoek dat sy Christenvriend en vertroueling, William Heckler, by hom moes wees. Theodor se arbeid was nie tevergeefs nie, omdat die idee van ᾿n eie land reeds onwrikbaar in die harte van baie van die verstrooide Israeliete gevestig was.

Daar was sedert die begin van die 20ste eeu as gevolg van Theodor Herzl se bewusmakingsprogramme ᾿n aansienlike toename in Joodse migrasie na die land van hulle vaders. Immigrante in die kusdorp Jaffa het baie teŽstand van die plaaslike Arabiere gekry. Hulle het langs Jaffa ᾿n stuk grond by die Arabiere gekoop en in 1909 die grondslag vir die eerste Joodse stad in moderne tye gelÍ. Met hulle karige besittings het die eerste 30 gesinne na hierdie kaal heuwel buite Jaffa verhuis en dit Tel Aviv genoem Ė Heuwel van Hoop. Met ᾿n plank het hulle die eerste straat in die gruis geskraap en dit Theodor Herzl-straat genoem. Hulle het eenvoudige kleihuisies vir hulleself gebou om in te woon.

Min het hierdie setlaars geweet dat Tel Aviv van 1948 af tot in 1980 die hoofstad van die herstelde Israel sou wees, en dat Jode uit alle uithoeke van die wÍreld hier sou vestig. Gedurende die onafhanklikheidsoorlog van 1948 het baie Arabiere uit Jaffa gevlug, en in 1949 het Jaffa met die vinnig groeiende Tel Aviv saamgesmelt.

NŠ Herzl se heengaan is die belangrike aanvoorwerk wat hy gedoen het, deur ander Joodse leiers voortgesit Ė ook die samesprekings wat hy met die Britse regering oor die vestiging van ᾿n tuisland vir die Jode gevoer het. Brittanje sou in die jare wat kom ᾿n belangrike rol vervul om die moderne Joodse staat moontlik te maak.

Chaim Weizman Ė die fondamentlÍer

Gedurende die Eerste WÍreldoorlog het Brittanje en die geallieerde magte ᾿n groot krisis in die gesig gestaar as gevolg van ᾿n gebrek aan genoeg plofstof, en as gevolg daarvan gevaar geloop om die oorlog te verloor. ᾿n Onverwagte wending het egter gekom toe ᾿n beroemde Joodse chemikus van die Manchester-universiteit, Chaim Weizman, ᾿n kragtige nuwe plofstof ontdek het. Dit het as TNT bekend gestaan en kon teen ᾿n lae koste vervaardig word. Hy het dit vir die Britse regering aangebied, en dit was een van die deurslaggewende faktore vir die geallieerdes se oorwinning in die oorlog.

Die regering het aan Weizman gevra wat hy graag as beloning wou hÍ. Sy antwoord was: ďEk wil nie geld hÍ nie. Bevry net vir Palestina en laat die Jode toe om daar te vestig.Ē In reaksie hierop is die Balfour-deklarasie op 2 November 1917 uitgereik, waarin daar onder meer gesÍ word: ďDie Britse regering is ten gunste van die skepping van Palestina tot ᾿n nasionale tuiste vir die Joodse volk.Ē

᾿n Maand later is Palestina deur die Britse weermag onder die leiding van genl. Allenby verower. Hoe verskillend was die beleg en inname van Jerusalem nie van diť van Nebukadnťsar in 586 v.C., Titus in 70 n.C. en die Turke in die Middeleeue nie! In die Britse verowering is geen skoot afgevuur en nie ᾿n enkele lewe verloor nie. Genl. Allenby, wat ᾿n ware Christen was, wou niks vernietig in die stad waar die Here Jesus tydens die laaste week van sy aardse bediening gewandel het, gekruisig en begrawe is en uit die dood opgestaan het nie. Hy het die situasie aan koning George verduidelik en advies gevra oor hoe hy moes optree. Die koning het aan hom ᾿n boodskap van net een woord gestuur: ďBid!Ē Dit is ook presies wat die generaal gedoen het, en dit was die geheim vir sy vreedsame oorname.

