14. Die Wet en Genade

Dit is vir baie Christene moeilik om tussen God se wet en sy genade te kan onderskei. Soms word daar in die Nuwe Testament geen verdere bestaansreg aan wetsnakoming verleen nie, maar in ander gevalle word die verhewe en tydlose beginsels van God se wet aan ons voorgehou as n riglyn vir ons lewe en iets waaraan ons onsself moet verbind. Hierdie twee uiteenlopende standpunte blyk duidelik uit Paulus se briewe. Enersyds s hy dat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade (Rom. 6:14), en ook dat deur die werke van die wet geen vlees voor God geregverdig sal word nie, omdat die wet die hele wreld as sondaars brandmerk en doemwaardig voor God maak (Rom. 3:19-20). Vir die Galsirs s hy dat die wet vir ons n vloek geword het (Gal. 3:13) omdat ons nie deur wetsnakoming gered kan word nie (Gal. 5:4).

Andersyds s Paulus dat die wet heilig, regverdig en goed is (Rom. 7:12) en dat die relevansie daarvan as n goddelike riglyn vir ons lewens steeds vas staan (Rom. 3:31). Die Here Jesus s ook dat Hy nie gekom het om die wet en die profete te ontbind nie, maar te vervul. Niemand mag geleer word om hierdie gebooie te verbreek nie (Matt. 5:17-19). Hoe moet ons dan die wet beoordeel en wat is die verband tussen die wet en genade?

Die wet en sy NT toepassing

Die wette van die Here word in die eerste vyf boeke van die Bybel beskryf en in Hebreeus die Torah genoem. Torah beteken om te onderrig en behels God se riglyne waarvolgens sy volk Israel moes lewe. Daar is 613 voorskrifte in die Torah, wat ook as die Pentateug bekend staan. Sommige van die wette is tydlose, universele rels wat vir almal geld, terwyl baie daarvan slegs n voorbereidende funksie met die oog op die koms van die Messias gehad het. In Hom is hulle finaal vervul en sou nie daarna in hulle oorspronklike vorm voortgesit kon word sonder om die Messias te verlon nie. Hieronder is die offers en baie van die feeste. Selfs die tydlose rels is ook in die Messias vervul omdat net Hy die hele wet volmaak kon nakom. Deur sy genadewerk aan die kruis en die krag van die Heilige Gees stel Hy gelowiges in staat om die geestelike en morele beginsels van God se wet (n rein hart, n rein lewe en opregte diens aan die Here) te eerbiedig en uit te leef. Hy maak dit vir ons moontlik om die verhewe geestelike doelstellings van die wet te kan uitleef (Miga 6:8).

Hoe moet ons weet watter aspekte van God se wet nog steeds in die Nuwe Testament geld? Die Here Jesus het dit alles vir ons in die wet van die liefde saamgevat (Matt. 22:36-40). In hierdie opsomming het Christus Skrif aangehaal wat die Tien Gebooie in twee dele verdeel, naamlik liefde tot God (Deut. 6:5) en liefde tot ons naaste (Lev. 19:18,34). In die nakoming van die wet van die liefde sal ons alle wette vervul wat op ons verhouding met God en ons naaste betrekking het. As ons God waarlik liefhet, sal ons Hom eer deur heilig voor Hom te leef en nooit ander gode voor sy aangesig te bring nie (2 Kor. 6:14-18). Dieselfde beginsel van liefde geld vir ons verhouding met ander mense (Rom. 13:8-10).

Nege van die Tien Gebooie word in die Nuwe Testament herhaal, in die wet van die liefde saamgevat en op alle gelowiges van toepassing gemaak. Die eerste drie gebooie vereis liefde tot God (Ex. 20:2-7) en die laaste ses bepaal ons menseverhoudings (Ex. 20:12-17). Die vierde gebod het op die onderhouding van die sabbat op die sewende dag van die week betrekking (Ex. 20:8-11). Dit is die enigste van die Tien Gebooie wat nie in Christus se opsomming weerspiel word nie, omdat Hy dit doelbewus uitgelaat het. Waarom? Omdat dit slegs aan Israel gegee is as n teken tussen hulle en God (Ex. 31:16-17). Die onderhouding van die sabbat moes die volk se aandag op die uittog uit Egipte vestig (Deut. 5:15) en hulle daaraan herinner dat die Here hulle verlos, heilig en afsonder vir sy diens (Eseg. 20:12).

