16. Ekonomiese Babilon

(Openbaring 18)

‘n Verwikkeling wat regstreeks met die komende verdrukking in verband staan, is die herbouing van die eens roemryke węreldstad, Babilon, aan die oewers van die Eufraatrivier. As bakermat van die antieke węreld se heidense godsdiens, en ook as ‘n politieke en handelsentrum, moet hierdie stad in die eindtyd weer verrys. Dit is reeds besig om te gebeur. Babilon word sedert 1978 al deur Saddam Hoesein in Irak herbou, en in September en Oktober 1987 is die eerste fase van die herboude stad feestelik ingewy. Dit sluit die beroemde troonsaal van Bélsasar en die pilaargang van Isjtar in, asook hotelle en toeristegeriewe in die nuwe deel van die stad.

Vir Hoesein is Babilon as die eertydse hoofstad van een van die magtigste węreldryke ‘n aansporing om weer die verlore glorie van Babel te probeer herwin. Hy het ook ‘n groot verering vir Nebukadnésar en sien homself as ‘n moderne opvolger van hierdie węreldleier. Dit is ‘n ideaal van hom om oor die hele Arabiese węreld te heers en ook vir Israel te verdelg en weer sy vorste as ballinge in kettings oor die woestyn na Babilonië te sleep.

Die simboliese waarde van Babilon as węreldstad word terdeë in Irak besef. Tydens die openingsfees in 1987 het Irak se minister van oudhede gesę dat Babilon die plek is waar die nasies van die węreld uitmekaar gegaan en verwyderd geraak het. As hulle mekaar weer in ‘n nuwe węreldorde van internasionale eenheid wil vind en versoen raak, dan moet hulle volgens hom terugkom na dié plek waar hulle paaie uitmekaar gegaan het – Babilon!

Om die huidige gebeure in Babilon reg te verstaan, moet dit in die lig van die stad se oorsprong en lang tradisie van rebellie teen God beskou word. Volgens Génesis 10:8-10 het Nimrod vir homself ‘n koninkryk in Babel gevestig. Dit was nie alleen ‘n politieke ryk nie, maar het ook ‘n sterk heidense godsdienstige inslag gehad.

As ‘n geweldenaar en kampvegter vir die mens het Nimrod homself in opposisie teen God gestel. Hy het nie net ‘n koning vir die mens geword nie, maar ook ‘n god. As die bouer van versterkte stede in die land Sinear [dit is Babilonië] is Nimrod as die God van Vestings vereer. Hy is ook Bevryder en Kroondraer genoem, en selfs as die verpersoonliking van die songod gesien wat as die gewer van lig en lewe beskou is. Ná hom het alle Babiloniese en Assiriese konings hulleself vergoddelik. In ander węreldryke, veral in die Romeinse ryk, is hierdie tradisie ook nagevolg. Dit is een van die baie heidense tradisies uit Babilon wat weer in die komende verdrukking sal herleef.

Die Antichris sal presies dieselfde doen, omdat hy homself ook tot God vir die mens sal verklaar. As sodanig sal hy die ware God teëstaan.

Rebellie teen God

Babilon was sedert sy vroegste bestaan die middelpunt en simbool van ‘n God-verwerpende węreldmag wat ‘n alternatiewe, sataniese koninkryk aan die gevalle mensdom gebied het. Vir sy geestelike ankers het die stad na die kosmiese godewęreld uitgereik. Dit word ook deur die naam Babilon weerspieël, wat Poort na die gode beteken. (Ná die taalverwarring is Babilon ook met die begrip verwarring geassosieer). Die poort na die gode was ‘n tempeltoring (ziggurat) waarin die priester opgeklim het om met die gode kontak te maak. Dit was ‘n tempel met ‘n traptoring bo-op. Deur middel van die spiraaltrap rondom die toring kon die bo-punt daarvan bereik word. Dit is deur die priesters gebruik as ‘n plek waar hulle gemediteer en een met die kosmiese węreld geword het. Waarnemings met die oog op sterrewiggelary is ook van daardie uitkykpunte af gedoen. Die vestiging van antieke Babilon word só in die Bybel beskryf:

“En die hele aarde het dieselfde taal gehad… En toe hulle wegtrek na die Ooste, vind hulle ‘n laagte in die land Sinear; en daar het hulle gaan woon… En hulle sę: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie. Toe daal die Here neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. En die Here sę: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. So het die Here hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou” (Gen 11:1-8).