Die Turke in die stad het skielik baie vreesbevange geraak en ᾿n afvaardiging na die Britse magte gestuur om oor te gee. Toe hulle by genl. Allenby se tent aankom, was hy en sy offisiere juis besig om hiervoor te bid. Op 11 Desember 1917 het genl. Allenby en sy manskappe deur Jerusalem gemarsjeer en vrede en beskerming aan al die inwoners gebied. Op 24 Julie 1922 het die Volkebond aan Brittanje ᾿n mandaat oor Palestina toegestaan. Turkye, wat aan Duitsland se kant was in die oorlog, het al sy regte oor diť gebied verloor.

Sedert hierdie tyd het groot getalle Jode uit alle dele van Europa, AsiŽ en Afrika na Palestina geŽmigreer. Hulle het die land begin opbou en woestynstreke in vrugbare landbou-gebiede omskep. Die Hebreeuse taal het ook weer herleef. Chaim Weizman is as die kommissaris van Palestina aangestel. Hy het ᾿n stabiele regering uit die geledere van die immigrante saamgestel. Toe die Britse mandaat oor Palestina op 13 Mei 1948 verstryk, was Weizman en die ander leiers gereed om volle beheer oor die gebied oor te neem. Hy het aangekondig dat die Joodse staat gestig is, en dat dit as die staat van ďIsraelĒ bekend sou staan. Amerika was die eerste land wat die nuwe staat se onafhanklikheid erken het. Chaim Weizman was tot met sy dood in 1952 die eerste president van Israel, waarna hy deur David Ben Gurion opgevolg is, wat sedert 1948 die eerste minister was.

᾿n Stormagtige geboorte

Die geboorte van die moderne Joodse staat in die nag van 14 Mei 1948 was ᾿n wonderwerk van God, en in die jare daarna was sy reddende regterhand dikwels op ᾿n dramatiese wyse in die lotgevalle van hierdie volk werksaam. Terselfdertyd het Israel se Arabiese bure wat op grond van die Moslem-geloof selfverklaarde vyande van Israel was, in woede en met geweld op hulle nuwe buurstaat in die Midde-Ooste gereageer. Daar is byna sonder ophou doodsdreigemente teen Israel uitgespreek: ďKom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nieĒ (Ps. 83:5). Die meer as 40 miljoen vyandige Moslem-bure van Israel wou hierdie nuwe staat met sy 760 000 Joodse inwoners in die kiem smoor deur dit in ᾿n vroeŽ stadium totaal te vernietig.

Op 15 Mei 1948, toe die Engelse Israel verlaat het, het ses Arabiese state oorlog teen Israel verklaar: Egipte, JordaniŽ, SiriŽ, Irak, Libanon en Saoedi-ArabiŽ. Hulle het hulself uit die staanspoor egter met die Here se ingryping en Israel se militÍre vernuf misreken. In die proses is die twee uiterstes van die tipies Arabiese mentaliteit duidelik geopenbaar. Indien hulle in ᾿n magsposisie is, ontaard hulle onder die leiding van oorlogsugtige tiranne gou in wreedaards en onderdrukkers. Indien daar egter ᾿n sterker mag teen hulle gemonster word, raak hulle totaal gedemoraliseer, hys die wit vlag of slaan op die vlug. Tydens Israel se onafhanklikheidsoorlog in 1948 het 600 000 Arabiere uit die land gevlug, en tydens 1949 se wapenstilstand was die grondgebied van die nuwe staat reeds heelwat groter as ᾿n jaar vantevore. Jerusalem is in ᾿n Jordaniese en Israelse sektor verdeel met die Ou Stad (Bybelse Jerusalem) onder Jordaniese beheer.

Israel het die Palestynse vlugtelinge nie toegelaat om terug te keer nie, en hulle is in kampe in aangrensende Arabiese state (veral in JordaniŽ en Libanon) gehuisves. Hieruit het die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) van Jasser Arafat sy oorsprong gehad, waardeur Palestyne binne ťn buite Israel teen die Joodse staat gemobiliseer is. Morele druk en selfs dwang is ook op Arabiere buite Israel geplaas om hierheen te verhuis en sodoende die geledere van die Palestynse volk kunsmatig te verhoog ten einde sterker interne weerstand teen Israel te kon bied.

Die 1956-oorlog

As gevolg van die onversoenlike houding van Israel se bure was die verhouding met hulle deurentyd gespanne. Hulle wou nie vrede met Israel sluit en diť staat se bestaan formeel erken nie. Van die begin af het grensbotsings aanhoudend voorgekom, die hawe van Eilat is geblokkeer en die Seuzkanaal het vir Israelse skepe gesluit gebly. Die Arabiese state wou ook verhinder dat Israel die Jordaanrivier se water met pypleidings weglei om die Negef-woestyn te besproei.