Die sabbat was een van die seremonile wette wat net n skaduagtige betekenis in die Ou Testament gehad het, hangende die koms van die Messias (Kol. 2:16-17). Ons is nie meer onder die verpligting van wette oor kos (behalwe dit wat deur afgode besoedel is: Hand. 15:20), feeste en sabbatte nie, omdat die nuwe lewe in Christus nie van die onderhouding daarvan afhanklik is nie. In Hom het ons die rus van die Here betree, en behoort elke dag n dag van toewyding aan Hom te wees. Of ons spesiale dae vir toewyding aan die Here het of nie, is n saak van persoonlike oortuiging in die lig van ons omstandighede (Rom. 14:5). Ons het nie rigiede wetsbepalings wat dit betref nie, slegs n lang Christelike tradisie van Sondag-aanbidding. Dit het begin by Jesus se opstanding uit die dood op n Sondag en sy prediking aan die dissipels op dieselfde dag (Joh. 20:1,19-22,26), hulle ontmoeting n week later weer op n Sondag, en die uitstorting van die Heilige Gees op die sewende Sondag n Jesus se opstandingsdag. Dit het met die Joodse Pinksterfees saamgeval, wat altyd op n Sondag gevier is (Hand. 2:1-4; vgl. Lev. 23:15-16). Daarna het die Here Jesus se dissipels spontaan op Sondae byeengekom om sy opstandingsdag te vier (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:1-2), en hulleself ook duidelik van wettiese byeenkomste deur die ortodokse Jode op die sewende dag te distansieer.

Nuwe Testamentiese gelowiges uit die nasies moet daarop bedag wees dat hulle nooit deel van Israel en sy verbonde en wette was nie, en dit ook nie n hulle bekering word nie. n Belangrike deel van God se verbond met die Jode sluit die reg tot die bewoning van die land Israel in. Hierdie reg, sowel as ander aspekte van hulle verbonde met die Here, is nie op die kerk oordraagbaar en dus ook nie op hulle van toepassing nie.

Kenmerke van die wet

Hoewel die wet verby is, het dit n belangrike doel gedien:

       Die wet bring kennis van die sonde Rom. 3:20, 4:15; 5:13,20; 7:7; 1 Kor. 15:56.

       Die wet is n noodsaaklike voorbereiding op die koms en genadewerk van die Messias, maar die onvolmaakte moes vir die volmaakte plek maak Heb. 7:27-28; 10:1-12.

       Deur die wet is Israel in bewaring gehou totdat die Messias gekom het om vir hulle te doen wat die wet nie kon doen nie Gal. 3:23-24.

       Die wet moes die weg na n beter verbond baan Heb. 7:22; 8:6-7.

Die beindiging van die bedeling van die wet

Met die koms van die Messias, en spesifiek sy kruisiging, opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees, het die bedeling van die wet as n gentegreerde sisteem heeltemal tot n einde gekom. Nie net het die offerdiens en die bemiddeling deur onvolmaakte priesters vir gelowiges verval nie, maar die slawerny aan sondes wat deur die wet gedentifiseer en as n swaar juk op mense geplaas is, is deur die verlossingswerk van Christus beindig (Rom. 10:4).

