Josua: n Ou-Testamentiese Tipe van Jesus

Prof. Johan Malan, Mosselbaai (Oktober 2012)

Die naam Josua kan ook uitgespreek word as Jeshua of Jehoshua, en beteken Jahweh is Verlossing. Dit is dieselfde naam as di van die Messias, Jesus. Josua was aanvanklik die dienaar van Moses (Num. 11:28), later sy lerowerste (Ex. 17:9-10), en uiteindelik sy opvolger as die leier van Israel (Deut. 1:38).

Josua het n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanan het van hom n besondere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wreld uit die slawerny van sonde te bevry.

Deur sy versoeningsoffer aan die kruis het Jesus dit vir sy dissipels moontlik gemaak om in sy oorwinning te deel en met sy Heilige Gees vervul te word. Dit stel hulle in staat om staande te bly teen die liste van die duiwel en om die evangelie van verlossing in n vyandige wreld aan alle nasies te verkondig. Terwyl Josua se leierskap in n voorlopige en beperkte sin vir Israel voordele ingehou het, was Jesus se verlossingswerk volkome en op n wreldwye skaal van toepassing sodat gelowiges uit alle nasies deel van sy koninkryk kan word en hulle volle geestelike erfenis geniet.

Josua se lewe en werke was n skadubeeld van dit wat Israel se groot Verlosser veel later sou doen. Uit n tipologiese studie van sy leierskapsrol en prestasies kan ons baie leer van dit wat Jesus Christus vir Nuwe-Testamentiese gelowiges gedoen het. In hierdie studie sal baie aandag gegee word aan die wyse waarop geestelike beginsels in die boek Josua tydens die koms van Christus vervul is.

Die belangrikste kenmerk van Josua se lewe was dat hy die Gees van God gehad het (Num. 27:18). Hy het die Here geer en homself tot die diens van Moses gestel sodat hy aktief kon inskakel by die uitvoering van God se plan met Israel. Die uittog uit Egipte was nie net vir hom n fisiese bevryding uit slawerny nie, maar ook n geestelike bevryding uit oorheersing deur n sondige en heidense volk, sodat Israel die Here in hulle eie land en as n vrye volk kon dien. Omdat Josua die Here geer en gedien het, het die Here hom as leier verkies om groot verlossingsdade vir sy volk te doen.

Tydens hulle uittog uit Egipte het Israel nie self enige deel gehad aan die beindiging van hulle slawerny nie hulle moes net gehoorsaam wees en die Here se riglyne oor die slag van die paaslam nakom. Die Here het Israel deur sy sterk mag verlos. Hierdie daad van uitredding is n tipe van ons verlossing uit sonde ons moet net ons geloof in die Here stel en ons sondes teenoor Hom bely. Hy sal ons dan deur die bloed van die Lam reinig en ons sal ervaar hoedat Hy al die bande van sonde en ongeregtigheid in ons lewe verbreek.

Josua se leidende rol in die stryd teen malek

n Deurlopende aspek van Josua se lewe is dat hy betrokke was by n fisiese stryd wat net n heenwysing was na n geestelike stryd wat alle gelowiges moet voer totdat hulle uiteindelik hulle volle erfenis in die Here verkry het. Kort nadat Israel uit Egipte uitgered is, het hulle by Rfidim, wat Rusplek beteken, in n konfrontasie met die magte van malek beland. Vyandige ruiters het die Israeliete wat stadig gevorder en agter geraak het, ingehaal en doodgemaak. Insypelaars het dus binne-in die laer ingekom en die agterstes, wat vir hulle die maklikste teiken was, aangeval. malek is n tipe van die duiwel wat God se volk van binne af aanval, daarom is hy n voorstelling van die inwonende sondige natuur wat oorwin moet word. Farao is n tipe van die duiwel wat ons van buite af aanval, wil oorheers, verslaaf en doodmaak. Nadat die Here vir Israel van Farao verlos en sy mag oor hulle gebreek het, moes hulle dringend ook oorwinning oor hulle ander vyand, malek, behaal. Josua is as lerowerste aangestel in hierdie stryd:

En Moses het aan Josua ges: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen malek. Mre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand. En Josua het gedoen soos Moses aan hom ges het, om te veg teen malek. Maar Moses, Aron en Hur het op die top van die heuwel geklim. En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was malek die sterkste. Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle n klip geneem en dit onder hom neergel, dat hy daarop kon sit. En Aron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder. En Josua het malek en sy volk met die skerpte van die swaard n neerlaag toegebring. Toe s die Here vir Moses: Skrywe dit as n aandenking in n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van malek onder die hemel heeltemal sal uitdelg. En Moses het n altaar gebou en dit genoem: Die Here is my banier. En hy het ges: Waarlik, die hand op die troon van die Here! Oorlog het die Here teen malek van geslag tot geslag (Ex. 17:9-16).

Die stryd teen malek was besonder hewig. Wanneer Moses sy hande senend omhoog gehou het, het Josua en sy manskappe vir malek teruggedryf. Wanneer Moses sy hande laat sak het, is Josua weer deur malek teruggedryf. Dit is n tipiese situasie van val en opstaan. As n oplossing hiervoor het Aron en Hur Moses se hande omhoog gehou en is malek deur die skerpte van die swaard n neerlaag toegedien. Aron, die priester, is die verpersoonliking van gebed, terwyl Hur witheid, reinheid, of heiligheid beteken. Die stryd teen die vlees kan nie sonder voortdurende gebed en n oorgawe tot heiligheid gewen word nie.

Dit is opvallend dat die stryd teen malek nooit ophou nie, maar van geslag tot geslag voortduur. Elke nuwe geslag mense moet van die inwonende, sondige natuur verlos word. Binne die verband van elke geslag is dit ook n voortdurende stryd, omdat die vlees gekruisig moet bly en nie toegelaat moet word om weer sy verlore beheer oor ons lewe terug te kry nie. Die Here Jesus het ges: As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg (Luk. 9:23). Wanneer malek verslaan is en ons die oorwinnende lewe deelagtig geword het, moet ons voortdurend aan die kruisdood van Christus gelykvormig word sodat ons deur die Gees kan bly wandel, en nie deur die vlees nie.

Josua het hierdie oorwinning behaal, maar dit was afhanklik van Moses se voortgesette voorbidding en betrokkenheid by die stryd. N die koms van Jesus is Hy die lerowerste van die Here wat aan ons die oorwinning skenk, maar dan moet ons voortdurend waak en bid en ook volhard in heiligmaking. As ons dit nie doen nie, kan malek weer sy stempel op ons lewe begin afdruk en ons laat terugval.

Hoe verlos ns Josua, Jesus, ons van malek (die sondige natuur in ons)? Dit het tog niks met n fisiese konfrontasie te doen nie! By Rfidim word ook n antwoord verskaf op die geheim vir geestelike oorwinning. Moses het opdrag gekry om n rots te slaan sodat water daaruit kon vloei om die volk se dors te les (Ex. 17:1-6). Hierdie rots was n tipologiese heenwysing na Jesus. Paulus s dat Israel gedrink het uit n geestelike rots, en die rots was Christus (1 Kor. 10:4). Toe Moses die rots geslaan het, is dit geklief en n stroom water het daaruit gevloei. Die water verwys na die Heilige Gees, daarom het Jesus ges: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif s: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy ges van die Gees wat di sou ontvang wat in Hom glo (Joh. 7:37-39).

Die klief van die rots dui op die kruisiging van Jesus, en hierin is die geheim vir wedergeboorte n die oorwinnende lewe gele. Christus vergewe nie net ons sonde op grond van sy soendood nie, maar die kruis is ook n doodsinstrument waarmee ons die vlees kan oorwin en afsterf. Daarom roem Paulus in die kruis van Christus, deur wie die wreld vir hom gekruisig is en hy vir die wreld (Gal. 6:14). Op grond van Jesus se kruisdood is die Heilige Gees uitgestort om aan ons lewe n oorvloed van lewe te gee. Hy bekragtig ons om die oorwinnende lewe te lei en deur die Gees te wandel, want dan sal ons nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Gal. 5:16). Is Jesus net jou Verlosser of ook jou Heiligmaking?

Josua se noue assosiasie met Moses by Sinai

Josua was altyd ten nouste betrokke by die geestelike aspek van sy volk se verlossing, en daarom het hy by alle geleenthede n ondersteunende rol in Moses se leierskap gespeel. Hy het werklik n veranderde hart gehad, daarom het hy God in gedagtenis gehou en altyd n geestelike perspektief op alle probleme gehad. Toe Moses op die berg geklim het om deur God onderrig te word oor hoe Israel as sy volk moes leef, het Josua hom vergesel (Ex. 24:13-14; 32:17).

Tydens Moses en Josua se afwesigheid het die volk in afgodediens verval: Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aron versamel en vir hom ges: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. En Aron s vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. ... En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar n gegote kalf van gemaak. Daarop s hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het (Ex. 32:1-4).

Afvallige gelowiges raak gewoonlik by afgodediens betrokke omdat hulle n alternatiewe vorm van godsdiensbeoefening soek wat nie-veroordelend en verdraagsaam teenoor sonde is, en gevolglik minder voorskriftelik en sosiaal meer aanvaarbaar is. In moderne tye bestaan afgodediens nie net uit die verering van sekere gode of afbeeldings van godsdienstige leiers nie, maar kan ook die vorm aanneem van verslawing aan mag, rykdom of drankmisbruik. Sulke persone is dan dienstig aan die wyngod (Bacchus), die geldgod (Mammon), of ander soortgelyke gode. In werklikheid is di mense hulle eie god en die bepalers van hulle eie lotgevalle, daarom doen hulle eenvoudig net wat hulle wil.

Israel het vir hulle n goue kalf gemaak en hierdie dooie voorwerp aanbid as die god wat hulle uit Egipte gelei het na die vryheid van n ongebonde bestaan. Hulle het n godsdiensleier sonder sterk beginsels gekry om die kalf vir hulle te maak. Dieselfde situasie heers vandag nog op geestelike gebied. Afvallige gelowiges wat na laer standaarde streef, kry vir hulle teolo wat nie meer aan die drie-enige God van die Bybel glo nie, om vir hulle n ander God en n ander Jesus te konstrueer wat vir hulle meer aanvaarbaar is.

Die nuwe God is die universele god van alle gelowe wat homself ook deur ander godsdienste en hulle heilige geskrifte geopenbaar het. Die nuwe Jesus is die historiese Jesus wat nie maagdelik gebore is nie; nie God is nie; nie die straf vir ons sonde aan die kruis betaal het nie; nie uit die dood opgestaan en ook nie na die hemel opgevaar het nie. Hierdie nuwe gode bied aan die mensdom die vryheid om sonder enige gewetenswroeging te doen net soos hulle lus het. Almal kan hande vat en een word, omdat niemand van hulle sterk beginsels en duidelike Bybelse oortuigings het nie. Dit is die tydgees van afvalligheid waarteen Paulus gewaarsku het, wanneer mense die gesonde leer van die Bybel sal verwerp en vir hulle n menigte leraars sal versamel wat die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels (2 Tim. 4:3-4).

Moses en Josua het Israel se afgodediens sterk veroordeel. Hierdie sonde het die toorn van die Here ontlok en dit het tot die dood van 3 000 Israeliete gelei (Ex. 32:28). Die vraag is: hoe tree ons op in gevalle van grootskaalse afvalligheid in ons eie volk, en veral ook onder predikante en teolo? Staan ons by die enkele manne van God wat hulle teen hierdie dwalings uitspreek, of volg ons die populre denke van die meerderheid waarin valse, mensgemaakte leerstellings goedgepraat word? n Duidelike keuse moet tussen die waarheid en die leuen gemaak word. Die eer van die Here is op die spel en ons toekoms hang daarvan af. Moenie tot jou eie ondergang saam met die stroom van goddeloosheid afdryf nie, maar neem n standpunt in teen die tydgees van verval en verdedig die integriteit van God se Woord ten alle tye.

Josua se rol as verspieder

Aan die grens van die land Kanan het Moses twaalf verspieders uitgestuur om die land te gaan verken en dan terug te rapporteer. Josua was een van hierdie verspieders (Num. 13:17-20). Die groot meerderheid van die verkenners (tien van die twaalf) het bevrees geword vir die inwoners van die land en Israel afgeraai om die land in besit te probeer neem. Na die 40 dae van verkenning het hulle s aan Moses verslag gedoen:

Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dt is sy vrugte. Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien. Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kananiete woon by die see en aan die kant van die Jordaan. Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en ges: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig. Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het ges: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons. So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te s: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne. Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons o; so was ons ook in hulle o (Num. 13:27-33).

Josua en Kaleb het egter die volk moed ingepraat en probeer om hulle vertroue in die almag van God te herstel: En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en ges: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is n buitengewoon goeie land. As die Here n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, n land wat oorloop van melk en heuning. Wees net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie! Toe s die hele vergadering dat hulle gestenig moet word (Num. 14:6-10).

Moses het ook bevestig wat Josua en Kaleb ges het: Die Here julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle o met julle in Egipte gedoen het en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die Here jou God jou gedra het soos n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het. Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo in die Here julle God nie (Deut. 1:30-32).

Die groot aantal Israeliete wat nie geglo het dat God die land Kanan aan hulle kon gee nie, is weens hulle ongeloof van die Here se beloftes uitgeskakel. Daardie hele ou geslag wat in ongeloof verval het, Josua en Kaleb uitgesonder, het in die woestyn gesterf. Net lede van die jong geslag het onder die leiding van Josua n nuwe oorgawe aan die Here gemaak en was waardig om die land in besit te neem. Die Here het vir die ongehoorsame geslag ges: Waarlik, jlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefnne, en Josua, die seun van Nun (Num. 14:30). Sonder geloof kan niemand die Here behaag nie (Heb. 11:6), daarom het Hy van die ongelowige geslag ges: Sterwe sal hulle in die woestyn! (Num. 26:65).