Die spanning het opgelaai totdat Israel in Oktober 1956 vir Egipte aangeval en die hele Sinai-skiereiland beset het. Deur internasionale bemiddeling het Israel later ingestem om uit die meeste van die besette gebiede te onttrek.

Die Sesdaagse Oorlog

In Mei 1967 het die politieke en militÍre spanning tussen Israel en die Arabiese lande kritiek geraak en alle pogings deur Israel om die toestand te verlig, het misluk. Egipte se leŽrs het in opdrag van president Nasser aanvalstellings in Sinai ingeneem, terwyl die Verenigde Arabiese Republieke (JordaniŽ, SiriŽ en Irak) gesÍ het dat hulle op die punt gestaan het om Israel heeltemal te vernietig. Op 5 Junie 1967 het die Joodse staat egter tot die aanval oorgegaan in ᾿n dramatiese oorlog wat net ses dae lank geduur het.

Op ᾿n wonderbaarlike wyse het die Here aan Israel die oorwinning geskenk. Baie van Egipte se vegvliegtuie is op die grond verwoes nog voordat hulle kon opstyg, en ᾿n groot tenkdivisie het sonder weerstand oorgegee. Israel se Messias-verwagting het sterk opgevlam en hulle het selfs ᾿n stel posseŽls oor ďDie Komende EenĒ uitgereik.

In hierdie paar dae is Bybelse Jerusalem (die Ou Stad, of die Stad van Dawid) asook die aangrensende Wesbankgebied tot teenaan die Jordaanrivier, van JordaniŽ verower en by Israel ingelyf. Die Tempelberg is ook in die verowerde gebied van Oos-Jerusalem geleŽ, en beheer hieroor was ᾿n lank gekoesterde ideaal in Israel. Gevoelvolle tonele het hulle by die Westelike Muur van die Tempelberg (die sg. Klaagmuur) afgespeel, waar Israeli-soldate ťn burgerlikes gebede van danksegging aan God gerig het. Hierdie muur is die enigste oorblyfsel van die tempel wat in die eerste eeu (70 n.C.) deur die Romeine verwoes is pas voordat Israel se internasionale verstrooiing begin het.

Die verhouding tussen Israel en sy bure het egter gespanne gebly omdat geen vrede nŠ die Sesdaagse Oorlog gesluit is nie Ė die gevegte is deur die bemiddeling van die Verenigde Nasies gestaak sonder dat ᾿n formele vredesooreenkoms gesluit is. Aan die begin van 1972 het die toestand sodanig versleg dat Egipte, hierdie keer onder die bewind van president Sadat, weer die vernietiging van Israel aangekondig en vir oorlog voorberei het.

Die Yom Kippur-oorlog

Die Yom Kippur-oorlog het op 6 Oktober 1973 op die Groot Versoendag uitgebreek, wat die belangrikste godsdienstige vakansiedag in Israel is. Die weermag was op hierdie dag gedemobiliseer en dus onkant betrap. Die aanslag aan die Egiptiese en Siriese fronte was besonder hewig en die Russiese wapentuig baie gesofistikeerd. Nadat Israel aanvanklik groot verliese gely het, het hulle gaandeweg beheer oor die situasie oorgeneem en uiteindelik die oorlog gewen. Daarna het daar weer ᾿n relatiewe kalmte aangebreek. NŠ enkele jare het die spanning weer begin oplaai terwyl die Arabiere hernude voorbereidings vir oorlog teen Israel getref het.

Jerusalem as hoofstad

᾿n Baie belangrike baken op die pad van Israel se herstel was die verklaring van Jerusalem tot die ewige en onverdeelbare hoofstad van Israel in 1980, toe die eerste minister, Menachem Begin, sy kantoor van Tel Aviv af hierheen verskuif het. Diť stap is gedoen te midde van oproepe dat Jerusalem ᾿n internasionale status moes hÍ waarin Jode, Moslems en Christene gelyke regte het. Israel kon egter die druk weerstaan en by hulle besluit hou dat hierdie stad, wat sowat 3 000 jaar gelede deur koning Dawid verower is, hulle eie en onverdeelbare hoofstad is. Volgens Lukas 21:24-32 is die herstel van Jerusalem die voorspel tot die apokaliptiese gebeure wat aan die einde van hierdie laaste geslag die wederkoms van die Messias vooraf sal gaan.