Die vorm van internasionalisme wat in antieke Babilon gevestig is, het taalkundige [en dus ook sosiale] eenheid tussen verskillende volke in die hand gewerk, asook ekonomiese en politieke eenheid. Dit het aan daardie eerste węreldryk ‘n magsbasis gebied wat hulle in staat sou stel om alle ander volke deur dwang by hulle ryk in te lyf, hulle ekonomieë te beheer en hulle  ook by ‘n heidense węreldgodsdiens te betrek. Die mag wat hulle besig was om te bekom, was sodanig dat niks wat hulle van plan was om te doen, vir hulle onmoontlik sou wees nie.

Hierdie bose internasionaliseringsprogram was direk in stryd met God se orde van selfbeskikkende en onafhanklike nasies, daarom het Hy hulle eenheidshervormings op die kommunikasievlak laat verbrokkel en het die verskillende volke elk op hulle eie gaan woon sonder oorheersing deur ander. In dié situasie sou hulle nie net polities en ekonomies vry wees nie, maar ook godsdienstig vry om sonder dwang te besluit of hulle die ware God of die afgode wou dien.

Ten spyte van die verbrokkeling van die antieke Babiloniese ryk het Satan nooit sy planne vir ‘n alternatiewe węreldorde van internasionale eenheid, in assosiasie met ‘n valse węreldgodsdiens, laat vaar nie. Telkens in die geskiedenis is satanies-geďnspireerde pogings tot dié effek hervat. Die Babiloniese ryk is eers deur die Assiriese ryk opgevolg, en daarna deur die herstelde Babiloniese ryk van Nebukadnésar.

Hulle het dieselfde beginsels van magspolitiek, die onderwerping en inlywing van ander volke, gedwonge integrasie en ook die inskakeling by ‘n okkultiese staatsgodsdiens geďmplementeer. Hierna het die Meders en die Perse, die Grieke en die Romeine dieselfde model van węreldheerskappy gevolg, en sal die komende Antichris dit ook op ‘n oortreffende wyse in sy węreldregering doen. Die gees en invloed van Babilon leef dus voort tot in die eindtyd, omdat Satan aanhou met sy strategie vir die vestiging van ‘n goddelose en arrogante węreldleier wat deur die mensdom vereer, nagevolg en aanbid moet word. Die huidige optrede van Irak, sy magspolitiek en rebelse houding teenoor Israel en die Christendom, is ook eg Babilonies.

            Die Here se orde vir nasies bly, soos ook in die Nuwe Testament herbevestig, die bestaan van onafhanklike nasies wat duidelik van mekaar begrens is en dus self aanspreeklikheid vir hulle beleidsrigtings en dade moet aanvaar:

“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het" (Hand. 17:26).

God se orde vir die nasies en die Babiloniese orde staan steeds teenoor mekaar in die węreld.

God se oordele oor dié stad

In die lig van die voortgesette werkswyse van die koninkryk van die duisternis, rus God se oordele ook nog steeds op Babilon en sy bose metodes. Die absolute aard van die oordele wat die Here in die Ou Testament oor Babilon aangekondig het, is nog nooit ten volle vervul nie.

Babiloniese sameswerings, m.a.w. pogings tot die vestiging van onderdrukkende węreldregerings, is nog nooit permanent beëindig nie, en het by herhaling in die geskiedenis voorgekom. Hieruit is dit duidelik dat die finale oordeel oor Babilon en sy antichristelike stelsel van węreldheerskappy, nog toekomstig is. Dit word met profesieë oor die dag van die Here verbind, wat wesenlik eindtyds is. In die lig hiervan is dit duidelik waarom die Antichris se węreldgodsdiens én sy węreldryk in Openbaring 17 en 18 ook Babilon genoem word. Die vernietiging hiervan in die komende verdrukking sal die finale vernietiging van die eeue oue Babiloniese sameswering van Satan wees.

