12. Israel

Die volk Israel is van groot betekenis vir almal op aarde omdat die woorde van God aan hulle toevertrou is (Rom. 3:1-2). Volgens Romeine 11:11-15 is Israel nie net tydens hulle geestelike verblinding n sen vir die nasies nie, maar sal dit des te meer wees nadat hulle geestelik herstel is. Dit is baie belangrik om van hierdie volk kennis te neem, omdat hulle as n voorbeeld en waarskuwing aan ons voorgehou word om nie aan God ongehoorsaam te wees nie (1 Kor. 10:1-12).

Roeping, verstrooiing en herstel

n Groot deel van die Bybel handel oor die volk Israel. In n baie besondere sin is dit die volk van God. Hy het hulle geroep en vir sy diens afgesonder, hulle weens hulle voortgesette ongehoorsaamheid onder die nasies verstrooi; en dit is dieselfde, onveranderlike Verbondsgod van Abraham, Isak en Jakob wat die volk nou in die eindtyd weer in hulle land herstel.

Roeping en volksplanting. Die roeping van Israel het by Abraham begin, wat die stamvader van die volk is (Gen. 12:1-3; 13:14-15). Hierdie belofte is aan Isak en Jakob herbevestig (Gen. 26:3; 28:13). Die afstammelinge van die aartsvaders het eers vir 400 jaar lank in Egipte as vreemdelinge vertoef voordat hulle die Beloofde Land sou berf (Gen. 15:13-14). Onder die leiding van Moses en Josua het hulle uit Egipteland opgetrek om die land wat die Here aan hulle vaders beloof het, in besit te neem. Dit was die volksplanting van Israel.

Verstrooiing. Die Here het n geestelike standaard aan Israel gestel vir die voorreg om volk van God genoem te kon word. Indien hulle in gebreke sou bly om hieraan te voldoen, sou hulle die onguns en toorn van die Here op die hals haal. Verlengde tye van nasionale ongehoorsaamheid het daartoe gelei dat die Here sy volk dikwels aan hulle vyande oorgegee het. As gevolg hiervan moes hulle tot besinning kom en besef dat hulle van die Here afgedwaal het. N verootmoediging het Hy hulle weer in hulle land herstel (vgl. Lev. 26 en Deut. 28). Die Babiloniese ballingskap van Israel, wat net na een gebied was, was nie die internasionale verstrooiing [diaspora] na alle nasies nie. Die diaspora het eers later, in die eerste eeu n.C. plaasgevind, en is deur Jesus self aangekondig nadat Hy as Messias deur Israel verwerp is (Matt. 23:37-38; Luk. 21:20-24). Die inval in Israel en die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. deur die Romeinse magte, was die begin van die lang internasionale verstrooiing van Israel wat tot diep in die 20ste eeu sou voortduur. In hierdie tyd was daar in een of ander stadium Joodse ballinge in elke land ter wreld.

Herstel. Op geen tydstip van Israel se bestaan was daar enige twyfel aan die geldigheid of voortbestaan van die onvoorwaardelike beloftes wat God aan die stamvaders van die volk gemaak het nie (Lev. 26:44-45). Al was hulle ook ontrou, God bly n getroue Verbondsgod wat die nageslag van Israel sekerlik na die land van hulle vaders sal terugbring (Rom. 3:3-4). Die herstel van Israel uit die internasionale ballingskap het in Mei 1948 na die stigting van die moderne Joodse staat gelei. Die einddoel met Israel se fisiese herstel in die land van hulle vaders is die geestelike herstel van die volk uit n vervalle toestand sodat hulle God van harte sal dien (Eseg. 36:22-28). Daar moet dus n geestelike louteringsproses plaasvind nadat Israel in hulle land versamel is, wat in n tyd van groot benoudheid sal gebeur (Eseg. 22:19-20; Jer. 30:7; Matt. 24:15-22). Net n oorblyfsel van die volk sal gered word (Rom. 9:27), omdat die meerderheid van hulle (soos ook in alle nasies) geestelik verhard is.

