15. Dispensasies in die Bybel

Die openbaring van God aan die mens word in die Bybel binne die raamwerk van die volgende agt dispensasies, of bedelings, beskryf. In die agt dispensasies vind daar n progressiewe openbaring van die kennis van goed en kwaad plaas. Dit vorder deur verskillende stadiums en eindig in n toestand van volmaaktheid waarin ons ten volle sal ken soos ons ook ten volle geken is (1 Kor. 13:12). In hierdie proses vind daar nie net n toename in die kennis van God en sy geregtigheid plaas nie, maar ook n toename in die kennis en werke van die opponerende koninkryk van die duisternis. Die belangrikste kenmerke van hierdie dispensasies is:

1. Die bedeling van onskuld

Die heel eerste bedeling waarin Adam en Eva in die paradys was, was die bedeling van onskuld. Hulle het geen kennis van goed en kwaad gehad nie, daarom was hulle nie eers van hulle naaktheid bewus nie. Die Here het aan hulle sekere opdragte gegee, wat ook n verbod op die vrugte van die boom van die kennis van goed en kwaad ingesluit het. As hulle hiervan eet, sou hulle sekerlik sterwe (Gen. 2:17). Satan het vir Adam en Eva op n listige wyse verlei om God se opdrag te oortree en van die boom se vrugte te eet (Gen. 3:1-5). Hulle het hierdeur nie net van die onderskeid tussen goed en kwaad bewus geword nie, maar self slagoffers van die kwaad geword. Omdat hulle teen God gerebelleer en na die duiwel geluister het, het hulle n sondige natuur gekry en geestelik gesterwe. Ook het hulle fisies sterflike mense geword. Die bedeling van onskuld is deur die sondeval beindig en Adam en Eva is uit die paradys verdryf.

2. Die bedeling van die gewete

Vir n lang tyd n die sondeval het die mens deur middel van die stem van sy gewete tussen goed en kwaad onderskei. Hy het geen ander voorskrifte gehad om na te volg nie. Kain het ten spyte van hierdie kennis steeds die sonde verkies en dit gedoen (Gen. 4:7-8). Verskeie mense het na aanleiding van hulle innerlike oortuigings geregtigheid nagestreef, en ook getuienis ontvang dat hulle God behaag het. Die Here het Homself aan hierdie mense geopenbaar en selfs met hulle gepraat. Baie van hulle het predikers van geregtigheid geword wat die wil van God aan ander bekend gemaak het, bv. Abel, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob en Josef.

3. Die bedeling van menslike regerings n die vloed

Die Here het n die vloed n verbond met Noag gesluit (Gen. 9:1-9), en daarna die leiers van familiegroepe of volke vir hulle besluite en die welsyn van hulle volgelinge verantwoordelik gehou. Volgens Romeine 13:1 is hierdie magte, of menslike regerings, deur God ingestel. In Genesis 10 is daar n lys afstammelinge van Noag deur Sem, Gam en Jafet, wat almal familiehoofde en later hoofde van volke geword het. Wanneer hierdie regerings in afgodediens verval het, is hulle deur die hele groep hierin nagevolg. Abraham was ook s n patriarg met n groot gevolg, maar hy het in God geglo en sy volgelinge geleer om God te dien. Die konsolidering van menslike magte het by die vestiging van die Babiloniese ryk tot n wreldregering en uiterste vorm van rebellie teen die koninkryk van God gelei. Dit het die grondslag vir talle goddelose volksregerings en wreldregerings daarna gel, maar ook die moontlikheid vir godvresende regerings ingehou.

4. Die bedeling van die wet

Die bedeling van die wet het by Sinai aangebreek, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad baie meer eksplisiet uitgespel is. God het nie net in die Tien Gebooie nie, maar ook deur n groot aantal verordeninge en insettinge, aan sy volk opdragte gegee oor wat hulle ms doen en ni mag doen nie. Sodoende moes Israel God se ryk n Satan se ryk beter leer ken. Ten spyte van ernstige waarskuwings het hulle herhaaldelik die afgode van die heidennasies rondom hulle aanbid, omdat hulle innerlike motivering om die Here te dien, swak was. Hulle het hul harte verhard en geweier om hulle tot die Here te bekeer en sy wette te gehoorsaam (Jer. 5:3; 23:14; 44:5).