Profesieë oor die val van Babilon is só duidelik en absoluut dat daar geen tydperk in die vroeëre of latere Babiloniese en Assiriese geskiedenis aangetoon kan word toe dit ten volle vervul is nie. Vergelyk die volgende uitsprake:

“So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het. Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lę en rus nie. Maar daar sal boskatte lę, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring. En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in sy vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom” (Jes. 13:19-22).

Jeremia sę oor die verwoesting van Babilon:

“En hulle sal uit jou geen klip neem vir ‘n hoek of ‘n klip vir fondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees, spreek die Here… Gaan uit hom uit, my volk, en red elkeen sy lewe van die toorngloed van die Here! En Jeremia het vir Serája gesę: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde; en sę: O Here, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees. En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ‘n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi en sę: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring” (Jer. 51:26, 45, 61-64).

Dr. J.A. Seiss het in sy Lectures on the Apocalypse in 1865 reeds gesę dat die letterlike stad Babilon herbou sal moet word sodat die Here dit soos Sodom en Gomorra totaal kan vernietig om van geslag tot geslag nooit weer bewoon te word nie. Hierdie vernietiging is ‘n eindtydse gebeurtenis wat volgens Jesaja 13:6 in “die dag van die Here” sal plaasvind en met die slag van Armagéddon aan die einde van die groot verdrukking sal saamval.

Clarence Larkin het in sy boek Dispensational Truth in 1918 aangetoon dat Babilon nog nooit heeltemal vernietig en onbewoon was nie. Jeremia (51:26) se profesie dat daar ná die finale vernietiging geen boustene van Babel se ruďnes gebruik sal word nie, moet nog vervul word. Inderwaardheid is talle dorpe en stede reeds met boustene uit die puinhope van Babel opgerig, insluitende vier hoofstede. Voordat die huidige herbouing van Babilon in 1978 begin het, is daar ook deur mense in die omgewing aansienlike hoeveelhede bakstene vir bouwerk van dié terrein af verwyder. Die feit dat van die ou fondamente tans weer herbou word, dui ook daarop dat Babilon se finale vernietiging nog toekomstig is.

Internasionale sentrum

As ekonomiese, politieke en vermaaklikheidsentrum sal die herboude Babilon volgens Openbaring 18 teen die einde van die groot verdrukking ‘n groot rol speel. Daar kan verwag word dat wanneer die Antichris dit tot sy hoofstad verklaar, bouprojekte gelyktydig deur alle nasies daar onderneem sal word om hulle diplomatieke en ekonomiese gesantskappe te akkommodeer. Die stad sal ‘n kosmopolitiese karakter aanneem, en in die kort ryk van die dier ‘n samevloeiingspunt vir verskeie tale en kulture wees.

Hier het die verskillende volke met die taalverwarring uitmekaar gegaan, en dit sal nie verbasend wees as ‘n poging aangewend word om hulle weer hier bymekaar te bring nie! Soos Babilon van ouds, moet hulle deur ‘n gemeenskaplike visie en die najaag van gemeenskaplike ideale in ‘n nuwe eenheidsverband saamgevoeg word. In die dae van antieke Babilon, 4 500 jaar gelede, is die heel eerste Verenigde Nasies-konferensie op rekord op die vlaktes van Sinear gehou. Die afgevaardigdes het gesę:

“Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie” (Gen. 11:4).

In moderne tye sal hierdie deklerasie van voorneme moontlik só klink:

“Kom, laat ons saamwerk en vir ons in die middelpunt van die aarde, tussen die Ooste en die Weste, ‘n stad bou wat ‘n simbool van węreldeenheid sal wees. Laat ons ‘n universele godsdiens beoefen waarin die mens onbeperkte geleenthede het om op die leer van goddelikheid uit te styg. Laat ons vir onsself een monetęre stelsel, een regering en een maatskaplike orde van węreldburgers vestig. Alleen dán sal daar harmonie en eenheid onder alle mense wees, en sal hulle nie in selfgesentreerde en onafhanklike nasionale groepe oor die aarde verstrooi raak en mekaar beveg nie.”