Die Arabiese nasies, en veral die Palestyne in Israel, was hoogs ontsteld oor die gebeure in Jerusalem en het ᾿n heilige oorlog (jihad) teen Israel verklaar. Deur die sterk bedingingsmag wat verskeie Arabiese lande se olierykdomme aan hulle bied, het hulle die internasionale gemeenskap beÔnvloed om nie Jerusalem se nuwe status as Joodse hoofstad te erken nie. Hulle intimidasieveldtog was geslaagd, en binne enkele weke is alle internasionale ambassades wat intussen kantore in Jerusalem geopen het, weer terug verskuif na Tel Aviv.

In die kritieke tyd in September 1980, toe ᾿n omstrede Jerusalem deur die nasies in die steek gelaat is, het ᾿n paar honderd Christene vir die eerste keer in die geskiedenis die loofhuttefees in Jerusalem gevier. Ten spyte van die antagonisme wat ortodokse Jode teenoor Christene openbaar, is hierdie gelowiges met ope arms aanvaar op grond van ᾿n Ou Testamentiese profesie dat die nasies in die eindtyd, nadat die Messias gekom het, hierdie fees in Jerusalem sal kom vier (Sag. 14:16-17). By hierdie eerste geleentheid is die Internasionale Christen-ambassade in Jerusalem gestig ten einde Christelike ondersteuning vir Israel te werf en ook Israel se Bybelse mandaat oor hulle land, asook die stad Jerusalem, te erken.

Die vyande van Israel het egter onverpoosd voortgegaan om die land se ondergang te beplan en met die hulp van moderne Russiese wapens voorbereidings vir ᾿n volgende vernietigingsoorlog begin tref. Die vyandigheid teen Israel het telkens weer nuwe momentum gekry.

Die 1982 inval in Libanon

Die gebeure wat in 1980 in Jerusalem plaasgevind het, het hernude spanning tussen Israel en die Arabiere geskep. Jasser Arafat het Moskou besoek en op hoŽ vlak ᾿n Russiese belofte verkry om die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) daadwerklik in sy stryd teen Israel te help. Terwyl daar in Jerusalem feesgevier is omdat die stad vir die eerste keer sedert die Babiloniese ballingskap die hoofstad van ᾿n onafhanklike en vrye Israel was, het die Russe in die Libanese dorp Sidon ᾿n geheime militÍre basis van geweldige afmetings gebou. In die ondergrondse bunkers is genoeg wapens vir ᾿n leŽr van meer as ᾿n halfmiljoen soldate geberg Ė en dit in ᾿n stadium toe daar net 19 000 ďvryheidsvegtersĒ in die PBO was.

Israel was bewus van die magsopbou wat ook in ander plekke in Libanon aan die gang was, en het in 1982 ᾿n militÍre aanval op hierdie land gedoen. Hulle het die wapenopslagplek in Sidon ontdek en 4 000 ton wapens buitgemaak. Hierdeur is ᾿n Russiese plan in sy finale stadium gefnuik om Israel deur Arabiese bemiddeling in te val, tot oorgawe te dwing en die land aan die Palestyne uit te lewer.

As gevolg van SiriŽ se militÍre besetting van Libanon, is hulle ook by Israel se aanval op hierdie land betrek. SiriŽ het egter in die eerste week van die oorlog 80 MIG-vliegtuie verloor wat deur Israelse vegvlieŽniers afgeskiet is, terwyl Israel self nie ᾿n enkele vliegtuig verloor het nie. Weer eens het daar van die Arabiese volke se vernietigingsplanne teen Israel niks gekom nie. Tydens hierdie oorlog is Israel nie, soos in die vorige oorloŽ, van alle kante af aangeval nie. Egipte het sy wankelrige vredesooreenkoms met Israel eerbiedig, Irak was in ᾿n oorlog teen Iran gewikkel en JordaniŽ was bang om Israel sonder genoeg bondgenote aan te durf.