5. Die bedeling van genade (kerkbedeling)

Die bedeling van genade word ook die kerkbedeling of die bedeling van die Heilige Gees genoem. N die kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus is die Heilige Gees uitgestort om mense te wederbaar en in die hele waarheid te lei. Omdat Hy hulle van sonde en geregtigheid oortuig, verkry hulle nog veel dieper insig in die onderskeid tussen goed en kwaad. Die goeie sluit n dieper kennis van God deur Jesus Christus in, soos in die boeke van die NT vervat. Die duiwel en sy werke word ook tot n groot mate in hierdie bedeling geopenbaar (Kol. 2:15). Ons weet veel meer van Satan, sy demone en hoe hulle te werk gaan om mense te verlei. Ons ken egter nog nie ten volle nie (1 Kor. 13:9) hoewel ons verligte o van die verstand het (Ef. 1:18) om veel meer as in vorige dispensasies oor lig en duisternis te kan verstaan.

6. Die bedeling van die Antichris se regering

Wanneer die tehouer, naamlik die ware kerk as die tempel van die Heilige Gees, deur middel van die wegraping uit die weg geruim is, sal die Antichris geopenbaar word (2 Thess. 2:6-12). Dit sal n hele nuwe bedeling inlui waarin die mensdom wreldwyd deur die krag van die dwaling mislei sal word om die Antichris na te volg en te aanbid. Die kwaad sal dan tot sy volle ontplooiing kom en dit sal n tyd van ongekende demoniese aktiwiteit wees (Op. 12:12). In teenstelling hiermee sal die kerk wat weggeraap is, met verheerlikte opstandingsliggame beklee word om die goeie ten volle te ken. Hulle sal Jesus Christus van aangesig tot aangesig sien en nooit weer van Hom geskei word nie (1 Thess. 4:16-17).

7. Die bedeling van die koninkryk

In die duisendjarige vrederyk sal die ware gelowiges van alle tye saam met Christus in sy koninkryk regeer (Op. 5:10; 20:6). As verheerlikte wesens sal hulle nie meer aan pyn, droefheid, ellende en die dood onderworpe wees nie, en ook nie meer deur ander vorms van onvolmaaktheid geteister en beperk word nie. Hulle kennis van God sal volmaak wees. In daardie tyd sal die geestelik herstelde Israel die lof van die Here oral verkondig, en die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek (Jes. 11:9). Die duiwel sal gebind wees (Op. 20:2-3) en die Here se vrede en geregtigheid oral op aarde heers.

8. Die bedeling van die ewigheid

In die ewigheid, in die nuwe hemel en op die nuwe aarde, sal daar nooit weer iets inkom wat verontreinigend of sondig is nie (Op. 21: 27). Volmaakte vrede en vreugde sal heers wanneer die gelowiges vir altyd in die teenwoordigheid van God leef. Die poel van vuur sal ook vir ewig bestaan waar Satan, sy demone, en alle misleides van alle eeue vir ewig die straf vir hulle rebellie teen God sal ondergaan (Op. 14:9-11; 20:15; Dan. 12:2). Daar sal nooit weer in die dieselfde plek, soos tans op aarde, n naasbestaan van die koninkryke van die lig en die duisternis wees, waar hulle in n stryd teen mekaar gewikkel is nie. Satan se koninkryk sal totaal vernietig word, en hy en die miljoene gevalle engele, asook die ongeredde sondaars, sal vir ewig in die poel van vuur gestraf word.