Die verkenning van die Beloofde Land was sedert hulle uittog uit Egipte n ernstige en baie belangrike stadium in Israel se geestelike ontwikkeling. Nadat hulle uit Egipte verlos is, het hulle vir 18 maande lank deur n intensiewe geestelike leerskool gegaan om hulle geloof te versterk en hulle op die pad van oorwinning te plaas. Hulle het egter nie hierdie geloofslesse ter harte geneem nie, en was in hulle gees nog steeds vreesagtige twyfelaars. Hulle het vergeet van die bloed van die paaslam waaronder hulle in Egipte geskuil het, van die Here se kragtige dade by die Rooi See, van sy wonderwerke in die woestyn, van die groot oorwinning wat Josua oor die magte van malek behaal het, en van die jaar by Sinai toe hulle die wette en voorskrifte van die Here ontvang het.

Indien Israel die Here se onderwysing aanvaar en hulle geloofslewe daarby aangepas het, sou hulle in hierdie stadium geestelik sterk en goed voorbereid gewees het om die volgende groot uitdaging te aanvaar. Hulle het eers die situasie met betrekking tot die pad vorentoe beoordeel voordat hulle n finale standpunt daaroor ingeneem het. Twaalf verspieders is uitgestuur, maar hulle verslae het die volk voor n moeilike keuse gestel. Die probleme het vir hulle baie groot en onoorkomelik gelyk, en vertroue in die Here se almag was vir hulle soos n veraf droom wat dalk nooit sou realiseer nie. Israel se kwynende geloof in die God wat wonders doen, was so laag dat hulle selfs die twee Godvresende verspieders wou stenig omdat hulle die volk probeer oorreed het om die stryd teen die vestings van die Bose in die Naam van die Here aan te knoop.

Dit was vir ongelowige Israel verkiesliker om permanent in die woestyn te vertoef, eerder as om hulle erfenis oorkant die Jordaan saam met die Here in besit te neem. Baie van hulle was selfs bereid om eerder na Egipte terug te gaan en weer slawe van Farao te word. Hulle het die maklike uitweg van geen weerstand verkies, en as gevolg daarvan hulleself geestelik onbeskryflik verarm, selfs tot op die punt dat hulle totaal onwaardig was om die Here se beloftes van ryke sen te berf.

Die moderne Christendom is in presies dieselfde situasie. Ons beskou onsself as Christene wat reeds uit die Egipte van n sondige verlede verlos is. Soos in die geval van Israel, is baie van die lidmate van Christelike kerke net vormgodsdienstiges sonder n getuienis van wedergeboorte. Hulle is meelopers wat net n uiterlike gedaante van godsaligheid het, maar meestal in stryd met God se Woord optree. Die ander is wel gered, maar nog in die babaskoene van hulle geloofslewe. Net n klein groepie is geestelik volwasse omdat hulle van heiligmaking n bekering kan getuig, en doelgerig voortgaan om al die beloftes van die Here in die geloof aan te neem.

Die geestelike probleme en insigloosheid van die meerderheid gelowiges lei daartoe dat hulle inherent afhanklik is van godsdienstige leiers wat die pad vorentoe vir hulle moet aandui. Soos Israel, stuur hulle ook verkenners uit om die pad wat voorl te ondersoek en dan raad oor gepaste optrede aan die volk te gee. Hierdie verkenners is teolo, predikante en Christelike skrywers. Hulle bestudeer die Bybel, gee riglyne, stel leerstellings op en gee raad. Sommige van hulle het baie invloedryk geraak en kerkvaders geword, bv. Augustinus, Calvyn en Luther.

Dit is in hierdie situasie dat die duiwel aansienlike invloed verkry het deur miljoene mense te mislei, geestelik te beroof en op n verkeerde pad te plaas. Net soos in die geval van Israel, gee die meerderheid van die moderne verkenners heeltemal verkeerde raad aan die volk. Hulle fokus nie op volle verlossing in Christus nie en beskou daarom die land Kanan, naamlik die oorwinningslewe, as n totaal onbereikbare ideaal en s aan hulle volgelinge dat hulle swak mense is wat nooit volkome oorwinning oor sonde en vleeslikheid sal verkry nie. Hulle moet hulleself versoen met die idee dat hulle nou eenmaal sondaars is en met die woestynlewe voortgaan. Hulle is tog uit Egipte verlos en moet daarby berus. Hulle moet nie na die dieper lewe soek nie, want dit is nie vir hulle beskore nie.

Ken jy hierdie soort taal wat nie net fatalisties is nie, maar ook spreek van ongeloof oor verskeie Bybelse beloftes? Sulke teolo en kerkvaders ondermyn die geloofwaardigheid van die Bybel omdat hulle hoofsaaklik op ontkenning ingestel is. Nie almal van hulle ontken alle Bybelse leerstellings nie, aangesien sommige van hulle wel die verlossingsleer erken, soos uitgebeeld deur Israel se verlossing uit Egipte. Hulle volstaan egter hierby, ontken dat daar nog n oorgang na die Land van Belofte is, en sluit hulleself sodoende van talle Bybelse beloftes uit. Weens hulle selfopgelegde teologiese beperkings ontken hulle die volgende leerstellings en beloftes in die Bybel, want hulle beweer reguit: Daar is nie n verdere genadewerk van hartsreiniging en vervulling met die Heilige Gees nie omdat alle Christene reeds die Gees in sy volheid ontvang het; daar is nie so iets soos vleeslike Christene wat hoofsaaklik deur die vlees wandel nie; daar is nie n wegraping, n persoonlike Antichris of n letterlike verdrukking van sewe jaar nie; Israel is nie meer God se volk nie en die herstel van moderne Israel het niks met die Bybel te doen nie; die troon van Dawid sal nie in Jerusalem herstel word nie en daar sal ook nie n duisendjarige vrederyk n die wederkoms van Christus wees nie. Hierdie groep teologiese verkenners erken Jesus Christus wel as Verlosser, maar is nie met die Heilige Gees vervul nie, verstaan glad nie die volle raad van God nie, en berus volkome by die woestynlewe met sy geestelike armoede en sukkelbestaan. Hulle het nie n duidelike toekomsverwagting nie.

Soos wat geestelike verval toeneem, word die lys van teologiese ontkennings net langer en die verval neem al hoe groter afmetings aan. Die volgende is nuwe toevoegings tot die lys, en daardeur word die basiese fondamente van die Christelike geloof heeltemal omgekeer (vgl. Ps. 11:3): Daar is nie so iets soos wedergeboorte nie omdat mense op n ritualistiese wyse gered word tydens die doop; Christus is nie maagdelik gebore nie; Hy is nie God nie; sy kruisiging was n politieke daad wat niks met die vergifnis van sonde te doen het nie; Hy het nie uit die dood opgestaan nie en dus ook nie na die hemel opgevaar nie; Hy is nie die enigste Verlosser nie omdat daar ook baie ander messiasse is soos Boeddha, Krisjna en Mohammed; daar is iets goeds in alle gelowe; die Bybel is nie die genspireerde en foutlose Woord van God nie; daar is nie n hemel of n hel nie en ook nie n duiwel nie; sonde is n relatiewe begrip en elkeen kan vir homself besluit wat reg en verkeerd is. Hierdie groep verkenners is van mening dat dit n fout was vir Israel om uit Egipte weg te trek en hulleself tot n miserabele woestynlewe te beperk. Hulle is ten gunste van n terugkeer na Egipte en die aanvaarding van n intergeloofsorintasie. Hierdie denkrigting verteenwoordig die oorgang vanaf n swak geloof na totale ongeloof. Geloofsverval van hierdie aard is die gevolg van demonies-genspireerde misleiding (1 Tim. 4:1).

Teenoor die groot groep dwalendes is daar n klein groepie gelowige verkenners wat goeie raad uit die Woord van God gee. Hulle doen hulle bes om geloof in die almag van God en die waarheid van sy beloftes te bevorder. Daar is immers n beloofde land om in besit te neem, en dit kom op wantroue in God neer indien ons sou weier om sy beloftes in die geloof aan te neem en Hom vir n volle verlossing en volkome heiligmaking te vertrou (vgl. 1 Thess. 5:23). Waarom sou Hy n land (of lewe) aan ons belowe waar ons vry van oorheersing deur ons vyande kan leef, indien dit onmoontlik is om oorwinnings in sy Naam te behaal? Ons sal onsself geestelik eindeloos verarm indien ons nie onsself verootmoedig en op die vervulling met krag uit die hoogte wag nie, want dit is die sleutel tot oorwinning oor al ons vyande.

Die twee betroubare verspieders is deur die volk verwerp en daar was selfs pogings om hulle dood te maak. Dit is vandag ook so. Diegene wat sterk op evangeliese beginsels staan, en dit sluit die dieper genadewerk van heiligmaking in, is nie populre predikers of raadgewers nie. In hulle verkenning van die geestelike landskap was hulle ten volle bewus van die groot mag van die vyand. Dit het egter nie hulle siening oor die pad vorentoe bepaal nie, want hulle was bewus van n nog groter waarheid, naamlik die almag van God om sy Woord aan Israel te vervul en al sy beloftes waar te maak. Hy kan en wil van almal van ons meer as oorwinnaars maak.

Wie het Israel deur die Jordaanrivier na die land van belofte en oorwinning gelei? Een van die twee getroue getuies, naamlik Josua. Ons volg ook vir Josua, naamlik Jesus, na die land van oorwinning. Johannes beskryf Hom s: Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! (Op. 1:5-6). Sal Hy iets aan ons belowe en dit nie doen nie? Ons moet seker maak dat ons na die regte raadgewers en teologiese verkenners luister. Die meerderheid van hulle is nie betroubaar nie, daarom kan hulle nie met oortuiging s wat Paulus ges het nie: Ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie (Hand. 20:27).

Die land van belofte

Die land Kanan was vir Israel die vervulling van talle beloftes. Dit waarop die ware gelowiges gehoop het, sou hier n wonderlike werklikheid word. Wanneer ons Israel se geskiedenis noukeurig volg, is dit duidelik dat daar benewens die afvalliges en ongelowiges onder hulle, twee groepe gelowiges was. Die een groep was oppervlakkig en het die Here nie van harte gedien nie, terwyl die klein kerngroep ware gelowiges die Here voluit en sonder voorbehoud gedien het. Hierdie selfde onderskeid tussen vleeslike en geestelike gelowiges tref ons regdeur die Bybel aan (vgl. 1 Kor. 3:1-3). Die bekende heiligheidsprediker, A.B. Simpson, s in sy kommentaar oor Josua: Selfs die mees oppervlakkige waarnemer moes al agtergekom het dat daar nog altyd twee duidelik verskillende soorte Christene in die wreld was. Die een soort word gekenmerk deur moedeloosheid, angs, twyfel, wisselvalligheid en aanhoudende mislukkings. Dit is n lewe wat so onbevredigend is dat jy wonder of dit die moeite werd is. Die ander soort Christen word gekenmerk deur volle versekering, oorwinning, blydskap, tevredenheid, krag en stabiliteit (Christ in the Bible: Joshua, deur A.B. Simpson).

Wat ons as Christene betref wat uit die slawerny van sonde verlos is, is daar beslis ook die verdere beloftes van heiligmaking en oorwinning oor die vlees. Daar is dus die eerste beloftes oor redding wat ons moet aanneem om uit die koninkryk van die duisternis oor te kom na die koninkryk van die lig. Ons moet egter nie hierby volstaan nie, want dit is die uitdruklike wil van die Here dat elkeen van sy kinders ook die genadewerk van heiligmaking deelagtig sal word: Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring (2 Kor. 7:1).

Die Here Jesus se genade oor ons strek dus verder as net redding, want uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade (Joh. 1:16). Wanneer ons by die eerste genadewerk van redding volstaan, dan is ons wel weergebore, maar soos klein kindertjies in Christus wat nog nie geestelike volwassenheid bereik het nie. Ons moet opgroei tot die volwasse man of vrou in die Here, tot die mate van die volle grootte van Christus, sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering (Ef. 4:13-14).

Redding kan ook gesien word as aanvanklike heiligmaking, maar dit is net n voorbereiding vir die dieper genadewerk van volkome heiligmaking: Mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen (1 Thess. 5:23-24). Die opdrag tot volkome heiligmaking is nie buite ons bereik nie, want die Here self doen dit vir elkeen wat Hom daarvoor vertrou, en wat bereid is om aan die voorwaarde van selfsterwe te voldoen. Indien ons bereid is om die eie-ek in n volle oorgawe oor te lewer om gekruisig te word en vir die wreld en die sonde te sterf, sal ons ten volle met die opstandingslewe van Jesus Christus beklee word.

n Graf op pad na Kanan

Dit was noodsaaklik dat Moses moes sterf voordat die volk die Beloofde Land kon berf, want Hy was n tipe van die wet en deur die werke van die wet kon Israel nie die beloftes verkry nie. Hulle het Josua, n tipe van Jesus, nodig gehad om hulle deur te lei en die beloftes van God te laat ervaar. Paulus het die Jode daaraan herinner dat hulle sondes slegs deur Jesus vergewe kon word: Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie (Hand. 13:38-39).

Wanneer ons Jesus volg op pad na ons geestelike bestemming, moet ons eerstens van die voorskriftelike en veroordelende mag van die wet verlos word, asook van die onvermo daarvan om enige mens voor God te regverdig. Hoewel die wet n onbereikbare ho standaard vir die gevalle mens gestel het, het dit nogtans onder die Jode n vorm van eiegeregtigheid in die hand gewerk op grond van menslike pogings tot wetsnakoming (vgl. Luk. 18:11-12).

n Totaal nuwe manier van godsdiens is met die koms van Christus aan Israel geopenbaar. Sedertdien is hulle nie van sonde oortuig deur die wet nie maar deur die Heilige Gees, en het ook nie meer onder die verpligting gestaan om offers vir die versoening van hulle sonde te bring nie. Jesus Christus het die wet volmaak onderhou, en deur sy kruisdood al die skaduagtige offers van die ou verbond vervul. Jode n alle ander mense word deur die Heilige Gees van sonde oortuig deur elkeen te meet aan die standaard van Christus se sondelose lewe. Enige oortredings aan ons kant word uit genade vergewe op grond van die Here Jesus se soendood aan die kruis. Hy bied egter meer as net vergifnis van sonde aan ons, want Hy wil h dat ons deur die volle identifikasie met sy kruis ook vir die sonde sal sterf. Dit is die tweede genadewerk.