Die wet van Christus

Ons is wl onder die wet van Christus (Joh. 13:34; Gal. 6:2), waaronder die tydlose beginsels van die OT wet vervat is. Ons kan egter nooit ons saligheid buite Christus in futiele pogings tot wetsnakoming soek nie, want as ons deur die wet geregverdig wil word, het ons van die genade verval (Gal. 5:4). Wat die tydlose bepalings oor liefde tot God betref, is die standaard aansienlik hor in die NT. As gelowiges moet ons almal deur die vervulling en instaatstellende krag van die Heilige Gees met die Here Jesus beklee word (Rom. 13:14; Gal. 4:19) wandel soos Hy gewandel het (1 Joh. 2:6) en medewerkers van God deur Jesus Christus word (1 Kor. 3:9). Wat ons verhouding met ons naaste betref, word die standaard ook gelig: Dit is nie meer net sonde om die daad van owerspel te pleeg nie, maar selfs net om sulke gedagtes te bedink (Matt. 5:27-28). Wraaklus moet deur vergewensgesindheid en mededeelsaamheid vervang word (Matt. 5:38-42) en haat deur liefde (Matt. 5:43-47). Ons moet na hor hoogtes op die leer van goddelike volmaaktheid uitstyg (Matt. 5:48) deur in ons hele lewenswandel heilig te word soos wat die Drie-enige God heilig is (1 Pet. 1:15-16).

As die beginsels van goddelike liefde deur die Heilige Gees op die tafels van ons weergebore harte geskryf is (2 Kor. 3:3), het ons waarlik n boodskap van liefde, hoop en vergewensgesindheid vir n wreld in sy nood en kan ons die lieflike geur van Christus se kennis oral versprei (2 Kor. 2:14). Dit sal ons in staat stel om die kwaad deur die goeie te oorwin (Rom. 12:21) en sodoende toonbeelde van Christus se liefde, vergewensgesindheid en reddende genade te wees. Ons is ook geroepe om die ortodokse Jode jaloers te maak deur die wyse waarop ons die God van Abraham, Isak en Jakob deur die Messias dien (Rom. 11:11). Hulle moet geleer word om die Here in die nuwigheid van die Gees te dien (Rom. 7:6). As sulke verlostes dn feeste vier, moet dit eg Messiaanse feeste soos die Nagmaal wees, of die opstandingsfees van die Messias op Sondae. Ook die pinksterfees en die loofhuttefees kan as Messiaanse feeste gevier word waarin die eerste koms van die Messias, die uitstorting van die Heilige Gees, en die hoop op die Here Jesus se wederkoms uitdruklik erken word. Wanneer dit gedoen word, is die betrokke fees nie meer n blote skaduwee van toekomstige dinge nie, maar het dit n konkrete gestalte en vervulling in die Messias verkry (Kol. 2:16-17). Daardeur sal die deelnemers aan die fees vir Israel n die hele wreld s dat hulle viering nie binne die raamwerk en bepalings van die wet is nie, maar binne die raamwerk van die Messias se NT heilsplan vir alle nasies.

Persoonlike toewyding

Ek dank die Here vir sy onuitspreeklike genade wat Hy deur die Messias aan Israel n die hele wreld geopenbaar het. Deur hierdie genade is ons nie alleen gered nie, maar die beginsels van goddelike liefde waarop die wet berus, leer ons om die goddelooshede en wreldse begeerlikhede te verlon, ingeto en regverdig en vroom in die teenwoordige wreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus (Titus 2:12-13). Sy wet van die liefde dring ons om die boodskap van redding en heiligmaking aan alle nasies te verkondig. Ortodokse Jode moet geleer word om, soos Paulus, nie hulle geregtigheid in menslike pogings tot wetsnakoming te soek nie, maar in n geloofsverhouding met die Here Jesus (Fil. 3:9). Dan sal die liefde van God deur die Heilige Gees in hulle harte uitgestort word (Rom. 5:5), en sal hulle die innerlike motivering en krag h om te wandel soos Hy wat die wet volmaak nagekom het (1 Joh. 2:6).

Vrae

1.    Wat is die NT vervulling van die wet van God?

2.    In watter opsig is die liefde die vervulling van die wet?

3.    Hoe word die beginsels van God se liefde in ons harte gevestig?

4.    Noem drie kenmerke van die OT wet, waaruit die doel daarvan duidelik sal blyk.

5.    In watter opsigte is morele standaarde in die NT hor as in die OT?

6.    Wat moet die Jode doen om saligheid te kan verkry?