9. Gebed

Gebed is een van die belangrikste Christelike aktiwiteite wat daar is. Hierdeur beoefen jy n intieme wandel met die Here en l die grondslag vir sukses in ander geestelike aktiwiteite. Dit plaas jou ook op oorwinningsgrond in die stryd teen die Bose, omdat jy jouself in die geloof aan die beskerming en sorg van die Groot Oorwinnaar, Jesus Christus, toevertrou. Dr. Andrew Murray het ges: Ek is daar seker van dat ons nooit ten volle sal weet wat die gebed bedoel is om te wees, solank as wat ons dit hoofsaaklik beskou as n middel om ons eie Christelike lewe te onderhou nie. As ons leer om dit te beskou as die vernaamste deel van die werk wat aan ons toevertrou is, die grond en sterkte vir al ons werk, dan sal ons sien dat daar niks is wat ons so moet bestudeer en beoefen as die kuns om reg te kan bid nie.

Die versoek van die dissipels was: Here, leer ons bid (Luk. 11:1). Die kuns van ware gebed en voorbidding kan ons alleen by die Groot Voorbidder, Jesus Christus, leer. Dit is n leerskool waarin ons ook in genade en kennis moet toeneem. Hoewel die gebed in sy beginstadium so eenvoudig is dat die kleinste kind kan bid, is dit terselfdertyd ook die hoogste vorm van toewyding en diens aan die Here waartoe die mens geroep word.

Priesterlike werk

As n heilige priesterdom moet ons leer wat dit is om volhardend by die genadetroon van God vir die redding van siele te pleit (Luk. 18:1). n Priester leef net vir die eer van God en die redding van mense. Sy gebed gaan dus nie om eiebelang nie. Ons moet in di opsig van die Hopriester leer. Soos wat Christus Homself vir ons opgeoffer het, moet ons ook in ons gebedslewe onsself vir die geestelike belange van andere opoffer.

Die Heilige Gees en gebed

Leiding vir gebed kom van die Heilige Gees af (Rom. 8:26). Ons moet onsself gedurig aan die leiding van die Heilige Gees oorgee om ons gedagtes, gebede en ons hele lewe te oorheers. Hiersonder sal ons nie die vurige gebed van n regverdige kan bid, wat groot krag het nie (Jak. 5:16).

Duidelikheid van gebedsversoeke

Gebedsversoeke moet spesifiek en duidelik omskrewe wees. Die Here Jesus se vraag is: Wat wil julle h moet Ek vir julle doen? (Mark. 10:36). Ons gebede moet dus nie vaag en doelloos wees nie. Moenie net in die algemeen bid dat die Here jou sonde moet vergewe nie, maar noem jou sondes en ongeregtighede by die naam (1 Joh. 1:9). Ook in jou taak van voorbidding vir andere moet jy daarteen waak om ongedentifiseerde gebede vir die redding van siele te bid, asook versoeke dat die Here alle mense op aarde moet sen. Sulke gebede is op geen spesifieke land, gemeenskap, familie, indiwidu of probleem gerig nie, dus sal jy nie weet waar om vir die antwoord te kyk nie.

Binnekamergebede

Elke Christen mt n persoonlike gebedsverhouding met die Here Jesus handhaaf. Sorg daarvoor dat daar tye en plekke is waar jy gereeld alleen met die Here praat (Matt. 6:6). Die persoonlike gebed is n verborge geestelike kragbron in jou lewe. As dit n gereelde instelling in jou lewe is, sal die Here Jesus jou in die openbaar vergeld. Wanneer jy tussen mense is en met versoekings en aanslae te kampe het, sal Hy jou beloon deur aan jou krag tot oorwinning te skenk. Jou vriende, familie en kollegas sal sien dat jy n mate van selfbeheersing, kalmte, vertroue, vasberadenheid, opregtheid en beginselvastheid het wat net van die Here af kom.