Die eerste genadewerk word tipologies voorgestel deur Israel se uitredding uit Egipte toe die paaslam deur hulle geslag en die bloed daarvan aan hulle deurposte gestryk is. Die tweede genadewerk word deur Israel se deurtog deur die Jordaan voorgestel toe hulle onder Josua se leiding die land van belofte betree het nadat Moses begrawe is. Die ou geslag Israeliete het in die woestyn gesterf, en net die nuwe geslag kon deur Josua deur die Jordaan gelei word.

Die Jordaan stel die dood voor omdat dit in die Dooie See uitmond en daar ophou bestaan. Die eie-ek (die ou, sondige natuur) moet ook tot n einde kom. Elkeen van ons moet n volle oorgawe maak sodat ons saam met Paulus kan s: Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my (Gal. 2:20). Later in dieselfde brief s hy: Ek roem in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wreld vir my gekruisig is en ek vir die wreld (Gal. 6:14).

Die verpligting rus op my om myself voortdurend as dood vir die sonde te reken (Rom. 6:11). Ek moet die oue mens altyd as gekruisig beskou en hom nie toelaat om af te kom van die kruis nie. Ek moet dus my gekruisigde posisie handhaaf, want hoewel die ou Adam gekruisig is, is hy nog nie dood nie. Dit is die rede waarom ek elke dag met die kruis van Christus moet identifiseer deur dit op te neem en Hom te volg (Luk. 9:23). Soos wat ek geestelik ontwikkel, moet ek met die Here Jesus saamgroei deur die gelykvormigheid aan sy dood (Rom. 6:5). As Ek saam met Hom sterwe, sal ek ook saam met Hom lewe.

n Hernuwing van die verbond

Die nuwe geslag Israeliete wat die land berf het, verteenwoordig die nuwe (weergebore) mens wie se hart volkome deur die Here verander is. Die oue mens wat nog na sonde neig, kan nie hierdie beloftes berf nie. Terwyl die volk in die woestyn rondgetrek het, het hulle minagtend teenoor die Here opgetree en nie eers hulle kinders laat besny nie. Weens hulle ongeloof was hulle nie waardig om die land Kanan te berf nie, en het daardie geslag deur hulle eie toedoen in die woestyn gesterf:

Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die Here gehoorsaam was nie; vir wie die Here gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die Here hulle vaders met n eed beloof het om aan ons te gee nie n land wat oorloop van melk en heuning. Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; di het Josua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is nie (Jos. 5:6-7).

Direk na hulle deurtog deur die Jordaanrivier het Josua die onbesnedenes laat besny. Dit was egter net n uiterlike teken van die Abrahamitiese verbond. Die Here se doel hiermee was n geestelike oorgawe waarin die volk se harte besny moes word: En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te h met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe (Deut. 30:6).

Die Nuwe-Testamentiese tebeeld van die besnydenis is die reiniging van mense se harte tydens n volle oorgawe: Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; in wie julle ook besny is met n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te l in die besnydenis van Christus (Kol. 2:9-11; vgl. Rom. 2:28-29).

Josua was die regte leier om Israel na hierdie volkome oorgawe aan die Here te lei. Hy en Kaleb was die twee verkenners wat by Kades deur die volk verwerp is omdat hulle aangedring het dat Israel ten spyte van die vyandige nasies in Kanan moes oortrek en die land in besit neem. Die ander tien verkenners was net so bang en ongelowig soos die volk, en het ges dat dit n onmoontlike taak was om die land te verower (Num. 14:1-10; Deut. 1:28-30; 9:1).

n Volle oorgawe aan die almagtige God wat vir Israel deur sy groot krag uit Egipte verlos het, was die enigste manier waarop hulle deur Hom gebruik kon word om die Beloofde Land in besit te neem.

Volgelinge van die Oorwinnaar

Die nuwe leier van Israel was Josua. Die Here het vir Moses ges wie sy volk na die Beloofde Land sou begelei: Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan h sal daar inkom, versterk hom, want h sal Israel dit laat berwe (Deut. 1:38). Die Heilige Gees het hom vir sy groot taak toegerus: En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgel. En die kinders van Israel het na hom geluister (Deut. 34:9).

Na die dood van Moses het die volgende geslag Israeliete deur die Jordaan getrek en hulle verbond met die Here hernu. Hulle het voor n baie groot probleem te staan gekom, naamlik hoe om die vyande wat in versterkte stede gewoon het, te oorweldig en tot oorgawe te dwing. Jrigo was die heel eerste van hierdie stede wat hulle tegekom het, en waarskynlik ook die een wat die sterkste verskans was. Israel het nog nooit teen vyande in ommuurde stede geveg nie, en hulle spiese, swaarde, pyle en bo was glad nie vir so n oorlog geskik nie.

Dit was hier by Jrigo waar hulle die belangrike les moes leer dat die stryd aan die Here behoort. Dit was juis ook in hierdie menslik onmoontlike situasie dat Israel besef het dat hulle werklike leier nie Josua, die seun van Nun was nie, maar die Lerowerste van die Here wat later as Jeshua, die Seun van die hemelse Vader, na Israel gekom het. Net Hy kan hulle van die mag van die vyand verlos:

En terwyl Josua by Jrigo was, slaan hy sy o op en kyk, en daar staan n man teenoor hom met n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? En Hy s: Nee, maar Ek is die lerowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg s? Toe s die lerowerste van die Here vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen (Jos. 5:13-15).

Ons moet onthou dat ook ons, n ons vervulling met die Heilige Gees, net diensknegte van Christus is. Ons kan slegs in Hom meer as oorwinnaars wees. Hy het ges: Sonder My kan julle niks doen nie (Joh. 15:5). Hy moet altyd die eer kry vir alles wat bereik word, daarom moet ons nooit na eie eer soek, in ons eie prestasies roem en dink dat ons deur ons eie krag die oorwinning kan behaal nie.

Deur n bonatuurlike ingryping van die Here het die mure van Jrigo geval, en dit het Israel in staat gestel om die stad in te neem en te verwoes. Dieselfde beginsel geld steeds vandag op geestelike gebied indien ons bose vestings in ons lewe wil oorwin: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus (2 Kor. 10:3-5). Die gesag van Christus moet erken en gebruik word.

Gebruik jy die geestelike wapens van geloof (1 Joh. 5:4-5; Ef. 6:16), gebed (Jak. 5:16; Ef. 6:18), die swaard van die Woord (Ef. 6:18; Heb. 4:12), die bloed van die Lam (Ef. 1:7; Op. 12:11), en die woord van jou getuienis (Op. 12:11)? Is die vestings van sonde in jou lewe almal neergewerp en getuig jy dat die Here Jesus jou verlos het? Wanneer ons getuig, moet dit s wees dat die mense God sal verheerlik vir dit wat bereik is, en nie vir ons nie (Matt. 5:16).

Geloof

Daar is twee sleutelbegrippe in die boek Josua wat ten grondslag l van Israel se oorwinnings en die verkryging van God se beloftes dit is geloof en gehoorsaamheid. Ons kyk eerstens na die belangrike rol van geloof in God se volk.

Die Beloofde Land is deur geloof verower. Elke tree van die pad is in die geloof geneem: die Jordaan is in die geloof oorgesteek, die mure van Jrigo het deur die geloof geval, en so ook is elke oorwinning daarna in die geloof behaal. Geloof verwys nie na n onpersoonlike mag wat deur die mens gemanipuleer kan word nie, maar na n vaste vertroue in die Here dat Hy sal doen wat Hy belowe het.

Geloof is n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, n bewys van die dinge wat ons nie kan sien nie. ... Hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en n beloner is van die wat Hom soek (Heb. 11:1, 6). Geloof beteken dat ons die Here daadwerklik vir die vervulling van sy beloftes sal vertrou, en dit op daardie oomblik ook sal aanneem. Jy moet die Here Jesus as jou Verlosser vertrou en aanneem, dan word jy dadelik uit jou sondige en verlore toestand gered. Wanneer jy Hom as jou Heiligmaking aanneem, sal Hy jou sonder enige twyfel van vleeslikheid verlos en jou met sy Heilige Gees vervul.

Daar is egter ook onbybelse vorms van geloof waarin mense self bepaal wat hulle wil h, en dan gebruik hulle geloof om dit te probeer verkry maar dt werk nie. n Suiwer geloof kan nie met menslike begeertes gelykgestel word nie, al is daardie begeertes ook hoe mooi en edel. Die Here gee aan ons deur die Heilige Gees geloof om in sy Seun te glo, asook in al die beloftes in sy Woord. Wanneer ons lewe in ooreenstemming met die Woord is, sal ons begeertes en ideale ook in harmonie met die Bybel wees: En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. ... En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil (1 Joh. 3:22; 5:14).

Israel het vaste beloftes oor die land Kanan gehad. Die ou geslag het nie in ooreenstemming met die beloftes opgetree nie en het in die woestyn gesterf. Die nuwe geslag Israeliete het hierdie beloftes geglo en in die lig daarvan opgetree. Omdat hulle besnede harte gehad het harte wat waarlik in God glo het hulle aan sy voorwaarde voldoen om die sen te verkry, en het God sy beloftes aan hulle vervul. Die tydperk onder die leierskap van Josua was een van die geestelike hoogtepunte in Israel se vierduisendjaar-lange geskiedenis.

Gehoorsaamheid

Wanneer mense volkome gehoorsaam is aan God se Woord deur dit in hulle daaglikse wandel te eerbiedig en ook daarvolgens te glo en te bid, sal dit altyd met hulle goed gaan. Die Here het vir Josua ges: Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou we voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel (Jos. 1:7-8).

Ons moet erns daarmee maak om nie net aan sekere opdragte uitvoering te gee en die res na te laat nie. Daar is nie slegs opdragte en beloftes met betrekking tot redding in die Woord nie, maar ook met betrekking tot heiligmaking, waaksaamheid, geestelike oorlogvoering, volhardende gebed, vrugbare diens, nederigheid, standvastigheid tydens toetse en beproewings, en nog baie ander. Aan hoe meer daarvan ons gehoorsaam is, hoe meer sal ons opgroei tot geestelike volwassenheid. Mense wat by redding volstaan en dan terugsit, loop gevaar om n nuttelose en onvrugbare lewe te lei en eendag met le hande voor die Here te staan te kom, gered asof deur vuur heen (1 Kor. 3:15).

Daar is ongelukkig diensknegte van die Here wat nie hulle talente en tyd in sy diens gebruik nie, en as gevolg daarvan geestelik stagneer. Hulle draai hulle talente in n doek toe en beplan om dit net so onbenut aan die Here terug te gee (Luk. 19:20-23). Dit is hulle wat nie die stap van heiligmaking gedoen het nie en dus nie die Jordaan oorgesteek het na die Beloofde Land nie.

Ongehoorsaamheid verwys nie net na die nalaat van sekere opdragte en beloftes nie, maar ook na die aktiewe doen van sondige dade wat in stryd met God se Woord is. Tydens die inname van Jrigo het Agan strydig met God se opdragte opgetree en van die buit vir homself geneem en in sy tent gaan begrawe (Jos. 7:1). As gevolg hiervan het die sen van die Here van Israel gewyk en is hulle verslaan toe hulle teen die stad Ai opgetrek het (Jos. 7:11-12). Eers nadat Agan en sy gesinslede deur die hele Israel gestenig en saam met hulle besittings verbrand is, is die Here se toorn van Israel afgewend en is die inwoners van Ai verslaan.

Gelowig maar nie volkome met die Here nie

Ten spyte van die beloftes aan Israel oor n Godgegewe land wat oorloop van melk en heuning, was daar enkele van die stamme wat verkies het om nie hulle erfenis in die Beloofde Land te ontvang nie, maar wel oos van die Jordaanrivier. Onder hulle was die stamme van Ruben en Gad, asook die helfte van die stam van Manasse. Hulle het wel saam met hulle broers geveg om die Beloofde Land van oorheersing deur heidense volke te bevry, maar het daarna weer na hulle woonplekke oos van die Jordaan teruggekeer (Jos. 1:12-18). Hulle het Josua ten volle as leier erken en ook hulle militre diensplig sonder murmurering nagekom, maar ten opsigte van hulle persoonlike lewens ander keuses gemaak.

Dit is n vreemde situasie hierdie, maar in die geestelike toepassing daarvan glad nie so ongewoon nie. Daar is ook vandag baie Christene wat die evangeliese verlossingsleer, asook die leer van heiligmaking, ten volle erken en selfs ook verkondig, maar nogtans nie self aan die standaard daarvan voldoen nie. Dit wat hulle s en dit wat hulle doen, is nie in ooreenstemming met mekaar nie. Hulle gee met hulle lippe volle erkenning aan die beloftes van die Here, maar in die praktyk bevind hulle hulself oos van die Jordaan in n geestelike woestyn.

Daar mag verskeie redes vir hierdie teenstrydige situasie wees, bv. mense se belangrikheid in hulle eie o, n oormatige liefde vir geld, verkeerde verhoudings, of ander verborge sondes. As gevolg hiervan kom hulle nie by die punt uit waar hulle volkome sterf aan hulleself nie (die oorsteek van die Jordaanrivier), en gaan voort met n lewe van vleeslikheid ten spyte van hulle kennis van die Bybelse leer van volle verlossing. Deur die jare heen is daar heeltemal tereg vir baie van hierdie dubbelhartige gelowiges ges: Doen wat julle s! (Eng. Practise what you preach!).