Jerusalem

Jerusalem is die enigste stad ter wreld wat die Here uitverkies het om sy Naam vir ewig daar te vestig (1 Kon. 9:3, 11:36). In die OT is die tempel as die huis van die Here in Jerusalem gebou. Die grootste openbaring van God aan Israel n die hele mensdom het egter met die koms van sy Seun, Jesus, na die aarde plaasgevind. Hy sou nie net die Verlosser van Israel wees nie, maar van die hele wreld (Jes. 9:5-6; 49:6). Die Here Jesus het in Jerusalem, daardie unieke stad van godsopenbaring, die boodskap van die ewige lewe verkondig. Hy het ook in die tempel geleer. Hy n sy boodskap is egter deur die groot meerderheid van die leiers en inwoners van die stad verwerp. Hierdeur het hulle groot ellende oor hulleself gebring. Tydens sy intog in Jerusalem op n esel was Jesus baie bewo oor die stad en sy geestelik verblinde inwoners, wat die Messias tot hulle eie ondergang verwerp het (Luk. 19:41-44).

Die Here Jesus is nt buite Jerusalem by Glgota, in die steengroewe van Salomo, gekruisig. Hier is die groot soenoffer vir die sondes van n verlore mensdom aan God betaal. Vir ewig sal Glgota uitstaan as die uitdrukking van God se neerbuigende liefde en vergewensgesindheid, en as die enigste poort tot die ewige lewe. Daar is geen ander naam onder die hemel gegee waardeur mense gered kan word nie net Jesus Christus alleen (Hand. 4:12). Jesus is net buite die stadsgebied van Jerusalem begrawe en het drie dae later uit die dood opgestaan. Veertig dae n sy opstanding het Hy van die Olyfberg af na die hemel opgevaar. Nt voor dit het Hy die opdrag van wreldevangelisasie aan sy dissipels gegee. Die evangelisering van die wreld sou egter eers gebeur nadat ng n belangrike heilsgebeurtenis in Jerusalem plaasgevind het, naamlik die uitstorting van die Heilige Gees (Luk. 24:49; Hand. 1:8). Die Sondag toe dit gebeur het, was die geboortedag van die kerk van Christus in Jerusalem.

Die groot vraag is: Was die rol van Jerusalem as n plek van godsopenbaring hiermee vervul en uitgedien? Wat van die Here se besluit dat Hy sy Naam vir ewig in Jerusalem sou vestig? Het dit tot n einde gekom toe Israel vir Jesus verwerp en laat kruisig het? Allermins! Die langtermyn toekoms van Jerusalem was nog altyd, en is nog steeds, binne God se raadsplan seker en gewis. Jesus het vir die Jode ges dat Jerusalem verwoes en sy inwoners oor die hele wreld verstrooi sou word totdat die tye van die nasies vervul is, m.a.w. tot aan die einde van die kerkdispensasie (Matt. 23:37-39; Luk. 21:20-24). N Israel se verstrooiing en fisiese herstel sal hulle ook geestelik herstel word (Rom. 11:25-26). Bybelse Jerusalem (die Ou Stad) is in Junie 1967 van Jordani verower en in Augustus 1980 tot Israel se hoofstad verklaar. Dit het die laaste geslag van die huidige bedeling ingelui.

In die laaste sewe jaar van die laaste geslag sal die 70ste jaarweek van Danil verloop. Israel sal eers, tot hulle eie nadeel, n verbond met die valse messias sluit (Joh. 5:43; Dan. 9:27), en dan n 3 jaar hulle verbond met hom verbreek wanneer hy homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God verklaar (2 Thess. 2:4). Aan die einde van die verdrukking sal die ware Messias met sy wederkoms sy voete op die Olyfberg sit (Sag. 14:4-5), dan sal die hele oorblyfsel van Israel opsien na Hom vir wie hulle deurboor het (Sag. 12:10) en geestelik met Hom versoen word (Sag. 13:1). Hulle sal Hom met die sengroet van Matt. 23:39 begroet. Die Messias sal die troon van Dawid in Jerusalem herstel (Hand. 15:16-17), dan sal die profesie in Luk. 1:32 ook vervul word. Die vrederyk sal daarna aanbreek met Jerusalem as hoofstad van die wreld (Jes. 2:2-4; Jer. 3:17). Dit sal n tyd van groot heerlikheid vir Jerusalem en die geredde Joodse volk wees (Sag. 8:22-23; Jes. 33:20-22; 52:1; 60:3,11-12,14,18; Jer. 31:31-34).