NŠ 1982 het Israel dele van Suid-Libanon militÍr beset ten einde aanvalle op sy grondgebied beter te kon bekamp. In hierdie tyd is die Hizboellah (Party van Allah) met Iranse en Siriese hulp gestig om vanuit Libanon aanvalle op Israel te doen. Hulle word van moderne wapentuig voorsien, insluitend vuurpyle wat deur Iran aan hulle gelewer word. Aanvalle deur Hizboellah-terroriste was een van die belangrike faktore wat daartoe gelei het dat Israel in Mei 2000 sy besetting van Suid-Libanon beŽindig en uit die gebied teruggetrek het.

Die Intifada van die Palestyne

Sedert 1987 het die Palestyne ᾿n binnelandse terroristestryd teen Israel gevoer, wat as die Intifada bekend staan. Een van die strategieŽ wat dikwels deur hulle gebruik word, is selfmoord-bomaanvalle op Israeliís in busse, restaurante en ander openbare plekke. Die groep wat hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik is, is Hamas (die Islamitiese Weerstandsbeweging). Hulle het nŠ Jasser Arafat se dood ᾿n verkiesing teen die Fatah-party gewen en is ᾿n baie radikale Palestynse groep wat nie die bestaan van Israel as ᾿n staat erken nie. Om diť rede is hulle teen vredesooreenkomste met Israel gekant en streef na Palestynse onafhanklikheid met Jerusalem as hoofstad. Alle Palestyne neem aan die Intifada deel, en demonstrasies, brandstigting, klipgooiery, mesgevegte, vuurpylaanvalle, bomaanvalle, hinderlae, ontvoerings, afpersing en sluipmoord-aanvalle is vir hulle deel van die stryd vir die bevryding van Palestina.

In September 2000 het die Intifada teen Israel ᾿n nuwe, verskerpte fase binnegegaan wat sedertdien ook as die Al Aksa Intifada, of die Tweede Intifada, bekend staan. Betogings en onluste het by die Al Aksa-moskee uitgebreek toe die Israelse eerste minister, Ariel Sharon, saam met ander kabinetslede ᾿n besoek aan die Tempelberg gebring het. Die Moslems het dit as ᾿n duidelike gebaar beskou waardeur Israel te kenne gee dat hulle beheer oor die Moslem-oorheerste Tempelberg wou oorneem om die Joodse tempel te herbou. Hernude druk is daarna uitgeoefen om Moslem-beheer oor Oos-Jerusalem te verkry, en uiteindelik oor die hele Jerusalem en groot dele van die Joodse gebiede. Die selfmoord-bomaanvallers word godsdienstig gemotiveer om ᾿n heilige oorlog (jihad) teen Israel te voer, onder die misleidende veronderstelling dat hulle hul oŽ in die paradys sal oopmaak indien hulle sou omkom in bomontploffings waarin Jode of Christene gesterf het.

Die stryd teen Hamas in Gasa

Die Hamas-faksie van die Palestyne voer hoofsaaklik uit Gasa ᾿n offensief teen Israel. Die belangrikste metodes wat hulle in die stryd gebruik, is vuurpyl-aanvalle op Israelse teikens, asook selfmoord-bomaanvalle. Geestelike leiers beloof aan jihadiste wat hulle lewens opoffer, al die voordele en loon van martelaarskap in die hemel, en hierdie misleiding is baie sterk in die Hamas-beweging aanwesig. Hulle leef net vir Israel se ondergang en hoop dat hulle die eer sal hÍ om as martelare in die stryd te sterf. Dit is waarom hulle Israel al jare lank deur vuurpylaanvalle tart en uitlok om ᾿n oorlog teen hulle te verklaar. Sedert Junie 2007 toe Hamas in ᾿n staatsgreep volle beheer oor Gaza geneem en Fatah-amptenare van Mahmoud Abbas verdryf het, het hulle die vuurpylaanvalle op nabygeleŽ dorpe en stede in die suide van Israel aansienlik verskerp. Daar was tye toe hulle tot 600 vuurpyle per week afgevuur het.

Hamas het intussen kragtiger vuurpyle van SiriŽ en Iran af gekry en dit deur tonnels van Egipte se kant af in Gasa ingesmokkel. Hulle kan nou ook groot dorpe soos Askelon, Asdod en Bersheeva tref. Asdod met sy hawe is die vyfde grootste stad in Israel. Bersheeva is die sesde grootste stad en beskik ook oor ᾿n universiteit. Die vrees bestaan dat Hamas nog groter vuurpyle en missiele kan bekom waardeur hulle ook Tel-Aviv en Jerusalem sal kan tref as hulle nie betyds gekeer word nie.