Oorlo in Kanan

Die grondgebied wat die Here aan Israel belowe het, moes van bose oorheersing bevry en in besit geneem word. Die mag en houvas van die koninkryk van die duisternis moes in hierdie hele gebied verbreek word, sodat die koninkryk van die lig in die plek daarvan gevestig kon word. In Josua 12 word 31 konings genoem wat deur Israel verslaan is en uit hulle grondgebied verdryf is. Dit was egter nog nie naastenby die hele gebied wat aan Israel belowe is nie, daarom sou die stryd in Kanan voortduur solank as wat daar nog heidense volke was. Josua het nie sy taak heeltemal afgehandel nie:

En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die Here vir hom ges: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem (Jos. 13:1). Die gebied wat wel verower is, is tussen die twaalf stamme verdeel, maar as gevolg van die voortbestaan van bose vestings het die stryd teen die heidendom in Kanan voortgeduur.

Behalwe die feit dat Israel nie al die bose vestings oorwin en uitgewis het nie, het hulle ook die fout gemaak om in een geval n verbond te sluit met die Gibeoniete, wat n heidense volk in hulle midde was. Hierdie mense het Josua doelbewus mislei deur voor te gee dat hulle van n ver land af gekom het om n nie-aanvalsverdrag met Israel te sluit. Hulle was egter inwoners van Kanan, maar het n slim plan beraam om Israel deur middel van n eed daarvan te weerhou om hulle aan te val. Hulle het met verslete klere en skoene, asook met ou padkos, by Josua aangekom en beweer dat hulle van n ver land af kom (Jos. 9:3-27).

Josua het nie die saak verder ondersoek nie en ook nie die Here geraadpleeg nie (Jos. 9:14), maar die Gibeoniete verseker dat hy hulle nie sou aanval nie. As gevolg hiervan het Israel hulle eie posisie verswak en n kleiner erfenis verkry. Hierdie gebeurtenis en die gevolge daarvan is nog n bewys van hoe die Bose dikwels deur n verandering in strategie sy doel met die ondermyning van God se volk bereik. Hy verander van gedaante en kom as n engel van die lig om niksvermoedende gelowiges te mislei.

Geestelike oorlog

In Nuwe-Testamentiese tye is ons ook deurlopend by n oorlog betrokke nadat ons deur die Jordaanrivier van sterwe aan onsself getrek het en begin het met n lewe onder die leiding van die Heilige Gees. Die stryd wat ons in die Kanan van die volheidslewe voer, neem egter n ander vorm aan en is hoofsaaklik teen n vyand van buite. Voor die tyd was ons stryd primr teen n vyand binne-in ons, naamlik ons ou sondige natuur wat n ons verlossing uit Egipte steeds heerskappy oor ons gevoer het in n poging om ons geestelik tot n onvrugbare woestynlewe van val en opstaan te beperk. Hierdie lewe het meer dikwels na neerlae as na oorwinnings gelei.

In die nuwe situasie in Kanan het alles verander, en Israel het een oorwinning n die ander behaal, want die Here het vir hulle gestry (Jos. 10:14). Ten spyte van al hulle oorwinnings het Israel egter nie die punt bereik waar hulle al die grondgebied verower het wat die Here aan hulle belowe het nie (Jos. 13:1-7).

Die fisiese stryd wat Josua en sy manskappe in Kanan gevoer het, is die uitbeelding van n geestelike stryd wat ons in Nuwe-Testamentiese tye teen sonde voer. Om in hierdie stryd te kan oorwin, het ons nie fisiese wapens nodig nie, maar geestelike wapens. Paulus s vir die Korinthirs: Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus (2 Kor. 10:3-5).

Hieruit is dit duidelik dat sondes begin by verkeerde gedagtes wat nie onderwerp is tot gehoorsaamheid aan Christus nie. Hierdie gedagtes is suggesties of voorstelle om sonde te doen, en hulle kan uit drie oorde op ons inwerk:

Versoekings om te sondig kan in die eerste plek regstreeks van die duiwel en sy bose geeste af kom. Johannes praat van die duiwel as die verleier van die nasies (Op. 12:9; 20:3), en Paulus verwys na mense wat van die geloof afvallig word omdat hulle verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang (1 Tim. 4:1).

In die tweede plek kan versoekings om te sondig vanuit die verdorwe wreld op ons inwerk. Die hele wreld en al sy sondige beginsels l in die mag van die Bose (1 Joh. 5:19), daarom word dit gekenmerk deur statusbeheptheid, korrupsie, dubbele standaarde, valsheid, magsug en die najaag van rykdom. As ons hierdie dinge begeer en najaag, dan draai ons die rug op die Here en sy koninkryk van geregtigheid: Moenie die wreld liefh of die dinge wat in die wreld is nie. As iemand die wreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wreld is die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die o en die grootsheid van die lewe is nie uit die Vader nie, maar is uit die wreld. En die wreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig (1 Joh. 2:15-17).

In die derde plek kan sonde voortvloeiend wees uit die ongekruisigde vlees van die mens. Selfs in die lewens van gelowiges poog die gevalle natuur om uit sy gekruisigde posisie te ontsnap en weer beheer oor die persoon se lewe te probeer kry. Wanneer n gelowige nie meer daagliks met die kruis van die Here Jesus identifiseer nie, laat hy die vlees toe om weer sondige begeerlikhede in hom te vestig. Jakobus s: Elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort (Jak. 1:14-15).

Ons moet die geestelike wapens van God opneem en teen hierdie versoekings weerstand bied. Omdat die duiwel sy vurige pyle van versoekings f regstreeks f deur middel van die verdorwe wreld op ons rig, f deur die sondige vlees op ons inwerk, is hy die groot vyand wat oorwin moet word. Paulus s: Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Ef. 6:10-12). Daar is n stryd om te stry, daar is oorwinning te verkry.

Is jy n oorwinnaar in die stryd teen sonde? Indien nie, dan moet jy vaardig word in die gebruik van geestelike wapens soos geloof (Ef. 6:16: 1 Joh. 5:5), gebed (Ef. 6:18; Jak. 5:16), die Woord (Ef. 6:17; Heb. 4:12) en die bloed van die Lam (Ef. 1:17; Op. 12:11).

Die gevaar van kompromie

Soos in die geval van Josua en die Gibeoniete, bestaan daar ook die moontlikheid dat gelowiges weens hulle onkunde en nawiteit mislei kan word om kompromie met sonde te maak. Net soos die Gibeoniete gedoen het, kom die duiwel dikwels in n onskuldige gewaad as n engel van die lig om mense te mislei om hom te aanvaar as n gesant van God wat net goeie bedoelings het. Die groot aantal sektes, valse profete en valse godsdienste in die wreld lewer bewys van die sukses waarmee die duiwel miljoene mense mislei. Die Here Jesus het nie verniet teen hierdie ernstige gevaar gewaarsku nie: Pas op dat niemand julle mislei nie (Matt. 24:4, 11, 24).

Mense wat mislei is, het die deur vir die vyand oopgemaak, hom ingenooi, en hulle harte vir sy boodskap van misleiding oopgestel. Een van die onmiddellike gevolge hiervan is dat hulle vir die waarheid verblind word en aktiewe kampvegters van een of ander vorm van die leuen word. Hierdie leuens werk deur na die res van hulle oortuigings, want n bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur (1 Kor. 5:6). Sulke mense verloor hulle geestelike krag en insig, en bevorder onwetend die ideologie en werke van die duisternis.

Nie n n koninkryk nie

Josua moes n duidelik omskrewe land in besit neem wat deur die Here aan Israel gegee is (Jos. 1:2). Hierdie volk en hulle land moes deurentyd in n heilige toestand voor die Here wees, daarom moes alle heidense nasies daaruit verdryf word en geen verontreinigende gebruike soos afgodediens daarin beoefen word nie. Die koninkryk van God op aarde is deur sy uitverkore volk verteenwoordig, daarom het hulle n teokratiese regeringsvorm gehad met God as die Hoof van die volk. Israel se leiers moes altyd die Here raadpleeg voordat hulle belangrike besluite geneem het. Wanneer hulle van die Here afvallig geraak het, is hulle gedissiplineer.

In n Nuwe-Testamentiese verband het die opset met betrekking tot God se koninkryk op aarde heeltemal verander. Weens Israel se langdurige ontrouheid teenoor die Here, het hulle nie alleen sy profete verwerp nie, maar ook sy Seun. Dit het tot die lang, internasionale verstrooiing gelei waarteen die Here hulle al in die tyd van Moses gewaarsku het: Ek sal julle onder die volke verstrooi en n swaard agter julle uittrek; en julle land sal n wildernis en julle stede puinhope word (Lev. 26:33).

Tydens die bedeling van Israel se verstrooiing sou hulle nie meer die verteenwoordigers van God se koninkryk op aarde wees nie, en sou daar ook nie meer n geografiese begrensing tussen God se koninkryk en heidense koninkryke op aarde wees nie. Alle gelowiges sou hulle in hierdie tyd in n wreld bevind wat hoofsaaklik deur ongeredde mense bewoon word en gevolglik in die mag van die Bose l (1 Joh. 5:19). Te midde van hierdie geestelik duistere toestand moes die boodskap van Jesus Christus se reddende genade aan alle mense op aarde verkondig word, ongeag die sterk testand wat dit mag veroorsaak (Matt. 28:19; Mark. 16:15).

Mense wat in hierdie tyd gered word, word lede van n hemelse koninkryk wat nie fisies op aarde geopenbaar is nie: Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons as Verlosser verwag die Here Jesus Christus (Fil. 3:20). Tydens Christus se liggaamlike afwesigheid op aarde bevind ons onsself in n vyandige gebied waarin ons soos vreemdelinge en bywoners leef (1 Pet. 2:11). Die waarlik geredde mense is oral op aarde n minderheidsgroep (Matt. 7:13-14).

Dit is dus heeltemal onvanpas om tydens die kerkbedeling n vorm van koninkryksteologie te verkondig waardeur daar gepoog word om die koninkryk van die hemel as n sigbare realiteit op aarde te openbaar. Ware Christene moet eerder op verdrukking en vervolging deur die meerderheid ongelowiges en misleides ingestel wees. Die Here Jesus het ges: Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard (Matt. 10:34). Binne-in ons harte het ons die vrede van sondevergifnis, maar wat ons verhouding met die ongelowige wreld daarbuite betref, is ons in n situasie van konfrontasie. Ons moet die goeie stryd van die geloof stry (1 Tim. 6:12).

Daar is geen sprake dat ons, soos Israel in die vorige bedeling, die heidene uit sekere gebiede moet verdryf sodat God se koninkryk duidelik deur die res van die wreld gesien kan word nie. Ons mag nie ons vyande vervolg en doodmaak nie, maar inteendeel die boodskap van God se liefde aan n verloregaande wreld verkondig. Ons moet dus ons vyande liefh en hulle redding begeer. Dit verbind ons daartoe om die lig van n donker wreld en die sout van n bedorwe aarde te wees. In die kerkbedeling leef die gelowiges en ongelowiges saam, soos koring en onkruid wat in dieselfde land gesaai is (vgl. Matt. 13:24-30). Eers in die oestyd, wanneer die Here kom, sal die koring en onkruid van mekaar geskei word.

n Sabbatsrus vir God se volk

Wanneer die Messias gekom het, sal daar vir Israel en gelowiges van alle tye n volmaakte sabbatsrus aanbreek: Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van n ander dag daarn spreek nie. Daar bly dus n sabbatsrus oor vir die volk van God (Heb. 4:8-9). Daar is talle beloftes oor hierdie tyd van volkome rus in die Messias:

        Die sabbatsrus vir God se volk sal oor n hele millennium strek. Dit sal die kroon span oor sewe millennia van menslike geskiedenis sedert Adam en Eva, en ook die afsluiting wees van n week van menslike geskiedenis op die huidige aarde. In hierdie week het daar twee dae van n duisend jaar elk verloop tussen Adam en Abraham, nog twee dae tussen Abraham en Christus, en dit word tans gevolg deur twee dae tussen Christus se eerste en tweede koms. Hierna volg die sewende dag van die sabbatsrus.

        Aan die begin van die sewende duisend jaar kom Jesus Christus terug na die aarde as Koning van die konings om sy koninkryk sigbaar op aarde te vestig (Op. 19:16; Luk. 1:32). Hy sal die vervalle troon van Dawid herstel en daarna uit Jerusalem oor Israel en die hele wreld regeer (Hand. 15:16-17). Eers dan sal daar n Christelike koninkryk, waarvoor so baie gelowiges hulleself verkeerdelik gedurende die kerkbedeling beywer, op aarde geopenbaar word. Ons werk vir n koninkryk wat nou nog verborge is, maar spoedig geopenbaar sal word wanneer die Koning kom.

        Vir Israel sal dit n volkome rusdag wees. Die rus in die Here wat hulle as n volk so lank al ontwyk, sal hulle deel wees wanneer Hy weer kom en die hele oorblyfsel in Israel met Hom versoen word. Dit sal nie net vir hulle n geestelike rus wees nie, maar ook n rustige bestaan in die land wat die Here aan hulle belowe het. Vir die eerste keer in hulle geskiedenis sal hulle die hele land as erfenis kry wat die Here aan Abraham en sy nageslag gegee het (Gen. 13:14-15; 15:18). In Esgil 45 tot 48 word die verdeling van Israel se grondgebied aan die twaalf stamme noukeurig beskryf. Dit sal eers in die Messiaanse koninkryk gebeur.

        Jerusalem sal die middelpunt van die komende vrederyk wees. Hierdie stad wat deur die eeue heen by tallose oorlo betrokke was, sal in die vrederyk n toonbeeld van rus en vrede wees. Die Here s van Jerusalem: Nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang. ... Jou poorte sal altyddeur oopstaan: hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie. ... Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie (Jes. 60:3, 11, 18; vgl. Jer. 33:6). Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou o sal Jerusalem sien as veilige woonplek. ... Want die Here is ons Koning: Hy sal ons verlos (Jes. 33:20-22).

        Al die nasies van die aarde sal in die rus van die Messias deel en gereeld na Jerusalem optrek om deur die Here onderrig te word. Alle vyandigheid tussen die nasies sal gestaak word, geen geld sal aan bewapening bestee word nie en geen militre opleiding verskaf word nie: Hulle sal van hulle swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie (Jes. 2:4). n Ware Christelike transformasie sal wreldwyd plaasvind nadat die Here Jesus gekom, sy vyande verdelg en al die oorlewendes gered het. Almal sal Hom van harte dien: In di tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here; en al die nasies sal daarheen saamkom vanwe die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie (Jer. 3:17).