In die lig van die wonderlike toekoms van Jerusalem moet ons ernstig vir hierdie stad bid (Ps. 122:6; Jes. 62:6-7). Ons moet dit soveel te meer doen omdat die vyande van God, van Israel en van die Christendom alles moontlik sal probeer om Israel uit hulle land te verdryf en ook teen die Messias te veg wanneer Hy na Jerusalem terugkeer. Op di dag sal die Here met die goddelose wreldmagte wat onder die leiding van die Antichris na Israel sal optrek, in die gerig tree (Sag. 14:2-3,12-13, Jol 3:1-2; Op. 19:19-21). Volgens Jol 3:2 is die nasies met n oortreding teen Israel n teen God besig omdat hulle die land wat die Here aan Israel gegee het, probeer verdeel om vir n Palestynse staat voorsiening te maak. Hierdeur kry Israel se vyande n vastrapplek in hulle midde, en word die goddelike mandaat wat Israel oor die land het, geminag en geskend.

Houding teenoor Israel

Daar is wyd uiteenlopende houdings deur die nasies teenoor Israel. Dit is n belangrike saak hierdie, omdat die oordele van die Here oor Israel se vyande uitgespreek is, en sy sen oor diegene wat hulle ondersteun (Gen. 12:3). Om die sen van die Here te verseker moet ons Israel sen. Moenie haastig wees om Israel te verdoem omdat hulle Jesus verwerp en gekruisig het nie. Dit was wl n daad van ongeloof aan hulle kant, maar dit was deel van God se raadsplan vir die redding van sondaars in die hele wreld. Sonder die plaasvervangende dood van Jesus sou jy en ek nooit Christene kon word nie, daarom hou Israel se struikeling en wandade tg vir ons n groot sen in (Rom. 11:11-12).

Omdat Israel vir Jesus verwerp en gekruisig het, het die saligheid tot ons, die nie-Joodse volke, gekom. Israel is in sy gevalle toestand dus n bron van sen vir ons! Die Here s dat hulle in hul geestelik herstelde toestand, in die komende vrederyk, nog n groter sen vir die wreld sal wees (Sag. 8:23). Uit enige oogpunt beskou, is ons nt erkentlikheid, sen, voorbidding en onderskraging aan Israel verskuldig. Ons moet hulle jaloers maak op die wyse waarop ons die God van Abraham, Isak en Jakob deur die Messias, Jesus Christus, dien. Getuienis van hierdie aard het reeds na n klein maar betekenisvolle toename in die aantal Messiaanse Jode gelei. Die toekoms van Israel is in die hande van di Jode wat vir Jesus (Yeshua Ha Mashiach) aanneem, bely en dien (Rom. 2:28-29).

Persoonlike toewyding

Wat n voorreg om Israel te sen en van die ware Messias teenoor hulle te getuig! Die Here het Homself daartoe verbind om hierdie volk na hulle land terug te bring (Jer. 31:10), n oorblyfsel van hulle geestelik lewend te maak (Eseg. 36:25-27), Jerusalem te verhef en die wreld daarvandaan te regeer (Jer. 3:17). Terwyl die goddelose nasies van die wreld in hulle dwaasheid teen Jerusalem en Israel saamspan om hulle te vernietig (Ps. 83:3-5; Sag. 12:3), verbind ons onsself daartoe om Jerusalem en sy inwoners te sen deur die beloftes te verkondig wat die Messias aan hierdie stad en volk gemaak het (Jes. 62:6-7; Jer. 31:38; Matt. 23:39). Die Messias is die Heilige van Israel, en die Jode sal geen rus, voorspoed of vrede h voordat hulle met Hom versoen is nie Hy is hulle enigste hoop.

Vrae

1.    Noem twee Bybelse beloftes oor die eindtydse herstel van Israel.

2.    Noem drie belangrike gebeurtenisse wat in die toekoms in Jerusalem gaan plaasvind.

3.    Wat moet ons houding teenoor die ongeredde Joodse volk wees?

4.    In watter opsig is Israel vir die Christendom tot sen, wat die hede n die toekoms betref?

5.    Wat s die Bybel oor nasies wat vir Israel benadeel, vervolg en beveg?

6.    Wie het Israel se land aan hulle gegee, en vir hoe lank is dit aan hulle gegee?

7.    Gaan die troon van Dawid herstel word en, indien wel, wie gaan van di troon af regeer?