Uit Israel se oogpunt is die skrikwekkende scenario dat sy vyande al hoe meer word en hulle wapentuig al hoe dodeliker. Hamas beoog om die hele suide van Israel uit Gasa met vuurpyle en missiele te bestook. Hizboellah in Suid-Libanon het hulleself herbewapen nadat hulle in 2006 in ᾿n oorlog teen Israel betrokke was. Hulle is nou in staat om die hele noorde van Israel onder die bomme te steek. Israel se militÍre inval in Gasa† in Desember 2008 en Januarie 2009 om vuurpyllanseerstellings te vernietig, is daarna deur ᾿n nog intensiewer program vir herbewapening deur Hamas gevolg.

Leiers met voete van klei

Israel se leiers is stadig maar seker besig om onder die toenemende druk teen hulle te swig Ė nie soseer weens die militÍre bedreiging nie, maar as gevolg van die politieke druk deur die internasionale gemeenskap om hulle land met die Palestyne te deel. Amerika se ďPadkaartĒ met sy tweestaat-oplossing word op hulle afgedwing. Mnr. Sharon het in 2005 ᾿n Joodse onttrekking uit die Gasa-gebied ťn dele van die Wesbank-gebied gelas. Sy opvolger, mnr. Olmert, het met hierdie beleid voortgegaan en selfs die verdeling van Jerusalem tussen Israel en Palestina in die vooruitsig gestel. Joodse leiers se verswakkende politieke wil word deur die vyand uitgebuit om nog groter aanvalle teen Israel te loods.

Mnr. Netanjahu bied sterker weerstand, maar het ook in beginsel die stigting van ᾿n Palestynse staat aanvaar wat groot dele van Israel se tradisionele grondgebied sal insluit.

Die bedreiging uit die noorde

Ernstige onheil is besig om ten noorde en noordooste van Israel op te bou, veral in SiriŽ en Iran. Hierdie lande steun ook die Hizboellah-terroriste, wat in 2006 groot missiel-aanvalle op Israel gedoen en die Joodse staat gedwing het om duisende bomme op hulle skuilplekke in Libanon te laat reŽn Ė sonder veel sukses.

Iran is besig om in een van Israel se mees aggressiewe vyande te ontaard. Openbare oproepe is al by verskeie geleenthede deur hulle president gedoen vir die totale uitwissing van die Joodse staat. Iran is ook met ᾿n kernprogram besig om sy posisie te versterk. Israel se leiers het al in die openbaar gesÍ dat daar in ᾿n stadium militÍre aanvalle op Iran gedoen sal moet word om hulle infrastruktuur vir die ontwikkeling van kernwapens te vernietig.

Die vuur van vervolging

Dit is verbasend dat die pad van Israel se herstel deur soveel internasionale haat, oorloŽ en aanvegtinge loop Ė asook ᾿n stryd binne-in die land. Volgens die Bybel gaan dit nog veel erger word, omdat daar ᾿n tyd van benoudheid vir Jakob voorlÍ (Jer. 30:7). Die Nuwe Testament verwys na hierdie verskriklike tyd as die groot verdrukking (Matt. 24:21).

Die feit is dat Israel in ᾿n ongeredde toestand in hulle land herstel word, om hier in groot benoudheid gebring te word sodat hulle ernstig om hulp tot die Here sal roep Ė net soos wat hulle voorvaders ook in Egipte gedoen het toe hulle erg deur Farao verdruk is. Die Here sÍ dat Hy hierdie ongehoorsame volk in Jerusalem in benoudheid sal bring sodat ᾿n oorblyfsel gered kan word (Eseg. 22:19-20). Al die probleme is dus as ᾿n loutering en toetsing vir Israel bedoel. Tot dusver het hulle as volk nog nie op die toetsing en probleme gereageer nie, daarom gaan hulle probleme in die nabye toekoms nog aansienlik groter word, tot op die punt waarin hulle in hul nood tot die Messias sal roep (Hos. 5:15).