        Saam met die eer wat aan die Messias as Koning van die wreld gebring sal word, sal die geredde Israel as sy spesiale getuies ook geer word. Die nasies sal mekaar hierin aanmoedig: Die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en s: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die Here om genade te smeek en die Here van die lerskare te soek. Ek wil ook gaan! So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die Here van die lerskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die Here om genade te smeek. So s die Here van die lerskare: In di dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van n Joodse man gryp en dit vashou en s: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is (Sag. 8:21-23).

        Die geheim van hierdie volkome rus en vrede in die Here sal nie net die gevolg wees van n wreldwye toekeer tot die Messias nie, maar ook die uitstorting van Christus se oordele oor al sy vyande tydens die slag van Armagddon dit sluit ook die drie groot verleiers van die mensdom in, naamlik die Antichris, die valse profeet en die duiwel self: En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die vols is versadig van hulle vlees. En ek het n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom versel, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie (Op. 19:2020:3). Dit is die groot rede waarom die nasies nie in daardie tyd na die verharding van hul bose hart sal wandel nie.

        Aan die begin van die sewende duisend jaar van menslike heilsgeskiedenis sal almal wat in Christus gesterf het, opgewek word om saam met die lewende gelowiges verheerlikte liggame te ontvang en saam met Christus te regeer: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. ... Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank (Op. 20:5-6).

Tydelike rus

Tydens die bewind van Josua het Israel rus gehad in hulle harte en die Here gedien, en nadat hulle die heidense volke oorwin en verdryf het, het hulle ook rus van hulle vyande gehad (Jos. 23:1; 24:31). Josua het egter besef dat hierdie volk se harte nie regtig volkome in hulle toewyding teenoor die Here was nie, en dat die opkomende geslag dalk weer van die Here se we sou afwyk. Voor sy dood het Josua die volk ernstig hieroor aangespreek:

Julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie; dat julle met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor hulle nie neerbuig nie; maar die Here julle God moet julle aanhang soos julle tot vandag toe gedoen het. ... Neem julle dan terde in ag ter wille van julle siele, om die Here julle God lief te h; want as julle ooit mag afwyk en hierdie nasies aanhang wat nog met julle saam oorgebly het, en julle met hulle verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng, weet dan verseker dat die Here julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle n vangnet en n strik wees en n angel in julle sye en dorings in julle o, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het (Jos. 23:6-8, 11-13).

Dit was ongelukkig net Josua se tydgenote wat die Here gedien het, want die volgende geslag het weer in grootskaalse goddeloosheid verval: Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, het gesterwe, honderd en tien jaar oud. ... En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar n ander geslag n hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die o van die Here: hulle het die Bals gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die Here geterg. Maar toe hulle die Here verlaat en die Bal en die Astartes dien, het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie (Rig. 2:8-14).

Israel se lang geskiedenis sedertdien is oorheers deur verlengde tye van geestelike afvalligheid. Dikwels het die Here hulle aan hul vyande oorgegee, en tydens die Assiriese ballingskap van die tienstammeryk en die Babiloniese ballingskap van die suidelike ryk van Juda en Benjamin is hulle heeltemal uit hulle land weggevoer deur hulle vyande. Dit was alles die gevolg van geestelike afvalligheid wat algemeen in Israel voorgekom het:

Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle n God wees, en julle sal vir My n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan. Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie. ... Jy het my verwerp, spreek die Here, jy het al agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit (Jer. 7:23-24; 15:6).

God het getrou gebly, maar Israel het ontrou geraak en hulle rug op die Here gekeer. As die regverdige afvallig raak, troubreuk teenoor die Here pleeg en hom nie daarvan bekeer nie, sal hy in sy sonde sterf (Eseg. 18:24). Dit is n Bybelse beginsel wat ook in Nuwe-Testamentiese tye geld (Joh. 15:4-6). Elke nuwe geslag mense moet van voor af keuses oor hulle eie geestelike lewe maak. Terwyl daar sommiges is wat in die allerheiligste geloof opgebou word (Jud. 1:20), is daar aan die ander kant van die spektrum diegene wat weens misleiding aan die geloof skipbreuk ly (1 Tim. 1:19).

n Selfopgelegde ballingskap

Israel het weens ongehoorsaamheid aan die Here by n eindelose stryd teen hulle vyande betrokke geraak. Hulle is binne-in die Beloofde Land dikwels aangeval en soms tot oorgawe gedwing deur heidense nasies, omdat hulle nie al hulle vyande oorwin en verdryf het soos wat die Here hulle beveel het toe hulle die land ingetrek het nie. As gevolg hiervan het hulle nie die sen en beskerming van die Here geniet nie. Hulle geestelike afvalligheid en blindheid het uiteindelik daartoe gelei dat hulle die Messias, Jeshua, verwerp het, en daardeur het hulle alle reg verbeur om in die land te woon wat God aan hulle beloof het. Dit het na n selfopgelegde ballingskap gelei wat byna twee millennia lank geduur het.

Moderne Israel is nog steeds betrokke by aanhoudende stryd en oorlo teen hulle vyande, omdat hulle as volk nog nie die rus van die Messias ingegaan het nie. Volgens Bybelse profesie sal hulle egter die Messias aanneem wanneer Hy weer kom (Sag. 12:10; Matt. 23:39), en dn eers sal hulle rustig in hulle eie land woon tydens die duisendjarige vrederyk van die Messias.

Die kerk van Christus moet uit Israel se foute leer. Ons moet baie goed verstaan dat Jesus die Lam van God is wat ons uit Egipte gelei het, maar ook die groot Oorwinnaar wat ons deur die Jordaan van sterwe aan die vlees gelei het na n lewe van oorwinning en blydskap in die Here. Indien ons nie die eerste genadewerk van verlossing deelagtig geword het nie, is ons nog steeds ongeredde slawe van die sonde. Indien ons wel gered is, maar nog nie die tweede genadewerk van heiligmaking saam met die volle aflegging van ons ou lewe in die geloof aangeneem het nie, bevind ons onsself in die geestelike woestyn van n onvervulde lewe wat deur baie neerlae en n gebrek aan godsvrug gekenmerk word.

Indien ons wel die oorgang na Kanan gemaak het, maar nalaat om in heiligheid te groei en onsself deeglik van alle besoedeling van die gees en die vlees te reinig, maak ons self die deur vir die duiwel oop om ons opnuut tot oorgawe aan sonde, mislukking en wreldgesindheid te dwing. Ons sal dan van ons vreugde en krag tot oorwinning beroof word en uiteindelik in n selfopgelegde ballingskap weggevoer word na n woestynlewe van val en opstaan, en selfs ook verder terug na n lewe van ongeloof in Egipte. Veragtering in die genade is n algemene verskynsel (Heb. 12:14-15).

Waarom is daar so n groot mate van geestelike verwarring in Christelike kerke wreldwyd? Die antwoord is duidelik: indien mense nie onomwonde tot bekering en wedergeboorte opgeroep word nie, is hulle steeds in Egipte en het net n gedaante van godsaligheid. Indien hulle wel tot bekering opgeroep is maar nog nie n volle oorgawe tot heiligheid gemaak het nie, is hulle geestelik onvolwasse en op reis na nrens in die woestyn van verwarring. In hierdie doellose lewe sonder vaste oortuigings sal hulle soos die golwe van die see rondgeslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering (Ef. 4:14). Dit verklaar die bestaan van honderde verskillende kerke wat elkeen sy eie leerstellings het sommige baie verder van die waarheid af as ander. Selfs baie van diegene wat wel die leer oor heiligmaking gehoor en aanvaar het, is nie volkome in hulle toewyding teenoor die Here nie en verloor later weer die erfenis van die volheidslewe. Hulle bevind hulleself dan weer terug in die woestynlewe in die geselskap van ander vleeslikes.

Ons moet goed verstaan dat daar net een pad na die land van belofte is, en dit is onder die leiding van Josua en deur die Jordaan van sterwe aan jouself. In die Nuwe Testament is Jesus Christus ons Leidsman tot heiligmaking, en die pad loop deur n oorgawe van sterwe aan jouself waarin jy volkome met die kruis van Christus moet identifiseer sodat jy aan sy dood gelykvormig kan word. Daarna sal Hy ons met sy Heilige Gees vervul sodat ons kragtig kan word in die Here om n volle wapenrusting te kan aantrek waardeur ons staande sal kan bly teen die liste van die duiwel. In Jesus Christus alleen kan ons van oorwinning tot oorwinning gaan terwyl ons opgroei tot die volwasse man of vrou in Christus.

Die mens se vrye wil

In die volheidslewe moet ons steeds elke dag keuses maak, en dit geld lewenslank vir elke mens. Die besluite wat ons neem en die keuses wat ons maak, bepaal die koers van ons lewe. Indien ons in ons besluite gelei word deur die Heilige Gees en die Woord van God, sal ons nie links of regs van die Here se pad afwyk nie, en met goeie gevolg handel oral waar ons gaan (Jos. 1:7). Dit is dus nodig dat ons n goeie begrip van die mens se vrye wil sal h, want ons is medewerkers van God wat die woord van die waarheid reg moet sny (1 Kor. 3:9; 2 Tim. 2:15). Verkeerde besluite kan daartoe lei dat ons, in n mindere of meerdere mate, van die Here se pad afwyk.

Uit die boek Josua blyk die beginsel van die mens se vrye wil baie duidelik. Die algemene roeping van die Here aan Israel het ook n persoonlike roeping aan elke individu ingesluit, wat vereis het dat elke lid van die volk self ook op die roepstem van die Here moes reageer. Dit het nie net gegeld vir die bepaling van hulle primre posisie as gelowiges en lede van God se volk nie, maar ook vir hulle voortgesette gehoorsaamheid daarna. Selfs al was hulle besnede verbondskinders wat die paaslam geslag het en uit Egipte gelei is deur God, moes alle lede van die volk nog steeds morele en geestelike keuses maak oor hoe hulle wou leef. In hierdie opsig het hulle grootliks gefaal, selfs tot op die punt waar hulle God verlon het. Hulle het al die Here se groot verlossingsdade beleef, maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn (1 Kor. 10:5).

Israel se lang swerftogte deur die woestyn was die direkte gevolg van hulle geestelike afvalligheid. Die Here s: Veertig jaar het Ek n afkeer gehad van hierdie geslag en ges: Hulle is n volk met n dwalende hart, en hulle ken my we nie; sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie (Ps. 95:10-11).

Die nuwe geslag Israeliete wat onder Josua se leiding die land Kanan verower het, moes ook self keuses uitoefen oor waar hulle lojaliteite was. Hulle het aanvanklik die regte keuse gemaak, maar Josua was sekerlik bewus van dubbelhartigheid by baie van hulle, asook van die moontlikheid dat die opkomende geslagte dalk verkeerde besluite sou neem en as gevolg daarvan geestelik sou verval. Josua het hierdie reg van vrye keuse gerespekteer:

Maar as dit verkeerd is in julle o om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: f die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, f die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien. ... As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het (Jos. 24:15, 20). Die mens het wel n vrye keuse, maar hy is nie vry van die gevolge van sy besluite nie.

Dieselfde beginsel geld ook vir ons, daarom word ons juis in die lig van Israel se verkeerde keuses gewaarsku om nie ook dieselfde foute te maak nie: En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie (1 Kor. 10:6). Soos Israel, sal dit ons niks help om te skuil agter verbondstekens en n naam dat ons God se volk is nie. Baie mense redeneer inderdaad dat hulle Christene is omdat hulle gedoop en aangeneem is, en daarom het hulle die vryheid om te leef soos hulle wil. Hulle maak n groot fout, want die Here is nie tevrede met lippediens nie, maar met n veranderde hart (Mark. 7:6-7).

Israel se fout in die woestyn was dat hulle net verstandelike aannames na aanleiding van God se verlossingsdade gemaak het, en nie regtig in die geloof daarop gereageer het nie. Hulle was net in hulle vlees besny en nie in hulle harte nie. As gevolg hiervan het die ou geslag ongelowige vormgodsdienstiges in die woestyn gesterf, en dit behoort ons tot diepe nadenke te stem: Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy ges het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie (Heb. 4:1-3).

Ons moet waarlik in die Here Jesus glo en ook alle sonde bely en laat staan, want dan alleen sal ons sy rus kan ingaan. As ware gelowiges in Christus wat onder die leiding van sy Heilige Gees optree, kan ons deur die Jordaan van die dood gaan om as Christene n oorwinnende stryd teen sonde, ongeregtigheid en versoekings te stry. Hier sal ons rus vind vir ons siele, alhoewel die stryd teen boosheid soms baie hewig sal wees. Vanuit hierdie posisie van oorwinning sal ons waardig wees om ook die komende sabbatsrus van die millennium te berf wanneer die Messias kom.

Drie vlakke van gehoorsaamheid

In sy kommentaar oor Josua s A.B. Simpson dat daar basies twee klasse Christene is, naamlik die vleeslikes en die geestelikes. Hy s egter dat die geestelikes n spektrum verteenwoordig wat verder in twee groepe onderverdeel kan word, gemeet aan die vlak van gehoorsaamheid en getrouheid wat hulle bereik het. Daar is dus drie groepe verlostes, en hy beskryf hulle as goed, beter en beste:

In alle dinge is daar n goeie, beter en n beste. Dit is veral waar in ons geestelike lewe. Die verhaal van Exodus, Levtikus en Nmeri is die goeie, want daarin word Israel se verlossing uit Egipte beskryf dit is n tipe van gelowiges se verlossing deur die Here Jesus. Deuteronmium en die eerste hoofstukke van Josua dui vir ons die beter lewe aan, naamlik Israel se intog in die Beloofde Land dit is n tipe van ons heiligmaking deur die Here Jesus en die krag van die Heilige Gees. Daar is egter nog iets meer as net dit, want in die later hoofstukke van Josua word die hoogste moontlikheid van ons geestelike lewe ontvou. Daar was keur besittings in die Beloofde Land, want daar was nog oorwinnings wat behaal moes word nadat die land ingeneem en die 31 konings verslaan is. Hebron, Kirjat-Sefer en Timnat-Serag het iets meer as net n gewone oorwinning voorgestel dit dui op n spesiale erfenis in die Here wat net die deel is van n paar geheiligde kinders van die Here wat hulleself onderskei het omdat hulle meer as oorwinnaars in Christus was.