Groepsgebede

n Besondere sen rus op gebedsbyeenkomste (Matt. 18:19-20). n Kind van die Here het nie alleen n behoefte aan die verborge, eensame gebed nie, maar ook aan openbare gebede saam met ander. Ons word deur dieselfde Gees tot lede van een liggaam saamgebind, daarom moet ons ook as n groep funksioneer en vir die verwesenliking van n bepaalde doel saamwerk. Uit die teks hierbo is dit duidelik dat ons oor n saak moet saamstem. Die geheim van gesamentlike gebed moet ontdek en beoefen word, naamlik dat almal in hulle gemoed sal saambid en saamstem terwyl een persoon aan die woord is. n Biduur bestaan dus nie uit die opstapeling van n aantal indiwiduele gebede nie, maar uit die onderlinge deelname aan n gebed.

Die sekerheid van gebedsverhoring

Die Here Jesus is self die waarborg vir gebede wat in sy Naam gebid word (Joh. 14:13; vgl. ook Joh. 16:23; Matt. 7:7-8; Mark. 11:24). Die Bybelse beloftes oor gebedsverhoring is voorwaardelik, en dit is in elkeen van ons se belang om n studie van die voorwaardes te maak en daaraan te voldoen: Gebedsversoeke moet op die verheerliking van die Vader gerig wees (Joh. 14:13; Matt. 6:9-10). Dit moet in ooreenstemming met sy wil wees (1 Joh. 5:14; Rom. 8:27). Ons lewe en begeertes moet in die Here Jesus wees, en sy woorde in ons harte, sodat ons geen selfsugtige motiewe het nie (Joh. 15:7; Jak. 4:3). Gebede moet op n lewe van reinheid en godsvrug gerig wees (1 Thess. 4:3, 7; Joh. 15:16). n Heilige lewe is n voorvereiste vir gebedsverhoring (1 Joh. 3:22). Ons mt andere vergewe as ons om die vergifnis van sonde tot die Vader bid (Mark. 11:25-26). Onvergewensgesindheid en bitterheid is n groot struikelblok vir gebedsverhoring (Matt. 6:15). Ons moet in die geloof bid sonder om te twyfel (Heb. 11:6; Jak. 1:6-8). Dit is nodig dat elkeen van ons n noue verhouding met die Here sal handhaaf, en sodoende sal verseker dat daar nie n muur van sonde tussen ons en Hom opbou nie. Dit sal ons vrymoedigheid vir gebed ondermyn.

Gebedstemas

Die volgende is Bybelse voorskrifte oor gebedstemas:

Lofprysing. Prys die Here vir al sy grootheid en goedheid en guns. Verheerlik sy Naam en bring aan Hom die lof wat Hom toekom. Gebruik verse uit die Psalms, bv. Psalm 103, vir hierdie doel.

Danksegging. S vir die Here dankie vir alles wat Hy vir die redding van die gevalle mensdom, en ook vir jou persoonlik, gedoen het. Dank Hom vir al die wonderlike beloftes in sy Woord. Hy het belowe om jou nooit te begewe en jou nooit te verlaat nie, om nooit te laat vaar die werke van sy hande nie, om in elke behoefte van jou te voorsien na die rykdom van sy genade, en om met jou te wees tot aan die voleinding van die wreld.

Die behoeftes van die heiliges. Bid vir voorsiening in die behoeftes van die heiliges (Ef. 6:18). Bid dat hulle beskerm sal word teen al die aanslae van Satan. Bid dat die Here aan hulle geopende deure vir die bediening van sy Woord sal gee, en groot vrymoedigheid om die verborgenheid van die evangelie aan 'n verloregaande wreld te verkondig (Ef. 6:19).

Jou eie behoeftes. Maak jou behoeftes met danksegging vir die vervulling daarvan aan die Here bekend (Fil. 4:6). As jy gesondig het, bely dit voor die Here (Ps. 51:3-17).

Die redding van siele. Die redding van siele is die groot doel waarvoor die Here Jesus na die aarde toe gekom het (Luk. 19:10), daarom moet ons ernstig hiervoor bid. Bid ook dat die Here arbeiders sal uitstuur om die oes in te samel (Matt. 9:37-38).

Heiligmaking en herlewing. Heiligmaking is God se wil vir al sy kinders (1 Thess. 4:3; 1 Pet. 1:14-16). Maak dit 'n gebedsaak om 'n heilige, oorwinnende lewe te lei. Bid ook vir herlewing in teruggevalle kerke en gemeentes (Op. 2:4-5).