Die benoudheid waarin Israel volgens die wil van die Here beland, is egter geen regverdiging aan hulle vyande om die volk van God te haat en te vervolg nie. Die Here sal Israel se vyande straf weens die feit dat hulle Israel nie geseŽn het nie, maar eerder vervloek en probeer uitwis het. Ten spyte van al die teenkanting van die vyande, asook die ongeloof van Israel self, moet die herstel van God se volk in hulle land onverpoosd voortgaan omdat daar ᾿n groot en verhewe toekoms op ᾿n gelowige oorblyfsel van hulle wag.

Die eksodus uit Rusland

Te midde van al die dramatiese gebeure in die Midde-Ooste het ᾿n groot vyand van die Jodendom, naamlik Rusland, in ᾿n baie ernstige politieke en ekonomiese krisis beland. NŠ bykans ᾿n eeu van Joodse vervolging en streng beperking op emigrasie na Israel, het die kommunistiese diktatuur in hierdie land tot ᾿n val gekom. As gevolg daarvan het die deur in Rusland skielik wyd oopgeswaai sodat groot getalle van die meer as twee miljoen Russiese Jode na die land van hulle vaders kon terugkeer. ᾿n Geweldige uittog het gevolg, en dit is ᾿n letterlike vervulling van die volgende profesie:

ďDaarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat daar nie meer gesÍ sal word: So waar as die Here leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie; maar: So waar as die Here leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland (Rusland, ten noorde van Israel), en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het. Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die Here, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeureĒ (Jer. 16:14-16).

Die groot instroming in Israel word verwelkom, maar dit skep ook ernstige probleme om vir almal blyplek en werk te kry. Baie van die immigrante se versugting teenoor hulle regering is: ďDie plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!Ē (Jes. 49:20).

Die vissers wat deur die Here uitgestuur word, is evangeliste wat Jode na die Messias lei en hulle sterk onder die indruk van God se wil vir hulle herstel na die land Israel bring. Soms word ortodokse Jode ook op hulle plig gewys om na hulle land te gaan en dit te help beskerm en opbou. Hulle verhuis dan in ᾿n ongeredde toestand daarheen. Die jagters wat gebruik word is vyandige groepe en regerings wat die Jode vervolg en toestande vir hulle onleefbaar maak, sodat hulle onder dwang en ter wille van oorlewing na Israel uitwyk.

᾿n Nuwe dag

Die voltooiing van Israel se herstelproses sal heerlik wees. NŠ die donker nag van die komende groot verdrukking sal die hele oorblyfsel van Israel gered wees. Hulle sal dan in ᾿n baie besondere sin ᾿n seŽn vir die hele wÍreld wees (Rom. 11:12). Die Arabiese vyande wat Israel al sedert 1948 feitlik sonder ophou probeer verdelg het, sal in die komende Messiasryk ook Christenvolke wees wat van die intimiderende invloed van Islam bevry sal wees. Hulle sal dan saam met Israel vir Koning Jesus dien:

ďIn diť dag [dit is die dag van die Here in die komende vrederyk] sal daar ᾿n grootpad wees van Egipte na AssiriŽ en AssiriŽrs sal in Egipte kom en Egiptenaars in AssiriŽ; en Egipte sal saam met AssiriŽ die Here dien. En in diť dag sal Israel die derde wees naas [saam met] Egipte en AssiriŽ, ᾿n seŽn in die midde van die aarde, omdat die Here van die leŽrskare hom geseŽn het met die woorde: GeseŽnd is my volk Egipte en my maaksel AssiriŽ en my erfdeel Israel!Ē (Jes. 19:23-25).

Israel sal geseŽnd wees omdat die Messias in hulle midde as die onbetwiste Koning van die aarde uit Jerusalem sal regeer. Die geestelik herstelde volk van God sal dus hoog in aansien wees. Die Here sÍ vir Jerusalem en sy inwoners:

ďUitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm. En jou poorte sal altyddeur oopstaan Ö om na jou aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog. Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en diť nasies sal seker verwoes word. Ö En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel. Ö Van geweld sal daar in jou land nie meer gehoor word nie Ė van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte LofĒ (Jes. 60:10-18).

Die geredde Israel sal hulleself grootliks in die Here verbly en alle nasies evangeliseer (Jes. 12:3-6; 40:9). Hierdeur sal hulle die wÍreld vol vrugte maak (Jes. 27:6) en die Here sal geŽer word (Jes. 28:5). Dit is die wonderlike eindbestemming van die volk van God!