Die eerste tree op die pad van die Here is om alle vorms van sonde en rebellie teen Hom te staak deur tot bekering te kom. Dit word voorgestel deur die deurtog deur die Rooi See, wat die begin van n nuwe lewe was. Daarna moet die geredde persoon sy hele lewenswandel in ooreenstemming met die wil van God bring. Dit behels dat hy sal sterwe aan homself en deur die Jordaan in die Land van Belofte intrek. Hierna bly daar vir die geheiligde gelowige nog die uitdaging oor om alles te doen wat die Here van hom verwag en in elke opsig van sy lewe n oorwinnaar te wees.

Daar is dus n beginpunt met betrekking tot die doen van God se wil, daarna n oorgawe tot heiligmaking, en uiteindelik die moontlikheid van vordering tot op die vlak van al die volheid van God. Paulus s: Word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is (Rom. 12:2; beklemtoning bygevoeg). In hierdie teks is daar duidelik sprake van drie vlakke van die wil van God wat deur ons nagestreef moet word, naamlik sy goeie, sy welgevallige, en sy volmaakte wil.

Sy goeie wil

Om God se goeie wil te doen, vereis dat ek deur bekering in sy wil sal inkom vanuit n ongeredde lewe wat buite sy wil gelei is: Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil h dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom (1 Tim. 2:3-4). Hy wil nie h dat sommige mense verlore moet gaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom (2 Pet. 3:9).

Dit is dus God se uitdruklike wil dat jy gered moet word. In Handelinge 17:30 staan daar: God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer. Omdat jy n vrye wilsbesluit moet neem om ooreenkomstig God se opdrag tot bekering te kom, kan jy dit weerstaan en verwerp as jy wil. Dan sal jy die gevolge daarvan moet dra. Die Here Jesus het vir die inwoners van Jerusalem ges: Hoe dikwels wou Ek [julle] bymekaarmaak net soos n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat! (Matt. 23:37-38). Ewige verwoesting in n godverlate plek wag op almal wat vir Jesus as Verlosser verwerp het.

Stfanus het die ongeredde vormgodsdienstiges in Israel van dieselfde onbekeerlike gesindheid beskuldig: Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees (Hand. 7:51). Moenie die Heilige Gees weerstaan wat met n vriendelike uitnodiging na jou toe kom om jou sondes te bely en te laat staan, jou saak met die Here reg te maak en Hom te volg en te dien nie (Joh. 16:8; Matt. 21:28-32). Sonder sy oortuigingswerk kan jy nie gered word nie, en dit is ook net Hy wat jou kan wederbaar.

Sal jy die wil van die Here begin doen deur jouself vir redding aan Hom oor te gee? Die Here Jesus Christus [het] Homself gegee vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wreld, volgens die wil van onse God en Vader (Gal. 1:3-4).

En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het ... in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander (Ef. 2:1-3). Die mensdom is in net twee families verdeel die kinders van God en die kinders van die duiwel. As ons die goeie wil van God doen, dan noem die Here Jesus ons sy familie (Mark. 3:31-35) en ook seuns en dogters van ons hemelse Vader (2 Kor. 6:17-18). Die wreldlinge en ongeredde vormgodsdienstiges word kinders van die duiwel genoem (Joh. 8:44; Hand. 13:10). Doen God se wil en word sodoende n lid van sy familie! Dit is sy versoek, begeerte n opdrag aan ons.

Sy welgevallige wil

n Persoon wat gered is, het die Bybelse opdrag om n heilige, diensbare en aan God welgevallige lewe te lei. Dit is die enigste vorm van godsdiensbeoefening wat vir die Here aanneemlik is (Rom. 12: 1), en Hy is met niks minder as dit tevrede nie. n Marginale Christelike lewe van vleeslikheid en onvrugbaarheid is nie vir die Here aanvaarbaar nie. Sulke mense sal eendag met le hande voor Hom staan, gered asof deur vuur heen (1 Kor. 3:1-3, 9-17). Doen jy die Here se welgevallige wil met betrekking tot heiligmaking en diensbaarheid, of hou jy gerieflikheidshalwe n lae profiel en gaan met bedekte sondes in jou lewe voort?

n Geheiligde lewe gees, siel n liggaam is nodig ten einde insig in verdere aspekte van God se wil te h en n lewe te lei wat vir Hom welgevallig is. Is jou hart en lewe gereinig en dra jy vrugte vir die ewige lewe, of bedroef jy die Heilige Gees in hierdie opsig deur nie jouself as n heilige en lewende offer aan Hom te wy nie? Onderwerp jou dan aan God se wil wat di saak betref, en weet dat Hy behae daarin sal h om jou vir diens toe te rus en van jou n rein kanaal te maak: Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het (1 Thess. 4:3, 7-8).

Ek moet van alle onreinheid gereinig word en in my hele lewenswandel heilig word (1 Pet. 1:15). Die beklemtoning van hoerery hierbo bevestig maar net die feit van die algemene voorkoms daarvan. Die vleeslike hartstogte en begeerlikhede van die mens word deur Satan uitgebuit, en seksuele versoekings kom een of ander tyd oor feitlik alle mense se pad. Die hele wreld is in die greep van wellus vasgevang, en die vervaardigers en uitgewers van pornografiese films en tydskrifte (asook diegene wat pornografiese webwerwe het) word skatryk.

Nog n algemene struikelblok in die weg van n heilige, Geesvervulde lewe, is drankgebruik. Sulke mense tree ook in stryd met God se wil op: Julle [moet] nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Moenie dronk word van wyn nie daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul (Ef. 5:17-18).

Tabak, dwelms en baie ander dinge besoedel jou, want waar n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook n slaaf geword (2 Pet. 2:19). Die oplossing vir verslawing aan alle sonde is voor die hand liggend: As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees (Joh. 8:36).

Moenie met hierdie besoedelings saamleef nie, maar doen daarvan afstand en stel jou liggaam as n lewende, heilige en aan God welgevallige offer in sy diens. As jy dit nie doen nie, dan doen jy nie sy welgevallige wil nie en sal jy ook nie die sen van n Geesvervulde lewe geniet nie. n Wisselvallige geestelike lewe van val en opstaan is nie tot eer van die Here nie.

Sy volmaakte wil

n Persoon wat in n volle oorgawe die stap van heiligmaking gedoen het en in die genade en kennis van Christus groei, sal noodwendig na die volmaakte wil van die Here vir sy of haar lewe begin soek. Dit behels onder meer duidelikheid oor jou roeping, asook die beste wyse waarop dit uitgeleef kan word. Paulus s: Ek vermaan julle dan om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is (Ef. 4:1). Stel vas hoe en waar jy die Here die beste kan dien.

Ons moenie die Here net nou en dan behaag en slegs met tussenposes onsself aan Hom toewy nie. Ons moet ook nie met min vrug tevrede wees as ons veel meer vir die Here kan bereik nie. Daar moet na die volmaakte wil van die Here vir ons lewe gesoek word, sodat ons ons roeping as Christene volkome kan vervul. Paulus se gebed vir die Kolossense was: dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei (Kol. 1:9-10).

Die doel van hierdie gebed vir die Kolossense was: ... dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God (Kol. 4:12). Hulle moes daarna streef om ook God se volmaakte wil te ken en te doen nie net sy goeie en welgevallige wil nie.

Het jy al die Here se volmaakte plan vir jou lewe ontdek? Die Bybel s dat jy onder die leiding van God se Gees verligte o van die verstand moet h sodat jy jou geestelike roeping en erfdeel onder die heiliges kan verstaan (Ef. 1:18). Jy moet ook bid dat die Heilige Gees jou met krag sal versterk in die innerlike mens, sodat jy in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte, lengte, diepte en die hoogte van Christus se liefde is wat die kennis oortref, sodat jy daarin gewortel en gegrond kan word en vervul kan word tot al die volheid van God (Ef. 3:16-19).

Verval uit God se wil

Die tydperk van Josua se leierskap is gevolg deur die Rigtersperiode van groot afvalligheid in Israel se geestelike lewe. Soms, onder die leiding van n Godvresende rigter, het dit beter gegaan maar daarna was die verval weer erger as ooit tevore (Rig. 2:11-23). Hierdie patroon van wisselvalligheid en herhalende tydperke van afvalligheid is ook kenmerkend van die Nuwe- Testamentiese Christendom.

Dit is nie vanselfsprekend dat as jy die welgevallige en volmaakte wil van God doen, jy dit altyd sal aanhou doen nie. Soos nooit tevore nie sal jy in jou lewe veel testand en stryd ervaar. Die duiwel sal jou op allerlei wyses aanval en probeer ontmoedig om met die Here se werk voort te gaan. Hy sal jou versoek om sonde te doen, en jou ook aktief deur middel van leerstellige dwalings probeer mislei. Dit sal van jou standvastigheid, eerlikheid, gehoorsaamheid en toewyding aan die Here afhang of jy in sy volmaakte wil sal bly.

Net soos wat ons geestelik vooruit kan gaan en volmaak en volkome in die ganse wil van God kan staan, kan ons ook agteruitgaan en in ons geestelike lewe veld verloor. Dit is moontlik om uit God se volmaakte wil te beweeg sonder om radikaal van jou roeping af weg te breek. Jy sal dan minder vrug dra, nie meer honderd- en sestigvoudig nie, maar nog altyd die Here dien en dinge doen wat vir Hom welgevallig is. Jy sal egter weet dat nie alles in jou lewe meer heeltemal reg is nie.

Deur selfondersoek en n hertoewyding kan jy weer volkome herstel word. Jy kan egter ook geheel en al onbetrokke raak by die werk van die Here, maar nog steeds aan jou getuienis as n Christen vashou (God se goeie wil). Petrus en die dissipels het in n stadium besluit om hulle roeping te laat vaar en weer te gaan visvang. Hulle het egter nie sukses hiermee gehad nie, en die Here Jesus het hulle aan die oewer van die See van Galilea besoek om hulle geestelike roeping as vissers van mense te herbevestig (Joh. 21:3-17).

Die Galsirs het ook van God se welgevallige wil af wegbeweeg toe hulle geestelik veragter het. Paulus was verbaas dat dit so maklik kon gebeur, en het daarop gewys dat hulle mislei was: Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai (Gal. 1:6-7). Hierdie gemeente is gewaarsku dat indien hulle verder op die pad van leerstellige verval sou voortgaan, hulle geheel en al uit die genade van Christus sou verval (Gal. 5:4).

Die Efsirs is ook gewaarsku dat as hulle nie van die pad van mensgemaakte werke en vormgodsdiens omdraai nie, die Here hulle kandelaar (die simbool van die Heilige Gees se teenwoordigheid in die gemeente) van hulle sou wegneem (Op. 2:4-5). Selfopgelegde geestelike duisternis sou dan in die gemeente intree. Wanneer daar vervreemding in ons verhouding met die Here Jesus intree, word afgedwaalde lidmate gewoonlik navolgers van mense en probeer om hulle te behaag. Hulle dien nie meer die Here nie.

Die besonderhede van sy wil

Dit is van die grootste belang dat ons ten alle tye op die smal pad sal volhard waarop die Here Jesus ons deur die wedergeboorte geplaas het, en nie daarvan sal afwyk nie. Die Here het vir Josua ges dat die Woord sy riglyn in die lewe moet bly, en dat hy glad nie daarvan moet afwyk nie. Indien sy voetstappe in die Woord geanker bly, sou dit altyd met hom goed gaan (Jos. 1:5-8). In n toestand van getrouheid aan die Here sou hy krag tot oorwinning ontvang en dan hoef hy geen vyand te vrees of deur enige probleem gestuit te word nie. As die Here met hom is, wie kan teen hom wees? Hy het Josua hiervan verseker: Het ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan (Jos. 1:9). Dit is vir ons ewe belangrik om in ons geestelike toewyding, besluitneming en doelstellings, absolute duidelikheid oor die wil van God te h en ons lewens daarvolgens te skik.

Binne die bre raamwerk van God se wil moet die fyner besonderhede daarvan steeds op n gereelde basis bepaal en uitgeleef word. Hoe moet ek die besluite neem waardeur ek uitvoering aan my roeping gee, en wat moet ek doen as ek voor n kruispad of n toe deur te staan kom? Vir hierdie en vele ander sake moet ook ooreenkomstig God se wil uitsluitsel verkry word. Soms is die antwoord duidelik en voor die hand liggend, maar dikwels twyfel n mens of jy die regte besluit geneem het. Die volgende riglyne word aan die hand gedoen om God se wil in spesifieke situasies te kan bepaal:

Die Bybel. Die Here praat met ons deur sy Woord en gee dikwels uitdruklike opdragte wat ons kan navolg. Soms kry ons net bre beginsels en riglyne waaraan ons op die beste moontlike manier uitvoering moet gee. Ons moet egter ook bereid wees om nee vir n antwoord te aanvaar en nie aanhou om Bybel te lees totdat ons ons eie vooropgestelde antwoorde gekry het nie. Begin net om te doen wat jou hand vind om te doen die Here sal jou lei en bevestiging uit sy Woord gee.

Gebed. Die Here s dat ons Hom moet raadpleeg en ken in al ons we (Spr. 3:6). Moet dus nie eensydige besluite neem voordat jy gebid en die Here in n saak geken het nie. Hy belowe dat as jy soek, sal jy vind (Matt. 7:7). Dit geld ook die nodige wysheid om besluite ooreenkomstig sy wil te kan neem: As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid en dit sal aan hom gegee word (Jak. 1:5).