Genesing. Die Here Jesus wil ook ons liggaamlike ongesteldhede genees (Jak. 5:14). Ons leef egter in n gebroke, verganklike wreld waarin Christene ook siek word sonder dat dit altyd met n sondige toestand verbind kan word. Soms word mense genees (Hand. 28:9) en soms nie (2 Kor. 12:7-10; 2 Tim. 4:20). Die Here kan mense regstreeks genees, maar dikwels gebruik Hy die mediese wetenskap vir hierdie doel. Ons moet berus by ons omstandighede as ons daaroor gebid het. Sommige mense wat nie genees is nie, is steeds kragtige getuies vir die Here.

Oorwinningskrag in die geestelike stryd. Bid vir oorwinning in die stryd teen die vlees, die wreld, die duiwel en die sonde (Matt. 6:13; 26:41; Jak. 4:7).

Die regering. Bid vir die redding van jou regeringshoofde en hulle ondergeskiktes (1 Tim. 2:1-4). Hieruit is dit duidelik dat mens nie hoef te bid dat die Here 'n goddelose regering sen nie, maar dat hulle siele gered sal word, en dat die Here hulle daarvan sal weerhou om onleefbare toestande vir hulle onderdane in die land te skep. Die Here kn bose raad verydel en enige leier besluite laat neem wat in ooreenstemming met sy wil en die gebede van sy kinders is (Spr. 21:1).

Israel se redding en die vrede van Jerusalem. Bid vir die fisiese n geestelike herstel van Israel (Eseg. 36:22-27). Daar moet om die vrede van Jerusalem gebid word, omdat die vyand se aanvalle in die besonder op di stad gerig is (Ps. 122:6; vgl. ook Jes. 62:6-7; Rom. 11:25-26).

Ren en materile seninge. Die Here gee ren (Jer. 14:22; Sag. 10:1), en weerhou dit ook indien 'n volk in goddeloosheid verval (Jer. 3:2-3). Wanneer daar dus om ren gebid word, moet dit met gebede van persoonlike, gemeentelike n nasionale verootmoediging gepaard gaan.

Die wederkoms en vrederyk. Dit moet die gebedsverlange van elke gelowige wees dat Jesus Christus spoedig sal kom om sy koninkryk van geregtigheid op aarde te openbaar (Matt. 6:10; Hand. 15:16-17; Op. 11:15). Jerusalem sal dan die hoofstad van die wreld en Satan gebind wees (Jes. 2:2-4; Jer. 3:17; Sag. 8:20-22; Op. 20:2-4).

Waarskuwing teen valse gebede

Ons word teen valse gebede gewaarsku wat met n verkeerde motief van selfverryking gebid word (Jak. 4:3), asook heidense gebede met n ydele herhaling van woorde (Matt. 6:7). Meditasie en die gebruik van mantras is n heidense gebedsvorm wat vermy moet word. Hierdie stil gebede word soms kontemplasie genoem, maar bestaan uit n meditatiewe inkeer na binne om die god binne-in jou te aanbid.

Persoonlike toewyding

Geloofd sy die Here dat ons Hom nie deur die bemiddeling van priesters hoef te dien en te aanbid nie, maar dat elkeen van ons in die gebed self tot die genadetroon kan toetree. Ek is dankbaar vir hierdie nuwe en lewende weg wat die Here Jesus met sy kruisdood vir my ingewy het deur die geskeurde voorhangsel heen (Heb. 10:19-20). Dit is my voorneme om gereeld op hierdie weg toe te tree om my versugtinge en versoeke in gebed voor die Here se troon te noem, en ook die danksegging en lofprysing van my hart aan Hom te bring. Ek dank Hom dat ek by elke geleentheid kan bid in die Gees (Ef. 6:18), en dat Hy n hoorder van gebed is wat in n ho mate beproef is (Ps. 46:2; 65:3). Hy nooi almal wat vermoeid en belas is, om na Hom toe te kom (Matt. 11:28) om verhoring, berusting en genade te kry om die goeie stryd van die geloof voort te sit (1 Tim. 6:12).

Vrae

1.    Verduidelik die noodsaaklikheid van gebed.

2.    Wat is binnekamergebede?

3.    Wat is die verband tussen God se wil en gebedsverhoring?

4.    Noem en bespreek vyf gebedstemas.

5.    Hoe moet daar vir regerings gebid word?