Dispensasionele kennis

Dit is nodig dat ons as Christene die aard van die verskillende dispensasies in die Bybel goed sal ken. Dit was vir die mense van elke bedeling noodsaaklik om die grootste moontlike kennis van goed en kwaad te h sodat hulle God kon behaag en die regte besluite kon neem om geestelik in die stryd teen sonde en boosheid te oorwin. Die Here het reeds vroeg in die bedeling van die gewete die aard van hierdie stryd, en die noodsaaklikheid om die regte dinge te doen, aan Kain verduidelik (Gen. 4:7). Hy het egter tot sy eie nadeel en ondergang die kennis van die Here verwerp, nie in sy we gewandel nie en as gevolg hiervan noodwendig die verkeerde dinge gedoen. Omdat hy, soos alle ander mense, n vrye wil gehad het, was alle opsies vir hom oop.

In die bedeling van die wet het die Here Homself op n besondere manier aan Israel geopenbaar (Ex. 20). Israel het egter gou die insettinge van die Here vergeet en geestelik op die dwaalwe van Satan beland. Hierdie afdwalings was die direkte gevolg van n gebrek aan die kennis van God en sy heilige wil (Hos. 4:1,6). Uit hierdie toestand van afvalligheid is hulle telkens tot bekering opgeroep (Jer. 4:1; 18:11; Hos. 14:2).

In die kerkbedeling is dit ook van kardinale belang dat ons vervul moet wees met die kennis van God se wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat ons waardig voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en in elke goeie werk vrug te dra en in die kennis van God te groei (Kol. 1:9-10; Joh. 8:31-32). God self is waarheid, Jesus is waarheid, die Heilige Gees is die Gees van waarheid en Hy sal ons in die hele waarheid van die Woord lei (Joh. 17:17; 14:6; 16:13). Hoe goed ken jy hierdie waarheid? Sonder n deeglike kennis van goddelike waarhede sal jy nie volkome daarin kan wandel nie en derhalwe nie in alle opsigte die wil van God in jou lewe volbring nie.

In die komende verdrukking sal die kennis van God en sy Woord s skaars op die aarde wees (Amos 8:11-12) dat mense verkeerdelik die Antichris vir Christus sal aansien en hom sal dien en aanbid (Op. 13:4,8). As ons nie in die genade en kennis van Christus toeneem nie (2 Pet. 3:18), sal ons ook slagoffers van Satan se gees van misleiding word.

Persoonlike toewyding

Wat n voorreg om n Bybelse perspektief op God se raadsplan te h. In die lig daarvan besef ek dat ons nou in die tyd van die groot afval leef, waarin alles in die stryd gewerp moet word om teen die dwalings van Satan staande te bly. Ek dank die Here dat sy Woord en Gees tot ons beskikking is om aan ons insig te gee en in die kennis van God te laat groei (Ef. 1:17-18; Kol. 1:9-10) Dit is ons eie skuld as hierdie kennis en geestelike krag in ons lewe ontbreek (Matt. 22:29). In n tyd soos hierdie, wanneer ons baie naby aan die einde van die kerkbedeling is, moet ons duidelike kennis oor ons tydsomstandighede h, sodat ons nie in ons liefde verkoel wanneer die ongeregtigheid toeneem nie (Matt. 24:12). Ons moet ook van die verborgenheid van Satan se ongeregtigheid kennis dra omdat ons dit aktief moet testaan (2 Thess. 2:7). Mag die Here ons waaksaam en biddend aantref wanneer Hy kom (Luk. 21:36), en ook besig met die werk van evangelisasie wat Hy aan al sy dissipels opgedra het.

Vrae

1.    Hoe het die mense voor die bedeling van die wet tussen reg en verkeerd onderskei?

2.    Wat behels die bedeling van die wet?

3.    Wat is die bedeling van genade en waarom weet ons meer as in die OT?

4.    Hoe verskil die kerkbedeling en die koninkryksbedeling van mekaar?

5.    Wat is die belangrikste kenmerke van die Antichris se regering?

6.    Waar gaan mense die ewigheid deurbring, en het hulle enige keuse hieroor?