Die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here (Jes. 11:2). Hy sal jou in die hele waarheid lei (Joh. 16:13) sodat jy telkens die waarheid van God se wil van alle gevaarlike vorms van misleiding sal kan onderskei. Ook in hierdie opsig is baie gebed en verootmoediging nodig om by die regte besluit of standpunt te kan uitkom.

Omstandighede. Die Here lei jou ook deur omstandighede. Hy s: Kyk, Ek het voor jou n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie (Op. 3:8). Hou jou o op geleenthede wat oop deure is. Let egter ook op omstandighede en geleenthede wat strydig met die wil van die Here is, en vermy dit. Moenie n toe deur probeer oopforseer en jou eie wil op n situasie afdwing nie.

Vrede in jou hart. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus (Fil. 4:7). n Mens ervaar vrede in jou gemoed as jy die regte ding doen ooreenkomstig God se wil. Die mens wat nie hierdie vrede in sy hart het nie, sal n onrustigheid en selfs n innerlike stryd ervaar. Hy sal dan weet dat wat hy beplan of doen, nie in die wil van God is nie. Laat vrede deur n rein gewete altyd jou skeidsregter wees en moenie daarsonder met n saak voortgaan nie: En laat die vrede van God ... in julle harte heers (Kol. 3:15).

Gesonde verstand. Jou verstand word geheilig en op die Woord van God ingestel as jy die Here met jou hele hart, jou hele verstand en al jou krag liefhet. Deur die Heilige Gees gee die Here aan ons verligte o van die verstand sodat ons sy wil kan verstaan en na die beste van ons oordeel uitvoering daaraan kan gee. Hy leer ons om ons gesonde verstand in sy diens te gebruik (Tit. 2:11-12; 1 Pet. 1:13), maar ons sal dit slegs kan doen wanneer ons denke op Christelike beginsels gebaseer is.

Die begeertes van jou hart. Die Heilige Gees wek goeie begeertes in jou hart op wat tot eer van die Here is, want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae (Fil. 2:13). Verlustig jou in die Here, dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart (Ps. 37:4). n Aanduiding van God se wil kan begeertes wees wat Hy self in jou hart gewerk het. Jy mt die dinge van die Here begeer en bedink: As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie (Kol. 3:1-2). Indien jou begeertes geheilig is, sal die Here aan jou oop deure van geleenthede gee om dit te kan uitvoer. Onthou egter dat daar altyd versoekings sal wees om te sondig, daarom moet jy aanhou om vleeslike en bose begeertes te weerstaan.

Die regte tyd. Moenie impulsiewe, oorhaastige besluite neem nie. Die Here antwoord ons gebede op sy eie bestemde tyd: Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word (Heb. 4:16). Wees geduldig en wag op die Here.

Wanneer jy na die wil van die Here soek, moet jy daarteen waak om blindelings ander mense se raad te volg, veral wanneer hierdie persone (gewoonlik selfaangestelde profete) beweer dat die Here iets oor jou roeping aan hulle geopenbaar het wat Hy nie aan jou geopenbaar het nie. Daar is vandag baie sulke profete wat jou lewe met twyfelagtige motiewe in n bepaalde rigting wil stuur om hulle eie doel te bereik. Waarom sou die Here so duidelik met hulle praat oor jou toekomsplanne en nie met jouself nie? Ons het nie, soos in Ou-Testamentiese tye, middelaars nodig om die Here namens ons te raadpleeg nie. Ons kan goeie raad oorweeg wat deur Geesvervulde vriende aan ons gegee word, maar dit kan nooit die finale aanduiding wees oor wat jy moet doen nie. Die Woord van die Here en die leiding deur sy Heilige Gees is die finale gesag vir enige besluite met betrekking tot jou lewe.

Soos wat Josua sy volk gelei het om al die Here se beloftes te aanvaar oor n nuwe lewe in die Beloofde Land, ver weg van hulle sondige verlede in Egipte, is die Here Jesus ons Leidsman wat ons nie net van ons sonde verlos nie, maar ook erfgename wil maak van al die beloftes oor die volheidslewe. Ons moet sy leiding getrou volg, nie links of regs van sy Woord afwyk nie, met sy Gees vervul word en nooit enige kompromie met die wreld maak nie. Dan alleen sal ons koersvas op pad wees na die Nuwe Jerusalem waar ons vir ewig in die lig van sy aangesig sal lewe.

Addendum: Twee Duidelike Fases in Petrus se Lewe

Heilige manne in die Bybel behoort nie tot die vlak van rolmodelle verhef te word nie, omdat elkeen se omstandighede en roeping uniek is. Jesus Christus is ons enigste rolmodel en ons word geroep tot n lewe van gelykvormigheid aan Hom. Petrus s dat Jesus vir ons n voorbeeld gestel het sodat ons sy voetstappe kan navolg (1 Pet. 2:21). Ons kan nogtans baie uit Petrus en ander heilige manne se lewens en ervarings leer nie net uit dit wat hulle bereik het nie, maar ook uit hulle mislukkings. Ons moenie dieselfde foute maak as wat hulle gemaak het nie. Indien ons wel soos hulle faal, dan moet ons let op die wyse waarop hulle hul probleme oorkom en weer in die regte verhouding met die Here gekom het. Kyk egter veral na dit wat hulle positief bereik het en word daardeur genspireer om beter navolgers van die Here Jesus te word:

Daarom dan, terwyl ons so n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las afl en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons l, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof (Heb. 12:1-2). Slaan ag op die wolk van getuies en leer uit hulle ondervindings, maar hou jou o op die Here Jesus gevestig. Die geheim van die oorwinnende lewe is om in Christus te bly (Joh. 15:4-5) en nie n navolger van mense te word nie.

Daar was verskeie hoogte- en laagtepunte in Petrus se lewe, en sy geestelike oorwinnings het n blywende erfenis vir Christene van alle tye nagelaat. Uit n geheelbeeld van sy lewe is dit duidelik dat daar twee fases in hierdie dissipel se lewe was. Eers was daar die wisselvallige deel van sy lewe tussen sy bekering en vervulling met die Heilige Gees, maar n Pinksterdag sien ons Petrus as die Geesvervulde dissipel van Jesus wat groot dinge vir die uitbreiding van die Here se koninkryk bereik het. Ten spyte van die hewigste druk op hom het hy nooit voor versoekings of aanslae geswig nie en enduit op die nou pad volhard.

Die volgende was die belangrikste stadiums in Petrus se geestelike ontwikkeling:

1. Sy roeping en opleiding

Petrus is as n visser by die See van Galila geroep om n dissipel van die Here Jesus te word: En terwyl Jesus langs die see van Galila loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andras, sy broer, besig om n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Hy s vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg (Matt. 4:18-20).

Jesus het n klein groepie dissipels geroep om intensief opgelei te word vir hulle toekomstige rol om Hom voltyds as evangeliste te dien. Dit beteken nie dat alle getuies van Christus hulle werk moet bedank om Hom voltyds te dien nie elkeen moet ten volle duidelikheid oor sy eie roeping verkry. Selfs n toegewyde apostel soos Paulus het vir sy lewensonderhoud tente gemaak, maar dit was nooit die belangrikste fokus van sy lewe nie.

Petrus het alles verlaat om die Here Jesus te volg sy werk n sy familie en hy het later slegs vir een nag na sy vroere beroep as visserman teruggekeer toe hy gedink het dat dit te moeilik en ook te gevaarlik was om Jesus te dien. Hy is egter gou van sy twyfel, vrees en gebrek aan motivering verlos.

2. Sy kennis, voortvarendheid en verloning van die Messias

Petrus was die eerste dissipel wat openlik verklaar het dat Jesus die Messias en Seun van God is. Hy het sonder huiwering ges: U is die Christus, die Seun van die lewende God (Matt. 16:16). Christus het hierop geantwoord: Jy is Petrus [afgelei van petros, n klein rotsie], en op hierdie rots [petra: n groot rots] sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie (Matt. 16:18). Die groot rots verwys na Petrus se getuienis dat Jesus die Christus is. In hierdie uitspraak bevestig die Here Jesus vier kerngedagtes in verband met die Nuwe-Testamentiese kerk:

1.    Hy sou sy kerk (die ekklesia, of uitgeroepenes) in die wreld vestig en dus die Hoof daarvan wees.

2.    Hy sou self die fondament of rots wees waarop die kerk gebou word nie Petrus nie.

3.    Hierdie kerk sou groot geestelike testand ervaar, want al die bose magte waaroor Satan beskik, sou ingespan word om die kerk te vervals of te vernietig.

4.    Die ware kerk sal nie vernietig word nie, maar al die aanslae teen hom oorleef.

In die tyd toe Petrus die belangrike openbaring oor Jesus as die beloofde Messias en Seun van God ontvang het, was hy nog nie n Geesvervulde gelowige nie en het nie die hele raad van God geken nie. Hy het bv. glad nie besef dat Jesus twee keer sou kom, en tydens sy eerste koms die lydende Messias sou wees wat sy lewe vir sondaars afl nie. As gevolg van sy vleeslikheid en gebrekkige kennis kon Petrus nie verstaan waarom Christus moes ly en sterf nie.

Die Here Jesus het ges dat Hy baie onder die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood word en op die derde dag opgewek word (Matt. 16:21). Petrus het totaal negatief hierop gereageer: Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en s: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! Maar Hy het omgedraai en vir Petrus ges: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense (Matt. 16:22-23).

Pas nadat Petrus n stelling gemaak het oor n baie groot waarheid met betrekking tot Jesus se Godheid en Messiasskap, het die duiwel hom weens sy beperkte insig in God se raadsplan mislei om homself teen die moontlikheid van Jesus se kruisiging uit te spreek. Baie Christene wat onkundig en geestelik onvolwasse is, tree ook so op. Die een oomblik bely hulle n groot waarheid uit die Woord, en die volgende oomblik ontken hulle weer n kernwaarheid in die Bybel en verkondig een van Satan se baie leuens. Hulle doen dit as gevolg van misleiding of n gebrek aan kennis, en is gewoonlik vas daarvan oortuig dat hulle die regte siening huldig.

Selfs nadat Petrus reggehelp is, was dit nie die einde van sy vleeslike arrogansie nie. Kort voor Jesus se kruisiging het Hy aan sy dissipels ges: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My. ... Daarop antwoord Petrus en s vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie. Jesus s vir hom: Voorwaar Ek s vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verlon. Petrus s vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verlon nie! So het ook al die dissipels ges (Matt. 26:31-35). Petrus het ook die ander dissipels benvloed om op hulle eie krag en integriteit te vertrou.

n Mens kan die mooiste en eerbaarste voornemens h om in die Here Jesus se voetspore te volg en nie daarvan af te wyk nie, maar sonder die instaatstellende krag wat Hy deur sy Heilige Gees aan ons verleen, sal daar niks van kom nie. Die aand voor die kruisiging het Petrus drie keer heftig ontken dat hy n dissipel van Jesus was. Toe Jesus op die punt was om die doodstraf deur kruisiging opgel te word, en sy dissipels onder geweldige druk van vervolging verkeer het, was Petrus nie eers in staat om teenoor n eenvoudige diensmeisie te erken dat hy n volgeling van Jesus was nie. Hy het selfs gesweer dat hy Hom nie ken nie (Matt. 26:69-74).

Petrus het gou sy fout besef: En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom ges het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verlon. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween (Matt. 26:75). Wanneer n mens se beste voornemens in mislukking eindig, voel jy baie teleurgesteld, skaam en jammer oor jou lafhartige optrede. Jou selfbeeld is in skerwe en daar is n streep deur jou getuienis as Christen getrek. Jy wonder hoe dit moontlik is dat jy so n swakkeling kon wees. Petrus het egter nie die stryd gewonne gegee nie, maar bitter berou oor sy mislukkings gehad en besluit om weer te probeer.

3. Sy tydelike en gedeeltelike herstel

Petrus was in hierdie tyd steeds nie met die Heilige Gees vervul nie, daarom kon verwag word dat daar van sy herstelpoging nie veel sou kom nie. Kort n die kruisiging van Jesus Christus het hy weer by die ander dissipels aangesluit en probeer om sy gebroke geestelike lewe in orde te kry.

Die dissipels was egter almal vreesbevange n die teregstelling van Jesus en het hulleself in n vertrek toegesluit. Die Sondag toe die Here Jesus uit die graf opgestaan het, was hulle steeds agter geslote deure bymekaar: En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle ges: Vrede vir julle! (Joh. 20:19).

Tydens hierdie byeenkoms het die dissipels vir die eerste keer die sendingopdrag ontvang (Joh. 20:21). Hoewel hulle deur die Heilige Gees die vrede van sondevergifnis gehad het, was hulle nog nie met die krag van die Heilige Gees vervul nie en kon dus toe nog nie begin om die opdrag van wreldevangelisasie uit te voer nie. Hulle moes eers geestelik hiervoor toegerus word:

En Hy s vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte (Luk. 24:46-49).

Voor die vervulling met die Heilige Gees het Petrus en die ander dissipels besef dat hulle nie die geestelike krag en motivering gehad het om n goddelose, vyandige wreld met die evangelie van Christus te konfronteer nie. Hulle het hulle onvermo besef, vir die geweldige uitdaging teruggedeins en besluit om maar liewer n lae profiel te hou en voorlopig na hulle sekulre beroepe terug te keer. Petrus het ges: Ek gaan visvang. Hulle s vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie (Joh. 21:3).

Die Here Jesus het volle begrip vir hulle gebrek aan kennis en geestelike toewyding gehad, en duidelik vir hulle gewys dat hulle nie gelukkig sou wees as hulle na die wreld terugkeer nie. Hy het hulle by die See van Galilea gaan opsoek, deur n wonderwerk verseker dat hulle baie visse vang, en daardeur vir hulle gewys dat net Hy n verskil in hulle lewens kon maak. Hy kon beslis ook van hulle vissers van mense maak. Jesus het aan Petrus die geleentheid gegee om drie keer te bevestig dat hy Hom waarlik liefhet. Sodoende het hy vergoed vir die drie keer wat Hy Jesus verlon het, en toe die opdrag gekry om as n herder vir die Here Jesus se kudde op te tree deur geestelike voedsel en versorging aan hulle te bied (Joh. 21:15-17).