Die ideologie van die moderne toring van Babel is węreldwyd reeds goed gevestig. Die finale implementering daarvan sal in groot haas en te midde van koorsagtige entoesiasme geskied. Teen die einde van die groot verdrukking sal die boosheid in Babilon geen perke ken nie en van kwaad tot erger voortwoed. Openbaring 18:5 sę dat die sondes van Babilon, soos dié van Sodom en Gomorra, tot aan die hemel sal reik. Hulle sal die maat van hulle sondes vol maak.

Saddam Hoesein en die herbouing van Babilon

Hoewel Saddam Hoesein ‘n groot rol in die aanvoring van Babilon se herbouing gespeel het, is hy maar net een van die baie voorlopers van die Antichris. Die volgende eienskappe van die Antichris kan ook in hom waargeneem word:

·      Hy bou skrikwekkende wapenarsenale op, insluitende chemiese en bakteriologiese wapens.

·      Hy koester geweldige Jodehaat en verag ook die Christendom.

·      Hy is teen gematigde Arabiere gekant wat nie sy radikale beleidsrigtings steun nie.

·      Hy is ‘n diktator wat sy eie mense én ander nasies harteloos onderdruk.

·      Hy het geen probleem om ‘n węreldoorlog te ontketen en groot rampe te veroorsaak nie.

·      Hy herbou Babilon as deel van sy pogings om die roem van Nebukadnésar se Babiloniese ryk te laat herleef.

Die drome van Saddam Hoesein sal nie tydens sy eie bewind verwesenlik word nie, maar wanneer die Antichris kom sal hy op ‘n dramatiese wyse die ryk van Babel herstel en hierdie drome vir ‘n tyd lank waar maak.

Geen plaasvervanger vir Babilon

Die duidelike aard van die profesieë oor Babilon maak dit nie moontlik om dit op ‘n ander stad of land oor te dra nie. Daar is Bybelverklaarders wat beweer dat Rome die plek van Babilon inneem, terwyl daar ook diegene is wat die betrokke profesieë op die Verenigde State van Amerika as die groot handelsland van die eindtyd oordra. As gevolg hiervan beweer hulle dat Amerika binne een uur in ‘n kernaanval vernietig gaan word.

Dit is egter alles voorbeelde van ‘n onbybelse vervangingsteologie. Babilon is nog steeds waar dit in antieke tye was, en word trouens weer herbou. Wat meer is, hierdie stad is in die algemene landstreek wat die Bybel as die oorsprong van die Antichris aandui. Hy is die Assiriër of die Koning van die Noorde (Jes. 10:12-14; Dan. 11:31-45).

Hou eerder verwikkelinge in die Midde-Ooste dop, veral in Israel, Sirië en Irak, asook in stede soos Jerusalem en Babilon, want die openbaring van die Antichris sal hier plaasvind.

Hoewel die moderne Babilon nie lank herbou sal wees wanneer die Antichris dit tot sy węreldhoofstad verklaar nie, sal dit die bakermat en polsslag van die komende neo-Babiloniese węreldsamelewing met sy sonde-kultuur wees. Die Antichris se drie magsbasisse sal hier gevestig word deurdat die węreldregering, die elektronies-beheerde internasionale markte, asook die alliansie van węreldgodsdienste, hier gevestig sal word. In Sag. 5:5-11 word gesę dat die godsdienssentrum vir die vrou wat goddeloosheid genoem word, in Sinear [Babilonië] opgerig sal word. Babilon sal dus die setel van die sataniese nuwe węreldorde wees.

Die vernietiging van Babilon

Aan die einde van die groot verdrukking sal die finale ondergang van die herboude Babilon skielik aanbreek. Johannes stel dit in Openbaring 18 só:

“En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag… En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesę: Geval, geval het die groot Babilon en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

“En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sę: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hę en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou…

“…haar plae [sal] op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel. En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging en sę: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom! … En elke stuurman en die hele menigte op die skepe, en die matrose en almal wat die see bevaar, het ver weg gaan staan en het uitgeroep toe hulle die rook van haar verbranding sien…

“En een sterk engel het ‘n klip opgetel soos ‘n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesę: So, met ‘n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie… want deur jou towery is al die nasies verlei. En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind.

Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat daar nie van ‘n geleidelike verval en agteruitgang van die stad oor eeue heen gepraat word nie. Die vernietiging van Babilon sal in een uur plaasvind. Soos in die geval van Sodom en Gomorra, sal dit deur vuur verteer word. Dit sal met ‘n groot aardbewing en aanhoudende donderslae en weerlig gepaard gaan, soos in Openbaring 16 beskryf:

“En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie – so ‘n geweldige groot aardbewing… En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn” (Op. 16:18-19).

Wanneer hierdie aardbewing plaasvind, sal die aarde ook onder Babilon oopskeur en terselfdertyd sal die stad deur vuur en swael verteer word. Dit sal met ‘n gedruis in ‘n poel van vuur wegsink om nooit weer opgebou of bewoon te word nie. Die rook van haar verbranding sal donker wolke oor die vlaktes van Sinear vorm wat selfs van skepe af op die Persiese Golf gesien sal kan word. Die handelaars en seevaarders sal almal die verwoesting van hierdie stad met sy rykdom, prag en praal beween.

Op die plek waar Babilon gestaan het, sal net ‘n verlate krater wees. Oorblyfselfs van sy verwoeste paleise en kastele sal in die krater gesien kan word, maar dit sal net ‘n skuilplek vir demone, wilde diere en onrein voëls wees. ‘n Onheilspellende stilte sal gedurende die vrederyk hier heers, en niemand sal ooit weer hier woon of selfs net hier oornag nie. Die Arabiese veewagters wat in die omgewing vertoef, sal sorg dat hulle in die aand voor donker van hierdie grillerige plek af weg is (Jes. 13:19-20).

Dit is die uiteinde van ‘n koninkryk, ‘n ideologie én ‘n gemeenskap wat die rug op God gedraai, sy gesag en genade versmaai, en in openlike rebellie teen Hom geleef het. In węreldryke van hierdie aard, asook in ‘n valse węreldgodsdiens waarin verhoudinge met heidense godsdienste gesmee word, het die kinders van God niks verloor nie. Die opdrag aan hulle is duidelik:

“Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hę en van haar plae ontvang nie” (Op. 18:4).

Dit is skrikwekkend en haas ondenkbaar dat die moderne węreldleiers ten spyte van al die historiese feite tot hulle beskikking, sowel as die profetiese voorkennis in die Bybel, voortgaan om ‘n Babiloniese nuwe węreldorde te vestig. Behalwe vir die onwerkbaarheid daarvan, skep hulle duidelik die strukture vir die Antichris se węreldregering, węreldgodsdiens en węreldekonomie. Die Europese nasies bou geesdriftig saam aan die eindtydse Babiloniese węreldregering deur van hulle nasionale soewereiniteit afstand te doen en ‘n belangrike deel van hulle regeringsmagte aan die Europese Parlement oor te dra. ‘n Gemeenskaplike Europese geldeenheid is reeds in gebruik en baan die weg vir nog meer en verreikende hervormings in die toekoms.

Terselfdertyd word in die res van die węreld strukture vir Asiatiese eenheid, Arabiese eenheid, Amerikaanse eenheid en Afrika eenheid geskep. Wanneer hierdie strukture sterk genoeg funksioneer, sal hulle as laaste stap hulle krag en mag ter wille van węreldeenheid saamvoeg.

In die komende Europees/ Midde-Oosterse ryk sal die verskillende leiers van al hulle magte afstand doen en dit aan die Antichris oordra:

“Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier" (Op. 17:13).

Dieselfde sal ook deur ander węreldleiers gedoen word, en saam sal hulle aan die Antichris se nuwe węreldhoofstad, Babilon, bou. Dit wat deur hulle as ‘n simbool van vrede, eenheid en internasionale versoening gesien sal word, sal Satan se groot eindtydse komplot wees om die hele węreld onder sy direkte beheer te kry. Oor hierdie bose, Babiloniese ryk sal God se oordele nie sluimer nie.