Onder die geledere van vleeslike Christene is daar ook verskeie persone wat n n tyd besluit om nie meer die Here te volg en te dien nie, en hulleself weer ten volle in n sekulre loopbaan in die wreld te gaan uitleef. Hulle soek nie meer die Here nie en dien Hom op n halfhartige wyse. Sulke mense sal nooit geluk vind nie, omdat hulle n geestelike roeping verruil het vir iets wat tydelik, minderwaardig en onvervullend is. Daar is vir hulle net een pad en dit is terug na die Here Jesus, na hernude reiniging deur sy bloed en die vervulling deur sy Heilige Gees. Teruggevallenes moet Psalm 51 lees en n nuwe oorgawe aan die Here maak.

4. Vervulling met die Heilige Gees

Petrus was onder die groep van 120 dissipels en ander gelowiges wat in Jerusalem op die uitstorting van die Heilige Gees gewag het, sodat hulle toegerus kon word met krag uit die hoogte. In Handelinge 1:8 het die Here Jesus ges: Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Juda en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde. Die opdrag was groot, maar so ook die instaatstellende krag.

Petrus, wat in n stadium herhaaldelik vir Jesus verlon het toe hy onder die druk van vyandige mense geswig het, het homself vir tien dae lank saam met die ander dissipels verootmoedig om sy sonde en vleeslikheid te bely, sy geloof volkome in Jesus Christus te stel en te wag op die uitstorting van die Heilige Gees sodat hy vir diens bekragtig kon word. Die dissipels is op Pinksterdag met die Heilige Gees vervul en die nuwe Petrus het met groot oortuiging die evangelie aan n misleide Joodse volk verkondig. Hy het n kragtige boodskap gebring en op een dag drieduisend siele na Christus gelei. Dit was die eerste vaste tre van die jong kerk van Christus op aarde.

Daarna het die vroe kerk dikwels aan vleeslikheid en n gebrek aan kennis mank gegaan, en dit onderstreep die feit dat almal van ons n bekering ook n dieper genadewerk van vervulling met die Heilige Gees nodig het. Sonder hierdie ondervinding sal ons niks in die diens van die Here bereik nie. Israel moes nie alleen deur die Rooi See van wedergeboorte gaan nie, maar ook deur die Jordaan van n volle oorgawe en sterwe aan die ou lewe van val en opstaan. Dieselfde beginsel geld vir alle gelowiges.

In die fase van Petrus se lewe n Pinksterdag het hy ervaar wat dit was om in die volheid van die Heilige Gees te wandel en ver verby aardse begeerlikhede na ons ewige woning in die hemel te kyk. Hy het uit eie ondervinding geweet wat dit was om n vleeslike Christen te wees wat die Here Jesus in baie opsigte teleurgestel en ook verlon het, maar genadiglik het hy die opdrag ernstig opgeneem om op die Here te wag totdat hy toegerus was met krag uit die hoogte. Daarna het hy nooit weer omgekyk of gehuiwer nie, selfs nie toe hy aan die einde van sy lewe n marteldood deur kruisiging in die gesig gestaar het nie.

Wandel jy ook deur die volheid van die Heilige Gees? Dan sal jy krag ontvang om n getuie vir Christus te wees en onder die moeilikste omstandighede staande te kan bly sonder om moedeloos te word en terug te draai na die wreld toe. Jy sal ook kragtig word in die Here om met sukses teen die aanslae van die duiwel weerstand te kan bied. Verder sal jou kennis van die Here en sy Woord toeneem totdat jy saam met al die heiliges ten volle sal kan begryp wat die breedte, lengte en diepte van Christus se liefde is, sodat jy vervul kan word tot al die volheid van God (Ef. 3:17-19).

5. Sy sleutelrol in die vestiging van die kerk

Petrus was die dissipel wat deur die Here uitverkies is om op Pinksterdag die oorgang van die bedeling van die wet na die bedeling van genade aan te kondig. Die kerkdispensasie kon eers begin nadat die Here Jesus die losprys vir mense se sonde betaal en daardeur al die skaduagtige offers van die Ou Testament vervul het. Hy moes ook uit die dood opstaan om sy oorwinning oor die magte van die duisternis te demonstreer en daardeur aan almal van ons n opstanding in n nuwe lewe te kon bied. Ons moenie net aan Jesus se dood gelykvormig word deur vir die wreld en die sonde te sterf nie, maar ook aan sy opstanding, sodat ons saam met Hom in n nuwe lewe kan wandel (Rom. 6:5).

Ons kan egter slegs hierdie geestelike seninge deur die werking van die Heilige Gees deelagtig word, daarom moes die Here Jesus eers na die hemel opvaar, sodat die Heilige Gees uitgestort kon word om Hom oral op aarde te verteenwoordig en mense se aandag op Hom en sy versoeningswerk te vestig (Joh. 14:26; 16:14). Die Heilige Gees kan tegelyk in miljoene mense se harte en lewens werk om hulle van sonde te oortuig, te wederbaar, te vervul, in die hele waarheid te lei en die Here Jesus n werklikheid in hulle harte te maak.

Dit was Petrus se taak om aan te kondig dat die nuwe bedeling begin het. Dit het op die oggend van die Ou-Testamentiese Pinksterfees gebeur, toe duisende Jode in Jerusalem byeengekom het om n fees ter ere van die wet te vier. In Egipte moes die Israeliete n paaslam slag tydens hulle verlossing uit die slawerny van Farao. Op die 50ste dag van hulle uittog uit Egipte was die volk by Sinai waar hulle die wet ontvang het. Hulle het egter daar in grootskaalse ongeloof verval en n goue kalf gemaak om as hulle god te aanbid (Ex. 32:4). Hierdie daad van afgodediens het die toorn van die Here verwek en Hy het n plaag gestuur waarin drieduisend Israeliete gesterf het.

Aan die begin van die Nuwe-Testamentiese bedeling is Jesus as die Lam van God op die dag van die Paasfees gekruisig. Drie dae later het Hy uit die dood opgestaan. Vyftig dae later (dit is tien dae na sy hemelvaart) is die Heilige Gees uitgestort op die Ou-Testamentiese feesdag van die wet, om daardeur aan te toon dat die wet oorgegaan het in genade. Die wet kon Israel nie red nie en het hulle veroordeel weens hulle sonde. Die Heilige Gees kon mense egter van die genade van Christus oortuig en op een dag drieduisend siele red. Dit was die begin van n groot oes vir God se koninkryk in Israel en ook onder die nasies van die wreld.

Petrus het die oorgang van Moses se wet na die Messias se genade aangekondig. In sy preek het hy Israel aan die kruisiging van Jesus herinner, aan sy opstanding uit die dood, asook aan die feit dat Hy Here is, en daarop gewys dat dit die grondslag van die Nuwe- Testamentiese weg van verlossing is: Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. ... Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels ges: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus s vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. ... Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag (Hand. 2:32, 36-40). Dit was die begin van Christus se kerk op aarde.

6. Sy briewe aan die gelowiges

Petrus het sy Christelike bediening met groot ywer en toewyding voortgesit. Hy was s volkome met die Heilige Gees vervul en met hemelse insig beklee, dat die Gees hom gelei het om twee sendbriewe te skryf wat later n deel van die Bybel geword het. Hy het die jong Messiaanse gemeentes aangemoedig om hulle hoop volkome in die genade te stel wat hulle deel geword het by die openbaring van Jesus Christus, omdat hulle vrygekoop is deur die kosbare bloed van Christus, soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos (1 Pet. 1: 13-19). Die kruis het gedoen wat die wet nie vir hulle kon doen nie.

Petrus het die gelowiges opgeroep om te verkondig die deugde van Hom wat hulle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig (1 Pet. 2:9), en hulle daarop gewys dat dit konkrete, histories bewysbare feite was wat hy en die ander apostels verkondig het: Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit (2 Pet. 1:16).

Die jong gemeentes is ook daaraan herinner dat hulle bywoners en vreemdelinge in n bose en verbygaande wreld is waarin hulle veel verdrukking sou verduur (1 Pet. 2:11; 4:1-19). Petrus het n hele hoofstuk aan die tragiese verskynsel van teruggevallenes gewy wat die pad van die Here verlaat en na n sondige lewe in die wreld teruggekeer het (2 Pet. 2:1-22). Christene word egter bemoedig om geestelik staande te bly in hierdie goddelose wreld wat vir die vuur bestem is: Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas (2 Pet. 3:11-12).

Heiligmaking was n belangrike tema in sy prediking en geskrifte. Hy het die opdrag aan Israel in Levitikus 11:44 herhaal en daardeur bevestig dat dit op alle mense van alle tye van toepassing is: Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig (1 Pet. 1:15-16). Die mens is na God se beeld van heiligheid geskape, maar hierdie beeld is deur die sondeval geskend. Ons word egter geroep om opnuut met God se beeld van volkome heiligheid beklee te word, want daarsonder kan ons God nie behaag nie.

As ons aan die Here Jesus se dood en opstanding gelykvormig word, dan beklee ons onsself met Christus en wandel deur sy Gees. Petrus wys sy lesers daarop dat Christus deur sy lyding en sterwe vir ons getoon het hoe om vir die verdorwenheid van die wreld te sterf. Ons moet ons kruis opneem en Hom volg (Luk. 9:23; 1 Pet. 2:21), selfs al bring dit vir ons vervolging mee (1 Pet. 4:12-13).

7. Petrus se marteldood

Toe Jesus nog op aarde was, het Hy die onaangename einde van Petrus se aardse lewe voorspel en vir hom ges: Voorwaar, voorwaar Ek s vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. En dit het Hy ges om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, s Hy vir hom: Volg My. En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en ges het: Here, wie is u verraaier? Toe Petrus [vir Johannes] sien, vra hy vir Jesus: Here, maar wat van hom? Jesus antwoord hom: As Ek wil h dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My (Joh. 21:18-22).

Proff. Walvoord en Zuck s die volgende oor bogenoemde gedeelte in hulle Bible Knowledge Commentary, bl. 345-346: Verse 18 en 19 bevat n ernstige voorspelling oor Petrus se komende kruisiging. Toe Petrus oud was, is hy met uitgestrekte arms aan n kruis vasgebind (1 Clement 5:4; 6:1; Eusebius: The Ecclesiastical history, 2:25). Gehoorsaamheid aan Christus se basiese opdrag, Volg My, is die belangrikste saak in elke Christen se lewe. Soos wat Jesus die Vader se wil gedoen het, moet die dissipels ook die Here se wil doen, ongeag of hulle pad na n kruis of een of ander moeilike ervaring lei. Toe Petrus ingelig is oor God se plan met sy lewe, het hy gewonder wat die toekoms vir sy vriend, Johannes, ingehou het. Jesus het hom skerp berispe omdat hy so nuuskierig was oor God se wil vir n ander persoon se lewe: Wat gaan dit jou aan? Volg jy My. Sekere dissipels kan maklik van die spoor afdwaal as gevolg van onnodige vrae oor God se verborge wil, en dan as gevolg daarvan God se duidelik geopenbaarde wil verontagsaam. God se spesifieke planne vir individuele Christene verskil baie van mekaar, en in die meeste gevalle maak Hy nie die redes daarvoor aan ons bekend nie. Petrus moes homself toewy aan God se regstreekse opdragte aan homself.

Ons moet ook daaraan toegewy wees om die Here se duidelike opdragte aan ons uit te voer, en die toekoms in sy hande los. Ons weet nie eers wat die dag van mre inhou nie, daarom moet ons elke dag doen wat ons hand vind om te doen, en daarna streef om met die Here se dinge besig te wees wanneer Hy kom om ons te kom haal ongeag of dit by ons dood of tydens sy wederkoms sal wees.

Volgens Foxes Book of Martyrs is Petrus in Rome ter dood veroordeel en gekruisig. Nero het redes gesoek om Petrus tereg te stel, maar mede-Christene het daarvan te hore gekom en hom dringend versoek om die stad te verlaat en sodoende sy lewe te spaar. Petrus was aanvanklik onwillig, maar is uiteindelik deur hulle oortuig om te vlug. Toe hy by die stadspoort gekom het, het Jesus volgens oorlewering aan hom verskyn, en Petrus het in eerbied aan Hom gevra: Here, waarheen gaan U?, waarop Hy geantwoord het: Ek het gekom om weer gekruisig te word. Petrus het na aanleiding hiervan verstaan dat hy sy lyding ter wille van Christus moes aanvaar, en het dadelik teruggedraai na die stad toe. Hy is kort daarna gekruisig, maar op sy eie versoek is hy onderstebo gekruisig. Hy het ges dat hy onwaardig was om op dieselfde manier as die Here Jesus gekruisig te word.

Dit is slegs wanneer n mens se o op jou ewige bestemming in die hemel gerig is dat jy die Here Jesus onvoorwaardelik sal volg en dien ongeag wat die koste daarvan mag wees. Vervulling met die Heilige Gees is n absolute vereiste vir n lewe van volkome diens aan die Here, asook vreesloosheid vir die gevolge daarvan selfs al beteken dit n marteldood. Petrus het n sy bekering n baie duidelike ervaring van vervulling met die Heilige Gees gehad.

Kan jy ook van die vervulling met die Heilige Gees getuig en wandel jy steeds deur die Gees? Daarsonder sal jy nie vaste oortuigings h nie, deur elke wind van lering meegesleur word, maklik voor die geringste testand swig, en bo alles nie geskik wees om as n getuie vir die Here Jesus op te tree terwyl Hy talm om te kom nie. Ons moet ook, soos die 120 getroue volgelinge van Jesus in die bokamer, wag op die Here totdat ons toegerus is met krag uit die hoogte. Dan alleen sal ons met vertroue die moeilike taak kan aanpak wat Hy aan ons opgedra het.